Kwartaa GRAA
l3
GEOGRAFIE D9
OPPERVLAKKRAGTE WAT DIE
AARDE VORM
Definisie van Verwering, Erosie en Afsetting - bl 54
Verwering: Die afbreek van rots in klein partikels deur fisiese, chemiese of
biologiese prosesse. Hierde klein partikels kan dan deur riviere, bewegende ys, die
wind en branderbeweging geërodeer word.
Erosie: Behels die verwydering van verweerde materiaal deur die werking van
riviere, branders in die see, wind en bewegende ys. Die laasgenoemde vier faktore
word die agente van erosie genoem.
Afsetting: Is die neerlê van soliede materiaal in die vorm van sediment soos
modder en sand op n revierbedding of op die seebodem. Afsetting word deur die
agente van erosie uitgevoer en gebeur na die erosie van die land en die vervoer
van die verweerde materiaal.
Fisiese verwering, Chemiese verwering, Biologiese
verwering - Bl 46 -51
FISIESE VERWERING
Afbreek van rotse in kleiner fragmente deur uitsetting en sametrekking – geen
verandering in samestelling van minerale.
Tipes:
Termiese breking:
o Kom voor waar dag baie warm is en nag baie koud.
o Herhaalde verhitting en afkoeling laat die buitenste laag van rots in dun
lae afskilfer.
o Saam met chemiese verwering kan dit lei tot sferoïdale verwering.
o Brande kan ook rotse vinnig laat uitsit en bars.
Drukverligting (ontlading/eksfoliasie):
o Graniet vorm diep in die aardkors onder groot druk.
o Wanneer erosie die boonste lae wegkalwe, word die graniet blootgestel.
o Die druk verminder, rots sit uit en skei in lae.
o Hierdie proses kan eksfoliasie veroorsaak.
Vries-ontvries (ysversplintering):
o Water dring in krake van rotse in.
o By vriespunt sit die water 9–10% uit en oefen groot druk uit.
o Wanneer dit smelt, verslap die rots.
o Herhaling versplinter die rots in skerp fragmente.
o Kom voor waar temperatuur rondom 0 °C wissel.
o Die fragmente versamel as klippieshellings aan die voet van hellings.
CHEMIESE VERWERING
Afbreek van rotse deur chemiese prosesse – minerale se samestelling verander.
Tipes en voorbeelde:
Reënwater:
o Reën bevat opgeloste suurstof en koolstofdioksied → effens suur.
o Oplos sekere minerale soos kalksteen.
Kalksteenplaveisel:
, o Kalksteenoppervlakte word opgelos → vorm oplossingsplete (smal groewe)
en klinte (plat riwwe).
Kalksteengrotte:
o Ondergrondse kalksteen los op en laat groot holtes agter.
o Binne-in vorm stalaktiete en stalagmiete deur afsetting van
kalsiumkarbonaat.
BIOLOGIESE VERWERING
Afbreek van rotse deur lewende organismes.
Voorbeelde:
Plante:
o Wortels groei in krake en laste van rotse.
o Soos die boom groter word, druk die wortels die krake verder oop → rots
breek.
o Plante skei organiese sure af wat rots ook chemies verswak.
Diere:
o Diere wat grawe, bv. molle, verwyder en versteur grond en rotse.
Ligging van soorte verwering - bl 50-51
Fisiese verwering
Kom voor waar daar groot temperatuurwisseling is.
Meestal in warm woestyne met baie warm dae en koue nagte.
Vries-ontvries-verwering kom voor in koue streke waar dagtemperature bo
vriespunt is en nagtemperature onder vriespunt daal.
Chemiese verwering
Kom voor in alle gebiede waar dit reën.
Kom die sterkste voor in warm, nat streke (bv. ekwatoriale streke) omdat hitte
chemiese reaksies versnel en water volop is.
Biologiese verwering
Kom voor waar plante en diere volop is.
Tipies in woude, grasvelde en vrugbare streke waar daar baie wortelgroei en
organiese aktiwiteit is.
Vries en ontvries teken en verduidelik - Bl 46
Water dring in krake van rotse in.
By vriespunt sit die water 9–10% uit en oefen groot druk uit.
Wanneer dit smelt, verslap die rots.
Herhaling versplinter die rots in skerp fragmente.
Kom voor waar temperatuur rondom 0 °C wissel.
Die fragmente versamel as klippieshellings aan die voet van hellings.
Watervalle en Stroom versnelling. (Sketse in handbook en