LANDBOUWETENSKAPPE
Rekordeksamen
Vraestel 2
GRAAD 12
2026
Belangrik:
Hierdie studienotas word jaarliks hersien en opgedateer
om in lyn te wees met die CAPS-kurrikulum en huidige eksamenvereistes. Hierdie dokument is
gebaseer op vorige eksamenopstelle. Inhoud is aangepas en gestruktureer vir
eksamenvoorbereidingsdoeleindes. KI-instrumente is gebruik om te help met formatering,
herformulering en differensiasie.
Hierdie notas is ontwerp om leerders te help:
1. Verstaan sleutelkonsepte
2. Oefen eksamenstyl vrae
3. Identifiseer belangrike temas en patrone in assesserings
Om te verseker dat leerders met die mees relevante en opgedateerde inhoud werk, word ouers en
leerders aangemoedig om te bevestig dat hulle die nuutste weergawe van die notas gebruik. As jy
onseker is of jy die nuutste weergawe het, kontak my gerus by:
Neem asseblief kennis dat hierdie notas saamgestel word as 'n gestruktureerde studiehulpmiddel
vir eksamenvoorbereiding en nie die voorgeskrewe handboek of klaskamerinstruksie vervang
nie.BEELDE: Canva & KI Gegenereer
ONTHOU: Jy moet Termyn 1, 2 en Termyn 3 se STUDIENOTAS vir die Rekordeksamen leer.
Sterkte
Juffrou Ansie
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak
, 2
INHOUD
LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING 5
PRODUKSIEFAKTORE 20
Kapitaal 20
Bestuur 23
Arbeid 25
Grond 28
Begroting 30
BASIESE LANDBOUGENETIKA 34
Monohibriede kruising 34
Dihibriede kruising 38
Stamboomdiagram 39
Variasie 39
Seleksie 43
Teelstelsels 45
Poligeniese oorerwing 47
Genetiese modifikasie 48
Geslagschromosome en geslagsbepaling 51
Oorerflikheid 52
Atavisme 53
_________________________________________________________________________
Kortvrae:
Biometrie Biometrie is die studie van meetbare biologiese eienskappe via
rekenaartegnologie.
Ekonomie Bestudeer die manier waarop kragte van vraag en aanbod werk om die
verspreiding van hulpbronne en rykdom te beheer
Geskoolde arbeid Arbeiders wat in ’n spesifieke vaardigheid opgelei is en ’n graad- of
diplomakursus voltooi het.
Vaste werkers Diegene wat die normale vasgestelde ure as plaasarbeiders werk,
naamlik 48 uur per week.
DNS Kom voor in die kern en verskaf genetiese instruksies vir die funksionering
van selle.
Kontantvloei Die plaas se finansiële beplanningsaspek wat verseker dat geld wat
benodig word om produksie vol te hou, ten alle tye beskikbaar is.
Stoor/koelkamers Stoor/koelkamers van bederfbare landbouprodukte word die beste deur
’n gekontroleerde omgewing bereik
Resessiewe geen Die swakker allele kan net die oorerflike eienskappe in die nageslag
uitdruk as dit van albei ouers oorgeërf word.
Bemarking Die manier waarop ’n onderneming hierdie funksie van
“aanvraagskepping” en “verkoopsbevordering” deurvoer, bepaal in ’n
groot mate hul bemarkingsukses en wins
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak
, 3
Translokasie Translokasie is die verplasing van genetiese materiaal van een
chromosoom na ’n ander.
Atavisme Atavisme verwys na die herverskyning van ’n eienskap nadat dit vir ’n
aantal generasies skynbaar afwesig was.
Markewewig Die markewewig dui die toestand aan waar ’n produk se hoeveelheid wat
verbruikers benodig, presies gelyk is aan die hoeveelheid wat
produseerders wil verkoop.
Mark Die plek of fisiese ligging waar die ruiltransaksie gewoonlik plaasvind.
Markrisiko’s Die verandering in waarde van die produk tydens bemarking.
Prysvasstelling Die vorming van pryse van goedere en dienste in die mark deur spontane
werking van prysvormingsfaktore.
Ekonomie Bestudeer die manier waarop kragte van vraag en aanbod werk om die
verspreiding van hulpbronne en rykdom te beheer.
Mark Die plek of fisiese ligging waar die ruiltransaksie gewoonlik plaasvind
Genetika/Oorerwing Dit handel oor die oordrag van kenmerke en die eienskappe van genetiese
materiaal soos chromosome en gene.
Inkomstestaat Hierdie is ’n opsomming van die inkomste en uitgawes van die boerdery in
’n gegewe tydperk soos ’n produksiejaar, boekjaar of belastingjaar.
