• Wrong document? Swap it for free
  • Written by students who passed
  • Immediately available after payment
  • Read online or as PDF
Sell
Where do you study
Your language
Document preview thumbnail
Preview 4 out of 38 pages
Summary

Summary Paljas • Chris Barnard • Opstel- & Kontekstuele Vraeboekie • Afrikaans HT & EAT • Eksamenvoorbereiding • @Juffrou Ansie

Document preview thumbnail
Preview 4 out of 38 pages

’n Omvattende en eksamengerigte Opstel- en Kontekstuele Vraeboekie oor Paljas deur Chris Barnard. Hierdie hulpbron is saamgestel om leerders te help om hulle kennis van die drama prakties in assesserings en eksamenvrae toe te pas. Leerders word aangemoedig om die kontekstuele vrae eers self te probeer en daarna die memorandum te gebruik. Die opstelafdeling wys ook hoe om relevante inhoud te kies en ’n antwoord logies te struktureer. Ingesluit: Stap-vir-stap riglyne vir kontekstuele vrae Hoe om instruksiewoorde korrek te interpreteer Puntetoekenning as leidraad vir antwoordlengte Hoe om relevante teksbewys te gebruik Riglyne vir oop vrae en motivering Karaktereienskappe, ironie, vergelyking en afleidings 8 belangrike uittreksels met kontekstuele oefenvrae Volledige memorandum vir die uittrekselvrae Vrae gebaseer op vorige DBE-, SACAI- en ander assesserings 6 uitgebreide literêre opstelonderwerpe Duidelike fokus vir elke opstel Opstelbeplanning Eksamenwenke Modelopstelle Belangrike temas, konflik en karakterontwikkeling wat binne die opstelvrae toegepas word Die kontekstuele afdeling leer leerders om nie net feite te ken nie maar om ’n uittreksel saam met hulle kennis van die hele drama te interpreteer. Hulle word gewys hoe om na die spreker, ruimte, voorafgaande en latere gebeure, belangrike frases, toneelaanwysings, handeling en emosionele reaksies te kyk. Die boekie bevat uittreksels oor onder andere: Hendrik en Katrien se huweliksprobleme Die aankoms van die sirkus en Manuel Willem se verdwyning ná sy ouers se rusie Katrien se konfrontasie met die dominee Manuel se verwerping in die kerk Jan Mol en die gewapende mans se soektog na Manuel Hendrik wat die gewonde Manuel huis toe neem Die gebeure ná die Volstruisdans en die dorpsmense se versoening met die McDonalds Die 6 opstelle fokus op kernonderwerpe uit die drama: Manuel as katalisator vir verandering Die McDonald-gesin se gebrekkige kommunikasie en herstel Willem se ontwikkeling en Manuel se invloed Vooroordeel en onverdraagsaamheid Die McDonald-gesin se lewe op Toorwater Die Volstruisdans, die positiewe slot en Manuel se “paljas” Elke opstel help die leerder om die vraag eers te ontleed en beplan voordat die modelantwoord bestudeer word. Die boekie beklemtoon dat leerders nie modelopstelle woord vir woord moet memoriseer nie maar die kerninhoud moet verstaan en dit by verskillende vrae moet kan aanpas. Belangrike temas soos kommunikasie, vooroordeel, aanvaarding, herstel en versoening word deur die opstelle en kontekstuele vrae toegepas. Manuel se rol as katalisator en Willem se ontwikkeling vorm ook ’n sterk fokus in die boekie. Ideaal vir literêre opstelvoorbereiding, kontekstuele vrae, klaswerk, hersiening, prelims en finale eksamenvoorbereiding. 38 bladsye • PDF • Afrikaans HT & EAT • Drama © 2026 Juffrou Ansie Study Notes

Content preview

© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.

Kontak

,Inleiding en hoe om die boekie te gebruik

Hierdie boekie vorm deel van die volledige Paljas-pakket en moet saam met die
Analise- en Opsommingsboekie en PowerPoint-aanbieding gebruik word.

Gebruik die boekie om jou kennis toe te pas en vir assesserings voor te berei.
Beantwoord die kontekstuele vrae eers self voordat jy die memorandum raadpleeg.
Gebruik die opstelbeplanning en modelopstelle om te leer hoe om relevante inhoud te
kies en jou antwoord logies te struktureer.

Moenie antwoorde woord vir woord memoriseer nie. Leer die kerninhoud en oefen
om dit by verskillende vrae aan te pas.

