Fisika Definisies
A. Kinematika (beweging)
Vektore
- Vektor: fisiese hoeveelheid wat beide grootte en rigting het.
- Skalaarhoeveelheid: fisiese hoeveelheid wat slegs grootte het.
- Resulterende vektor: enkel vektor wat dieselfde effek het as die oorspronklike vektore wat saam inwerk.
Verplasing, snelheid en versnelling
- Afstand: lengte van die pad afgele.
- Verplasing: verandering in posisie.
- Spoed: tempo waarteen afstand verander.
- Snelheid: tempo waarteen posisie verander of die tempo van verplasing OF die tempo van verandering van
verplasing.
- Versnelling: tempo waarteen snelheid verander.
B. Newton se wette en toepassing van Newton se wette
- Gewig (Fg): gravitasiekrag wat die aarde uitoefen op enige voorwerp op of naby sy oppervlakte.
- Normaalkrag (Fn): die loodregte krag uitgeoefen deur 'n oppervlak op 'n voorwerp wat daarmee in kontak is.
- Wrywingskrag (Ff): die krag wat die beweging van 'n voorwerp teenstaan.
Newton se eerste, tweede en derde wette
- Newton se eerste wet: 'n voorwerp sal aanhou in sy toestand van rus of uniforme (beweging met konstante)
snelheid tensy 'n netto resultante krag daarop inwerk.
- Traagheid: die eienskappe van 'n voorwerp wat veroorsaak dat dit 'n verandering in sy toestand van rus of
uniforme beweging teenstaan.
- Newton se tweede wet: wanneer 'n netto krag, Fnet, toegepas word op 'n voorwerp met massa, m, versnel dit
in die rigting van die netto krag. Die versnelling, a, is direk eweredig aan die netto krag en omgekeerd eweredig
aan die massa.
- Newton se derde wet: wanneer voorwerp A 'n krag op voorwerp B uitoefen, oefen voorwerp B terselfdertyd 'n
krag van gelyke grootte in die teenoorgestelde rigting op voorwerp A uit.
C. Momentum, impuls, werk, energie en drywing (arbeidstempo)
Lineere momentum (1D)
- Lineere momentum: die produk van die massa en snelheid van die voorwerp.
- Wet van behoud van lineere momentum: die totale lineere momentum van 'n geisoleerde sisteem bly konstant.
Newton se tweede wet uitgedruk in terme van momentum
- Newton se tweede wet in terme van momentum: die netto krag wat op 'n voorwerp inwerk is gelyk aan die
tempo van verandering van momentum.
Behoud van momentum en elastiese en onelastiese botsings
- Elastiese botsing: 'n botsing waarin beide momentum en kinetiese energie behoue bly.
- Onelastiese botsing: 'n botsing waarin slegs momentum behoue bly.
Impuls
- Impuls (J): die produk van die netto krag en die kontaktyd.
Werk, energie en drywing (erbeidstempo)
- Werk: die produk van die verplasing en die komponent van die krag parallel aan die verplasing.
- Wet van behoud van energie: die totale energie in 'n sisteem kan nie geskep of vernietig word nie; dit kan slegs
verander word van een vorm na 'n ander.
- Beginsels van die behoud van meganiese energie: in die afwesigheid van lugweerstand of enige eksterne
kragte, is die meganiese energie van 'n voorwerp konstant.
- Arbeid-energie stelling: die arbeid gedoen deur 'n netto-krag op 'n voorwerp is gelyk aan die verandering in die
kinetiese energie van die voorwerp.
- Gravitasie potensiele energie: energie wat 'n voorwerp besit as gevolg van sy posisie relatief tot 'n
verwysingspunt.
- Kinetiese energie: die energie wat 'n voorwerp het as gevolg van die voorwerp se beweging.
Fisika Page 1