Verwerking/Proses- Behels die verandering van ’n produk van sy oorspronklike vorm na ’n
sering/ vorm wat die verbruiker makliker kan gebruik.
Waardetoevoeging
Vaste kapitaal Vaste kapitaal is die kapitaal wat benodig word vir investering in bates en
is dus langtermyn van aard.
Multigesegmenteer- Multigesegmenteerde bemarking laat jou toe om ’n paar segmente te kies
de bemarking en ’n bemarkingstrategie te ontwikkel om hulle almal te pas
Hibriedlewenskrag Hibriedlewenskrag is die verbeterde groei, produksie, vrugbaarheid of
algemene prestasie wat by nageslag voorkom wanneer geneties
verskillende ouers gekruis word. Die nageslag presteer dikwels beter as
die gemiddelde van die ouers.
Stamboom ’n Stamboom is ’n diagram of rekord wat die voorouers en familielyn
van ’n dier oor verskeie generasies wys. Dit word gebruik om oorerflike
eienskappe, verwantskappe en teelwaarde te bestudeer.
Nywerheidsmede- Nywerheidsmededinging ontstaan wanneer landbou hoë fisiese eise stel
dinging aan die arbeider se uithouvermoë en relatiewe lae lone
Onvolledige Met onvolledige dominansie het die nakomelinge ’n mengsel van
dominansie eienskappe van die twee ouers se fenotipes
Erfdwang/ Die vermoë van diere om hul eienskappe aan die nageslag oor te dra
oorerflikheid /
prepotensie
Landbanklening/ ’n Kapitale lening wat ’n boer moet aangaan om grond te koop
Handelsbanklening
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak
, 4
Die fenotipe van ’n Die fenotipe van ’n dier kan beskryf word as die som van die
dier omgewingsvariasie en genetiese variasie
Meiose Seldeling waartydens gamete vorm.
Diversifikasie Meer produksievertakkings word in die boerderybedryf ingesluit om
verkope en seisoenale volumes te verbeter.
Heterosigoties ’n Individu met twee verskillende allele van dieselfde geen.
Gamete Die gespesialiseerde geslagselle wat tydens bevrugting saamsmelt.
Begroting ’n Skriftelike dokument wat toekomstige aktiwiteit met betrekking tot
inkomste en uitgawes beskryf gebaseer op projeksies en historiese data
Standaardisasie Die voorsiening van standaardspesifikasies wat eenvormigheid aan ’n
groep produkte sal verleen met betrekking tot faktore soos gehalte,
grootte, massa, kleur en vog.
Volledige Wanneer een dominante alleel die uitwerking van ’n resessiewe alleel
dominansie heeltemal oorskadu en net die dominante eienskap in die fenotipe
voorkom.
Ondervoeding Ondervoeding is wanneer diere stadig groei en voortplanting word
benadeel.
Netto Netto plaasinkomste is die totale bruto marge minus die algemene
plaasinkomste plaasuitgawes.
Die teelwaarde Die teelwaarde verwys na die totaal van die geeneffekte van ’n teeldier,
soos deur die prestasie van sy nageslag gemeet.
Arbeidsproduktiwi- Arbeidsproduktiwiteit is ’n maatstaf wat deur plaasbestuurders gebruik
teit word om na die uitsette van die arbeidsmag te verwys.
Arbeid is die menslike, fisieke en verstandelike inspanning wat gebruik word om
goedere en dienste te skep
Aa Verteenwoordig ’n heterosigotiese genotipe by skape
DNS Kom voor in die kern en verskaf genetiese instruksies vir die funksionering
van selle
Beplanning Die bestuursaksie waardeur kort- en langtermynstrategieë vir ’n
boerderyonderneming ontwikkel word
Privaat In ’n privaat eiendomstelsel besit die boer ’n stuk grond met sy/haar naam
eiendomstelsel op die titelakte.
Netto waarde Netto waarde is die verskil tussen die waarde van jou bates en die waarde
van jou laste.
Nisbemarking Nisbemarking is ’n eksklusiewe bemarking .Dit is wanneer ’n spesifieke
produk van hoë gehalte teen ’n hoë produkprys aangekoop word. Hierdie
mark soek ’n spesifieke gehalte produk en die gehalte is aansienlik hoër
as die gemiddelde markproduk. Daarom word aansienlike hoër pryse vir
die spesifieke produkte betaal
Die hoofdoel van ‘n Dit gee ’n opsomming van die finansiële stand van die plaas op ’n
balansstaat bepaalde tydstip/bepaalde datum of tyd
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak