AFK1502 - Basic Text Skills -Exam
Vraag 1. 1.1. Elementêre bouplan Tema:Drinkwater en watersuiweringsprosesse in Suid-Akrika HV1: Watter stappe word deur die Suid-Afrikaanse munisipale owerhede geneem om te verseker dat kraanwater vry is van organismes wat siektes veroorsaak? HV2: Is kraanwater die enigste water waardeur besmetting oorgedra kan word? HV3: Hoe speel nywerhede en mynmaatskappye ‘n rol in die besoedeling van water? HV4: Hoekom is gebottelde water nie noodwendig die antwoord nie? HV5: Hoe kan die verbruiker van huishoudelike-watersuiweringstoestelle poog om onbesmette water in te neem? 1.2 Samevatting Munisipale owerhede gebruik moderne metodes om te verseker dat kraanwater vir die verbuiker vry is van skadelike organismes. Water vanuit die natuur wat verbruik word deur natuurliefhebbers is nie noodwendig kiemvry nie en kan ernstige gesondheidsnagevolge hê. Sommige nywerhede en mynmaatskappye volg nie die nodige afvalopruiming en stortingsreëls wat verseker dat ons riviere en damme nie affekteer word nie. Die gevolg is dat hierdie besoedeling ‘n sieklike kringloop veroorsaak deur middel van visse wat hierdie chemiese stowwe in neem, siek word daarvan en dit weer aan dier en mens oordra want visse dien as voedsel vir beide partye. Duur gebottelde water is net ‘n troos vir gesondheidsbewuste verbruikers maar nie noodwendig ‘n versekerde oplossing om kiemvrye water te vermy nie. Die instandhouding van watersuiweringstoestelle, wat aan die kraan verbind of onder die wasbak geplaas word, is ‘n uitstekende manier om drinkwater meer kiemvry te maak. Die gereelde vervanging van waterfilters is belangrik. 1.3.1 Die filters moet gereeld vervang word en die waterkwaliteit moet gereeld getoets word. 1.3.2 Skadelike chemikalieë besoedel die aarde se water.
Written for
- Institution
- University of South Africa
- Course
- AFK1502 - Basic Text Skills
Document information
- Uploaded on
- December 5, 2021
- Number of pages
- 10
- Written in
- 2021/2022
- Type
- Exam (elaborations)
- Contains
- Questions & answers
Subjects
- afk1502
-
afk1502 basic text skills exam