Juffrou Ansie
E-pos:

INHOUD



Hoe om kontekstuele vrae te beantwoord .................................................................. 3
KONTEKSTUELE OEFENVRAE .................................................................................... 5
Uittreksel: Hendrik en Katrien se slaapkamer .......................................................... 5
Uittreksel: Die sirkus arriveer en Manuel verskyn ..................................................... 7
Uittreksel: Willem verdwyn ná Hendrik en Katrien se rusie ....................................... 8
Uittreksel: Katrien konfronteer die dominee ............................................................ 9
Uittreksel: Manuel gaan kerk toe en word verwerp ................................................... 9
Uittreksel: Jan Mol en die gewapende mans soek Manuel ...................................... 11
Uittreksel: Hendrik neem die gewonde Manuel huis toe ......................................... 12
Uittreksel: Ná die Volstruisdans – die dorpsmense kom vrede maak ....................... 13
Uittreksel: Memorandum .................................................................................... 14
OPSTEL 1: Manuel as katalisator vir verandering ................................................... 17
OPSTEL 2: Die McDonald-gesin se gebrekkige kommunikasie en herstel................. 21
OPSTEL 3: Willem se ontwikkeling en Manuel se invloed op hom ............................ 25
Opstel 4: Vooroordeel en onverdraagsaamheid in Paljas ........................................ 28
Opstel 5: Die McDonald-gesin se lewe op Toorwater ............................................. 31
Opstel 6: Die Volstruisdans, die positiewe slot en Manuel se paljas ........................ 35




© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.

Kontak

, Hoe om kontekstuele vrae te
beantwoord
Kontekstuele vrae toets of jy die drama ken, verstaan en jou kennis op ’n uittreksel
kan toepas. Jy moet dus die uittreksel én die res van die drama in gedagte hou.

1. LEES DIE VRAAG PRESIES

Vra jouself:

• Wat word gevra?
• Watter instruksiewoord word gebruik?
• Hoeveel punte tel die vraag?
• Moet ek uit die uittreksel antwoord?
• Moet ek kennis van die hele drama gebruik?

Moenie meer antwoord as wat gevra word nie.

2. GEBRUIK DIE PUNTETOEKENNING AS LEIDRAAD

Die punte help jou bepaal hoe volledig jou antwoord moet wees.

Punte Wat word gewoonlik verwag?

1 Een korrekte feit, naam, rede of begrip

2 Twee korrekte feite óf ’n volledige verduideliking met twee relevante dele

’n Meer volledige antwoord met relevante verduideliking, bewys of
3–4
motivering

Belangrik: Moenie aanvaar dat elke punt altyd presies een feit beteken nie. Lees die
vraag en kyk wat die instruksiewoord vereis.

3. LEES DIE UITTREKSEL VIR LEIDRADE

Let veral op:

• wie praat
• met wie die karakter praat
• waar die toneel plaasvind
• wat voor hierdie uittreksel gebeur het
• wat daarna gebeur
• belangrike woorde of frases
• toneelaanwysings


© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.

Kontak

, • handeling, emosie en reaksies.

Sommige antwoorde staan direk in die uittreksel. Ander moet jy uit die uittreksel aflei of
met jou kennis van die drama verbind.

4. ANTWOORD VOLGENS DIE INSTRUKSIEWOORD

1. NOEM / IDENTIFISEER
Gee die korrekte feit of begrip. Geen lang verduideliking is nodig tensy dit gevra
word nie.
2. VERDUIDELIK
Sê wat dit beteken en waarom dit belangrik of relevant is.
3. MOTIVEER
Gee ’n rede of bewys vir jou antwoord.
4. IMPLISEER
Verduidelik wat bedoel word al word dit nie direk gesê nie.
5. KARAKTEREIENSKAP
Noem die eienskap wat uit die karakter se woorde of optrede blyk. Motiveer dit
indien die vraag dit vereis.
6. IRONIE
Gee die verwagting én die werklikheid of die twee teenstellende kante.
7. VERGELYK / KONTRASTEER
Verwys na albei persone, situasies of idees.

5. GEBRUIK RELEVANTE BEWYS

Wanneer ’n vraag motivering of verduideliking vereis, ondersteun jou antwoord met wat
die karakter sê, doen of ervaar.

Onvolledig:
Hendrik is jaloers.

Volledig:
Hendrik is jaloers omdat hy Frans se belangstelling in Katrien as ’n bedreiging vir sy
huwelik beskou.

Die tweede antwoord wys eienskap + bewys.

6. OOP VRAE: DIE MOTIVERING VERDIEN DIE PUNT

By vrae soos:

“Stem jy saam?”
“Dink jy ...?”
“Was dit regverdig?”



© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.

Kontak

Document information

Schooljaar
200
Uploaded on
August 21, 2026
Number of pages
38
Written in
2026/2027
Type
Summary
$7.90

Wrong document? Swap it for free Within 14 days of purchase and before downloading, you can choose a different document. You can simply spend the amount again.
Written by students who passed
Immediately available after payment
Read online or as PDF

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
ansiestudynotes
4.7
(66)
Sold
1097
Followers
227
Items
425
Last sold
1 day ago




Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their tests and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can instantly pick a different document that better fits what you're looking for.

Pay as you like, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Working on your references?

Create accurate citations in APA, MLA and Harvard with our free citation generator.

Working on your references?

Frequently asked questions