Asem deur Jan Vemeulen - Hoofstuk 4
Barries is terug by die huis. Hy en sy ma
baklei oor sy vonnis en Barries dink nie
dat sy ma ernstig was dat hy na sy pa vir
ses weke moet gaan nie. Sy is beslis
daaroor. Sy weier ook om vir hom sy
foon te gee.
Sy ma is bang dat Barries in die tronk
gaan beland, maar Barries sê dat Floris
en Theo se pa wie ‘n prokureur is hom
daaruit sal hou.
Terwyl Barries in die hospitaal was, het
die Kinderwelsein en ‘n ander prokureur
besluit om planne op Saterdag te maak.
Barries ry na Floris en Theo se huis toe om met hulle pa te praat vir hulp.
Toe hy by hulle luukse twee verdieping huis met marmervloere aankom steek Floris hom agter
‘n pilaar weg. Hy het blykbaar vir Barries ‘n boodskap gestuur om nie na hulle huis te gaan nie
omdat sy pa hom nie wil sien nie. Oom Charles kan nie sy seuns en Barries help nie omdat hulle
teen mekaar moet getuig volgens hom. Die oom wil hê dat sy seuns moet getuig dat Barries ‘n
slegte invloed is en dat hulle hom net wou help omdat hy arm is en omdat sy pa hom geslaan
het. Hulle wil Barries laat sleg lyk.
Barries ry volgende na Lizette Kleyns se goot huis toe. Hulle het ‘n sekuriteitskamera en ‘n groot
houtdeur. Lizette se ma wie oorgewig is antwoord die deur en jaag Barries weg. Sy blameer
hom dat Lizette deur die polisie bevraag was en dat hy haar aan ‘n leiband klub toe geneem het.
Sy wil hom nie weer daar sien nie.
By die huis lê Barries se ma op die bank met ‘n migraine van spanning. Barries stel voor dat sy
dagga moet rook wat daarvoor help en sy vererg haar. Barries vra dat sy saam met hom na sy
pa toe gaan maar sy ma sê dat dit tussen hom en sy pa is. Barries praat weer oor hoe sy pa hom
geslaan het wanneer hy dronk was en hoe hy brandewyn onder die matras weggesteek het.
Sy ma hou vol dat hy daaroor sleg gevoel het. Sy vertel ook dat hy ophou drink het en weer
getrou het maar toe geskei het.
Barries speel musiek kliphard in sy kamer en skree in sy kussing in. Hy soek oral in sy kamer vir
nog dagga maar kry net twee ecstacy tablette. Hy steek dit weg en slaap.