Definisies
• Voortplanting: ‘n biologiese proses waartydens ‘n lewende organisme, nakomelinge
voortbring.
• Voortplantingsukses: word gemeet aan die aantal lewensvatbare nakomelinge wat ‘n
individu voortbring.
• Voortplantingstrategiee: strukturele, funksionele en gedragsaanpassings wat die kaanse op
bevrugting en oorlewing van nakomelinge verhoog.
• Hofmakery: die gedragspatrone van manlike en vroulike diere met paring en bevrugting as
die uiteindelike doel.
• Bevrugting: die versmelting van ‘n haploiede manlike gameet met ‘n vroulike gameet om
‘n diploiede sigoot te vorm.
• Feromone: vroulike individue skei chemiese stowwe af wat vir die mannetjies as sein dien
dat hulle gereed is om te paar.
• Chemotaksis: die beweging van ‘n sel of organisme in reaksie op ‘n chemiese stimilus.
• Kopulasie: die spermselle word direk in die vroulike liggaam geplaas via ‘n kopulasie-
orgaan.
• Oviparie: embrio ontwikkel in ‘n eier wat buite die vroulike liggaam gele word.
• Ovoviviparie: embrio ontwikkel in ‘n eier wat in die vroulike liggaam uitbroei en die kleintjies
word lewendig gebore.
• Viviparie: fetus ontwikkel in die vroulike uterus en die kleintjie word lewendig gebore.
• Ekstra embrioniese membrane: die membrane wat buite die embrio aangetref word.
• Prekosiaal: spesies waar die kleintjies wat uitgebroei of gebore word, volledig ontwikkel is
en onmiddelik beweeglik is.
• Altrisieel: spesies waar die kleintjies, wanneer hul uitbroei of gebore word, nie volledig
ontwikkel is nie en nie onmiddel kan rondbeweeg nie.
• Ouersorg: enige gedragspatroon waar ouers tyd en of energie bestee aan die voeding en
beskerming van hul kleintjies.
, Voortplantingstrategiee
• R-strategie:
→ Baie nakomelinge = meer energie.
→ Minder tyd/energie aan ouersorg.
→ Meeste nakomelinge sterf voor volwassenheid.
→ Genoeg individue oorleef om die voortbestaan van die spesie te verseker.
• K-strategie:
→ Min nakomelinge = minder energie.
→ Baie tyd/energie aan ouersorg.
→ Meeste nakomelinge oorleef tot volwassenheid.
• Uitwendige bevrugting:
→ Visse/amfibee
→ Baie min samewerkende gedrag tussen man/vrou.
→ Akwatiese omgewings.
→ Groot aantal gamete geproduseer in water.
→ Water voorkom uitdroging van gamete/sigoot.
→ Min ouersorg = minder energie.
→ Kleiner oorlewingskaans agv predasie.
• Inwendige bevrugting:
→ Voels, soogdiere
→ Paringstrategiee en samewerkende gedrag vereis.
→ Terrestriele omgewings.
→ Kleiner aantal gamete geproduseer binne vroulike liggaam.
→ Vroulike liggaam beskerm ovum/embrio.
→ Meer ouersorg = meer energie.
→ Groter oorlewingskaans.
Oviparie, Ovoviviparie en Viviparie
Oviparie (eier) Ovoviviparie (eier+lewendig) Viviparie (lewendig)
Visse, voels, amfibee, haaie Visse, reptiele, haaie Soogdiere, haaie
Inwendige / uitwendige Inwendige bevrugting Inwendige bevrugting
bevrugting
Embrio ontwikkel in ‘n eier Embrio ontwikkel in ‘n eier Embrio ontwikkel in die uterus
Eierdop is jellieagtig, leeragtig Eier het dun, vliesagtige dop __
of hard
Embrio gevoed deur dooier Embrio gevoed deur dooier Embrio gevoed deur moeder
liggaam, via plasenta
Eiers gele buite liggaam Eiers broei binne liggaam uit, Kleintjies word lewendig
kleintjies word lewendig gebore
gebore
Eiers het min dooier Eiers het baie dooier ___
Eiers nie beskerm teen Eiers beskerm – groter Eiers beskerm – groter
predasie nie – kleiner oorlewingskaans oorlewingskaans
oorlewingskans
Ouersorg in sommige gevalle, Ouersorg in sommige gevalle, Ouersorg
ontbreek in ander ontbreek in ander
, Amniotiese Eier
• Amnion: amnionvloeistof beskerm
embrio teen skokke, beserings,
temperatuurwisseling en
uitdroging.
• Allantois: sak wat uit die embrio se
ingewande groei, afvalstowwe
versamel en gasse uitruil.
• Chorion: heel buitenste membraan.
Voels/reptiele: gaswisseling saam
met poreuse dop. Soogdiere: vorm
deel van plasenta wat die embrio
van voedsel verskaf, gaswisseling
en ekskresie toelaat.
• Dooiersak: voedsel.
• Albumien: reserwevoedsel.
• Dop: gaswisseling, beskerm en
voorkom uitdroging.
Ontwikkeling
Prekosiaal Altrisieel
Groot eiers, meer dooier Klein eiers, minder dooier
Kleintjies se oe is oop Kleintjies se oe is toe
Bedek met hare Nie bedek nie
Dadelik aktief Nie dadelik aktief nie
Gou selfstandig Afhanklik van ouer
Energie is bestee aan Energie is bestee aan
voorgeboortelike ontwikkeling. nageboortelike ontwikeling.
Min ouersorg Baie ouersorg
Perde Voels