• Spesie - Soortgelyke eienskappe en kan vrugbare nakomelinge produseer.
• Bevolking - Groep organismes van dieselfde spesie.
• Gemeenskap - Versameling van bevolkings van verskillende spesies.
• Ekosisteem - Plant- en diergemeenskappe (bioties) se interaksie met mekaar en
met abiotiese faktore van gebied.
• Omgewing - Eksterne faktore (abioties en bioties) wat ontwikkeling
en oorlewing beinvloed.
• Bevolkingsgrootte – Totale aantal individue van bevolking.
• Bevolkingsdigtheid – Aantal individue per oppervlakeenheid.
• Nataliteit – Geboortetempo
• Mortaliteit – Sterftetempo
• Immigrasie – Permanente vestiging van nuwe organismes in die populasie.
• Emigrasie – Permanente beweging uit die populasie.
• Draevermoë – Aantal organismes wat deur ‘n gebied/habitat onderhou kan
word.
• Omgewingsweerstand - Negatiewe impak op groei
• Beperkingsfaktore – Faktore (bioties en abioties) wat lei tot
omgewingsweerstand.
- Digtheidsafhanklike faktore - Voedsel, water, ruimte, skuiling, siektes, gifstowwe
- Digtheidsonafhanklike faktore - Ekstreme temperature, vloede, ander
natuurrampe
• Geslote Bevolking: Geen emigrasie en immigrasie. Mortaliteit en Nataliteit
enigste invloed op bevolkingsgrootte
Page 1 of 17
,• N = (B + I) – (D + E)
- Positief – Toename
- Negatief – Afname
• (B + I) = (D + E)
- Winste = Verliese
- Populasie stabiel en in ewewig.
Bepaling van Bevolkingsgrootte
• Direkte Tegnieke – Totale telling van individue in ‘n bevolkiing
- Bv. Sensus, telling en lugfotos.
• Indirekte Tegnieke – Telling van slegs ‘n gedeelte van ‘n bevolking om die totale
geskatte bevolkingsgrootte te bepaal deur statistiese berekeninge (Steekproef).
- Merk-en-hervangtegniek
- Kwadraattegniek
Merk-en-hervangtegniek
• Bepaald gebied word afgebaken
• Aantal hoeveelheid individue word gevang en gemerk (1ste monster/vangs)
• Individue word weer vrygelaat sodat hulle weer tyd het om met die ongemerkte
individue te meng. (Moet kan verduidelik hoekom tyd gegee word.)
• ‘n Tweede getal individue word gevang, getel en aangeteken.
• Die aantal gemerkte individue word getel.
• Petersen-Index formule word dan gebruik.
Page 2 of 17
, N = Bevolkingsgrootte
M = Aantal individue wat die 1ste keer gevang is.
C = Aantal individue wat die 2de (of 3de, ens) gevang word (gemerk + ongemerk)
R = Aantal GEMERKTE individue wat WEER gevang is (R = “Recaptured”)
Voorbeeld
‘n Kewerbevolking in ‘n afgebakende gebied moet bepaal word.
Die eerste monster bevat 50 kewers wat gevang en gemerk is. Hulle word vrygelaat
in die gebied en tyd word vir hulle om weer vrylik rond te beweeg.
Twee dae later word 90 kewers gevang in dieselfde gebied. Net 5 kewers is
gemerk. ‘n Tweede hervangs word uitgevoer en 80 is gevang en net 4 is gemerk
Gebruik formule en bepaal die geskatte bevolkingsgrootte.
50 × 90 50 × 80
= Tweede hervangs
=
5 4
= 900 = 1000
Gemiddeld: (900 + 1000)/2 = 950 kewers
- Meer akkuraat omdat dit herhaal is.
- By 2de hervangs bly M dieselfde want dit bly die eerste
hoeveelheid tydens eerste vangs.
Page 3 of 17