RTT
Sagteware
sagteware
Sagteware (programme/toepassings/apps/pakkette/platforms) is bloot 'n groep
instruksies wat 'n rekenaar 'vertel' wat om te doen, wanneer om dit te doen en hoe dit
gedoen moet word. Sonder instruksies kan die rekenaar nie werk soos wat dit moet nie.
Al die rekenaarsagteware word veilig gestoor as ons nie daarmee werk nie. Wanneer
ons met die sagteware wil werk, moet die sagteware vanaf die stoorplek na die
geheue oorgedra word sodat die SVE al die instruksies kan uitvoer.
stelselprogrammatuur
Hierdie soort sagteware is ontwerp met die doel om die rekenaar te beheer, te
ondersteun of te bedryf.
Bedryfstelsel: die program wat ons die meeste met stelselsagteware assosieer. Dit is
die sagteware wat die rekenaar in sy geheel bedryf en die gebruikerskoppelvlak skep.
As jy 'n rekenaar koop, is die bedryftelsel reeds daarop geïnstalleer.
Stelselsagteware bevat ook nutsprogramme soos antivirussagteware en
saampersingsagteware soos WinZip.
Bedryfstelsels bestuur al die hardeware en sagteware van die rekenaar, hanteer
sekuriteit en verskaf ‘n gebruikerskoppelvlak.
Die koppelvlak
Die koppelvlak is die manier waarop die inhoud van die skerm vir ons geörganiseer en
aangebied word. Byna al die sagteware het 'n grafiese gebruikerskoppelvlak.
Die koppelvlak word op 'n grafiese manier aangebied met klein prentjies wat ikone
genoem word asook ander visuele hulpmiddels soos kieslyste en knoppies wat dit
maklik maak om te gebruik.
Programme kan ook deur ikone, wat as teëls bekend staan, verteenwoordig word.
nutsprogramme
, Gr11
As jy 'n rekenaar koop, is die bedryfstelsel nie die enigste program wat reeds daarop
gelaai is nie. Daar is ook ander klein programme, wat soms as accessories bekend
staan, op die rekenaar gelaai. Dit is programme wat nie spesifiek vir die
kernfunksionering van rekenaar nodig is nie maar verskaf nuttige bykomende
programme aan die gebruiker.
Snipping tool
Sakrekenaar
Toepassingsagteware
Toepassingsateware word gewoonlik apart van die rekenaar gekoop.
Toepassingsagteware is ‘n groep programme wat sekere take vir die gebruiker kan
uitvoer.
Toepassingsagteware maak dit vir mense maklik om hulle werk gedoen te kry en
verhoog dus produktiwiteit.
Tipe progromma en gebruik Voorbeelde
Grafika en ontwerp, word gebruik om Coreldraw, Adobe photoshop, Microsoft paint
virtuele beelde op die skerm te skep en te
manipiuleer.
Woordverwerker, word gebruik om Microsoft word, OpenOffice Writer
teksgebaseerde dokumente te skep, te
redigeer en te druk.
Sigbald, laat jou toe om take te verrig wat op Microsoft Excel, Openoffice calc
berekeninge gebaseer is, skep van grafika.
Databasis, kan gebruik word om data op ‘n Microsoft Access, Openoffice Base
georganiseerde manier te stoor, te
manipuleer en tot inligting te verwerk.
Aanbiedingsprogramme, kombineer teks, Microsoft powerpoint, Openoffice Impress
klank en grafika, om aanbiedings te skep.
Kommunikasie sagteware, stel die gebruiker Microsoft mail, Outlook
in staat om elektronies met ander gebruikers
oor ‘n netwerk te kommunikeer.
Kantoorpakket, kombineer programme wat Microsoft office
algemeen in kantore gebruik word, soos ‘n
woordverwerker, sigblad, databasis,
aanbiedings en kommunikasieprogramme.
Desktop publishing (DTP), stel jou in staat Microsoft publisher, Adobe InDesign
om dokumente wat teks en grafika
kombineer professioneel uit te le om
publikasies soos boeke of tydskrifte te
produseer.
Speletjies, die meeste moderne Rekenaar speletjies
rekenaarspeletjies
Webontwerp, word gebruik om webwerwe te Adobe Dreamwaver
ontwerp en te skep.
Webblaaier, word gebruik om toegang tot Edge, Internet Explorer, Google Chrome,
webblaaie op die internet te verky en dit te Firefox
vertoon.
Plug in, in die verlede gebruik vir die Flash, QuickTime
byvoeging van multimedia by webblaaie,
hulle was stadig en vol programfoute.
Finansiele toepassingsprogramme, word Pastel Accounting, Microsoft Money Plus,
gebruik om rekord van finansiele transaksies Sunset
te hou.
, Gr11
Multimediasagteware
Multimediasagteware word gebruik om multimedia inhoud te skep of te besigtig.
Multimedia word deesdae meestal op die web besigtig en versprei.
Die gewildste manier om multimedia inhoud te skep is die gebruik van HTML 5.
Multimedia verwys na inhoud wat teks, klank, beelde, tekeninge, animasies en video
kombineer om idees en konsepte aan gebruikers oor te dra.
kommunikasiesagteware
Kommunikasiesagteware word gebruik om elektroniese kommunikasie eenvoudig,
effektief en doeltreffend te maak.
Voorbeelde is: e-posprogramme (Outlook), webblaaiers (Edge, internet Explorer,
Google Chrome), aanlyn kletskamers, kitsboodskapsagteware (WhatsApp, BBM,
Facebook messenger) en VoIP-sagteware (Skype, FaceTime)
Versoenbaarheidskwessies
Die groot verskeidenheid soorte sagteware wat beskikbaar is kan probleme met
versoenbaarheid (compatibility) veroorsaak.
‘n Versoenbaarheidsprobleem gebeur wanneer twee komponente (soos
rekenaarprogramme, toeps of lêers) nie mooi saamwerk nie.