riehoekige S
ei D irk
D el
Afr a l
ik a a ta
n s H uis
Graad 10
© 2026 Knap Opsommings
All notes, summaries, and study materials are owned by Knap Opsommings. Please use them only for your personal school learning. Do not copy, share, or sell our content
without permission.
, oorsig van die roman
Caro Eksteen keer na 12 jaar terug na haar tuisdorp met net een doel voor oë: vergelding. Diegene wat
haar as jong tiener uitgebuit, gespot en verwerp het, moet weet hoe dit voel om verneder en verloën te
word. Na soveel jare eien niemand die onderwyseressie as die oorgewig, naïewe Karolientjie van die
verkeerde kant van die dorp nie, en kan sy haar planne in werking stel.
Caro het nie rekening gehou daarmee dat sy emosioneel betrokke gaan raak by die lewens van haar
kollegas en leerders nie - die aantreklike Steyn Brink, die oulike verloofde paartjie Betsie en Dirk, die
bitsige Salome, en die plomp, ongelukkige tiener Lauren, in wie sy soveel van haar eie hartseer jeug
herken.
Wanneer Caro aanbied om die skool se Graad 11-krieketspan af te rig, raak dinge eers ingewikkeld. Die
seuns vind dit moeilik om 'n vroulike afrigter te aanvaar, en wanneer rassisme in die span die kop uitsteek,
kom Caro voor haar grootste toets te staan. Ironies is dit egter juis rassespanning onder die jong spelers
wat Caro in staat stel om die tragiese gebeure van haar verlede te konfronteer.
Die titel
Die titel bevat ‘n oksimoroon omdat daar twee teenstrydige sake langs mekaar gestel word. In die roman
word daar na twee driehoeke verwys:
Caro - Steyn - Marcia
Caro - Steyn - Salome
Dit verwys ook na die insig wat Caro kry oor haar keuses en die invloed wat dit op haar lewe gehad het.
Sy neem uiteindelik verantwoordelikhied vir haar dade en kan dan vir Steve, asook die gemeenskap
vergewe.
SIRKEL simboliseer: DRIEHOEK:
→ afronding / volmaaktheid / voltooidheid
→ tydloosheid / heelheid / genesing → bestaan uit 3 hoeke en 3 sye
→ ook verwerping, verwyt en verontregting → simboliseer verdeeldheid, wraak en vergelding
→ hierdie emosies is ingewikkeld en het baie “punte”
Caro wil terugkeer na haar verlede:
→ skool Die driehoeke in Caro se verhoudings:
→ Blikkiesdorp → Caro → Steve → Marcia
→ haar vernedering → Caro → Steyn → Salome
→ Sy wil haar lewensirkel voltooi deur vergelding.
Die driehoek verbind:
Haar lewensirkel het verskeie knelpunte: → verlede
→ Steve → Marcia → hede
→ Steyn → Salome → toekoms
→ George en Paul Thompson → krieket
Menseverhoudings en emosies soos vergelding:
Die titel “Sirkel” verbind Caro se: → moet opgelos word
→ verlede = Steve en Marcia → voordat genesing en aanvaarding moontlik is
→ hede = Steyn en Salome
Caro se probleme uit die verlede:
Die raakpunte wys op: → haar agtergrond in Blikkiesdorp
→ Caro se groei → lae selfbeeld
→ karakterontwikkeling → minderwaardigheidsgevoelens
→ toenemende insig
Haar verlede verwring haar “sirkel”:
Haar finale besef: → sy moet eers haar probleme oplos
→ sy moet vergewe voordat sy ware geluk kan ervaar. → voordat die driehoek perfek in die sirkel kan pas.
© 2026 Knap Opsommings
All notes, summaries, and study materials are owned by Knap Opsommings. Please use them only for your personal school learning. Do not copy, share, or sell our content without permission.
, Ruimte en milieu
Verwys na:
→ die plek waar die gebeure afspeel
Dit sluit in:
→ sosiale omgewing
→ kulturele omgewing
→ politieke omgewing
→ Die karakters beweeg in hierdie ruimtes om die verhaal realisties te maak
→ Die ruimte word deur die verteller beskryf of deur die karakters ervaar
Plekke waar die verhaal afspeel
→ Die verhaal speel af in Limpopo
Verwysings na plekke:
→ Makhado
→ Merensky
→ Louis Trichardt
→ Polokwane
→ Tshikondeni Mine
→ Tshwane
Belangrike Ruimtes in die Verhaal
Caro se skool waar sy eers leerder was en later onderwyseres word.
→ Skoolkoshuis
→ Blikkiesdorp (moontlik ‘n fiktiewe plek)
→ Die Steyns se plaas
→ Die skool se sportvelde
Belang van die Ruimte
→ Die ruimte speel ‘n groot rol in die karakters se lewe en hul emosies en ervarings
→ Ruimtes kan positief op karakters inspeel of negatief op karakters inspeel.
Tyd
→ Verteltyd verwys na die aantal bladsye waarbinne ‘n verhaal vertel word en in Die driehoekige sirkel is
die verteltyd 216 bladsye.
→ Vertelde tyd verwys na die totale tydperk waaroor die verhaal afspeel en in Caro se geval strek dit vanaf
haar kinderdae tot in die hede.
→ Die vertelde tyd sluit nie terugflitse in nie en in die roman duur dit enkele maande in die hede terwyl
daar ook verwys word na die 12 jaar vandat Caro haar geboortedorp verlaat het tot haar terugkeer na
haar ou skool.
→ Tyd kan chronologies verloop van A → B → C of die verhaal kan deur terugflitse na die verlede beweeg.
→ Die intrige van die verhaal word hoofsaaklik chronologies aangebied met terugflitse na Caro se
hoërskooljare.
→ Die terugflitse vanuit die hede na die verlede skep spanning en gee meer insig in Caro se verlede.
→ Vooruitskouings verhoog spanning en afwagting, byvoorbeeld Caro se gedagtes laat die middag by die
verlate skool.