Hierdie notas is saamgestel met behulp van die volgende artikels van: NSS/ SACAI NOV 2023, NSS/ SACAI NOV 2024 & NSS/ SACAI NOV 2025.
Hierdie inligting en antwoorde kom uit die memorandums (daar is meer moontlike
antwoorde). Sommige inligting word herhaal – ek wil jou die verskillende maniere wys
waarop dieselfde inligting gevra word. Ek moedig jou aan om die berekenings-
/illustrasievrae te beantwoord.
Om optimaal gebruik te maak van hierdie dokument, moet jy die studienotas vir Termyn
1 en 2 en die Rekordeksamen leer/hersien; kontak om die
voljaarpakket te koop.
Let wel: Sommige vrae in die eksamen vereis dat jy jou antwoord in
paragraafformaat skryf. In hierdie notas word die antwoorde puntgewys aangebied
sodat jy dit makliker kan leer en memoriseer. Gebruik die punte om 'n vloeiende
paragraaf in die eksamen te skryf.
Doel van hierdie dokument:
• Om jou volledige hersieningsgids vir die 2026 Finale Eksamen te wees.
• Om vir jou te wys watter onderwerpe reeds in Termyn 1/Termyn 2 en Termyn 3
behandel is en waar jy dit kan hersien.
• Om nuwe inhoud en gevallestudies uit die finale vraestelle 2023/2024/2025 vir
jou in te sluit.
• Om seker te maak jy mis nie enige moontlike eksamenvraag nie.
Sterkte Juffrou Ansie
© 2026 Juffrou Ansie Studienotas. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.
, 2
Inhoud
Sektore en loopbane ............................................................................................... 3
Kombuis- en Restaurantbedrywighede..................................................................... 8
OPSTELLING ........................................................................................................ 8
REKENAARS EN POS-STELSELS ............................................................................. 8
Voeding en Spyskaartbeplanning ........................................................................... 10
SPYSKAARTBEPLANNINGSBEGINSELS................................................................. 10
KOSTEBEREKENING EN KWOTASIES ................................................................... 12
Voedselkommoditeite ........................................................................................... 15
BEWAARDE VOEDSEL ......................................................................................... 15
NAGEREGTE EN GELATIEN.................................................................................. 16
VLEIS ................................................................................................................. 19
Voedsel- en Drankdiens......................................................................................... 21
FORMELE AANDETE EN SKEMERKELKIEDIENS ..................................................... 22
TEE, KOFFIE, WYN EN DRANKIES ........................................................................ 22
GASTEHANTERING EN DIENSETIKET ................................................................... 24
Higiëne ................................................................................................................. 26
Veiligheid en sekuriteit .......................................................................................... 28
SPANWERK EN PROFESSIONALITEIT ................................................................... 30
Sleutelterme
Halal Kos wat wettig is en volgens Islamitiese reëls toegelaat word.
Laktose- Die onvermoë om laktose behoorlik te verteer in
intoleransie melk/suiwelprodukte.
Insulien 'n Hormoon wat die liggaam help om glukose effektief te
gebruik.
Ekseem 'n Tipe allergie wat die vel affekteer en droogheid, knoppe en
jeuk veroorsaak.
Haram Kos wat nie vir Moslems toegelaat word nie.
Parev Kos wat geen suiwel- of vleisbestanddele bevat nie.
© 2026 Juffrou Ansie Studienotas. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.
, 3
Vakuumverpakte Vleis word in lugdigte, vogdigte, reuklose en kleurlose
vleis verpakking geplaas. Vakuumverpakte vleis kan tot twee weke
vars bly in die yskas en kan ryp word of marineer terwyl dit in
die yskas is.
Rypwording / 'n Natuurlike proses wat die sagtheid en geur van vleis
Veroudering verbeter. Tydens veroudering breek natuurlike ensieme die
spiervesels af, wat die vleis sag maak.
Binding Om 'n braaistuk met tou vas te bind en dit met knope op
gereelde tussenposes vas te maak. Dit help die braai om
eweredig gaar te word en sy vorm na rooster te behou.
Tuisnywerhede 'n Gemeenskaplike punt waar plaaslike mense tuisgemaakte
produkte aan die publiek verkoop. Produkte moet aan sekere
kwaliteitsvereistes voldoen, en 'n persentasie van die
verkoopprys word behou om uitgawes te dek.
Maaltye op Tuisgemaakte maaltye word daagliks voorberei en afgelewer
Wiele aan mense wat nie self kan kook nie. Kliënte kan bejaardes,
skofwerkers en besige moeders insluit wat gesonde, smaaklike
kos vir hul gesinne wil hê. Etes kan ook vooraf verpak en
gevries verkoop word.
Deurwag / 'n Hotelwerknemer wat verantwoordelik is om gaste by hul
Bellboy / Portier voertuie te verwelkom, motordeure oop te maak en gaste met
hul bagasie te help.
Waaksaamheid Om bewus te wees van ongewone gedrag of verdagte
voorwerpe en dit onmiddellik aan te meld.
Tuberkulose (TB) 'n Siekte veroorsaak deur bakterieë wat gewoonlik die longe
affekteer
Sektore en loopbane
HERSIENING: Sien Termyn 2 / Junie Eksamen en Rekordeksamennotas
GEVALLESTUDIE — KGOTSO SE BAKKERY @NSS NOVEMBER: GASVRYHEIDSSTUDIES | 2024
© 2026 Juffrou Ansie Studienotas. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.
, 4
Kgotso is al 5 jaar in besigheid en versprei beskuitjies, koekies en brood aan
restaurante en winkelsentrums.
Die profiel van werknemers by Kgotso se Bakkery is soos volg:
1 eienaar, 1 bemarkingsbestuurder, 1 finansiële bestuurder, 3 banketbakkers, 2
skoonmakers, 2 Sekuriteitswagte.
Kriteria wat Kgotso se Bakkery moet oorweeg wanneer dit ’n bemarkingsinstrument
ontwikkel.
➢ 'n Bemarkingsinstrument moet die aandag van die gewenste teikenmark trek.
➢ Dit behoort 'n diens aan verbruikers te bied.
➢ Dit moet nuwe dienste of produkte onder die aandag van kliënte bring.
➢ Dit moet eerlik, betroubaar wees en korrekte inligting verskaf.
➢ Dit moet voldoen aan die standaarde wat deur die publikasieraad aanbeveel
word.
Maniere waarop Kgotso haar besigheid kan bevorder.
✓ Sy kan kompetisies gebruik.
✓ Weggee-items
✓ Spesiale aanbiedinge op spesiale dae.
✓ Koop een, kry een gratis.
✓ Gelukkige trekkings.
Die gebruik van verpakking deur Kgotso se Bakkery.
o Dit beskerm die produk./ Hou die produk vars
o Dit maak dit makliker om die produk te vertoon.
o Dit maak die berging, hantering en vervoer van die produk meer gerieflik.
© 2026 Juffrou Ansie Studienotas. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.