VRAAG VOORBEREIDE GEDIG
Here Be Dragons
Izak de Vries
1 pa se kodewoord
2 draf ek in ‘n oogwink kaf
3 my muis surf dwingend
4 op nuwe ruimtes af
5 los my, pa , laat my gaan
6 inligting is my religie en Google Earth my kaart
7 dagga lê die strate vol
8 en onnies vroetel ook maar graag
9 ons wéét, pa
10 ons keyboards is wyser as jy dink
11 laat ons gaan, laat ons reis
12 na kletsvriende in Pole, na hekse in Parys
13 waar anders, pa, sal ons geslag
14 ons vlae plant?
15 ons kleims afsteek?
16 los my, pa ,laat my gaan
17 maar hou oop jou hart
18 eendag gaan daar ‘n virus wees
19 ‘n wurm of ‘n Trojaanse perd
20 wat meer gaan doen as komperkraak
21 dan, pa, dan sal my bréin met jou wil praat
22 sal jy daar wees, pa ? as ek moet vlug
23 van ‘n pedofiel of sluipdief in die nag
24 sal jou oor dan oop wees,pa?
25 ‘n USB vir my gemoed?
26 of gaan jy stug ‘n vuurwal gooi
27 en my die kuberstorm self laat veg?
1 Here be Dragons is ‘n term wat in die middeleeue verwys het na gevaarlike gebiede
wat nog nie ontdek is nie.
Waarna verwys die titel in hierdie gedig? [1]
2 Verduidelik waarom hierdie gedig ‘n voorbeeld is van ‘n apostroof. [1]
3 Met behulp van watter instrument kry die spreker toegang tot die internet? [1]