Graad 12 Leerder
Dit is vir JOU belangrik om jou NSS suksesvol af te lê, en om dit te behaal gaan daar ekstra
tyd en inspanning van JOU geverg word. Ons het tyd geneem om hierdie oorlewingspakket
saam te stel om dit vir JOU moontlik te maak om jou doelwit in Lewenswetenskappe te kan
behaal.
Berei jouself
voor op
eksamensukses
Hierdie dokument is voorberei as studiemateriaal vir die voorbereidende September
eksamen, sowel as die finale NSS eksamen.
Die hulpbronne is georganiseer volgens die onderwerpe wat jy moet voorberei vir die
eksamen.
Kernnotas is ingesluit volgens onderwerpe wat aangespreek is in die 2021 Eksamenriglyne
dokument.
Vrae is gekies om die kern konsepte en kern vaardighede te toets en te oefen .
Die aksiewoorde in die vrae is onderstreep, sodat jy kan oefen om die instruksies te volg.
2
,Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
MENSLIKE VOORTPLANTING – VRAESTEL 1, 41 punte
Dit is belangrik dat jy byskrifte en funksies kan verskaf van die verskillende dele van die
manlike en vroulike voortplantingstelsels
MANLIKE VOORTPLANTINGSTELSEL
Die diagram hieronder toon die verskillende dele van die manlike voortplantingsstelsel en hulle
funksies.
Funksies van testosteroon:
‘n Moontlike vraag in die NSS eksamen:
Beskryf die proses van SPERMATOGENESE – (die vorming van manlike gamete, spermselle)
• Onder die invloed van testosteroon
• ondergaan diploïede selle in die saadbuisies/seminale buisies/tubules in die testes
meiose
• om haploïede spermselle te vorm
3
, Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket – Vraestel 1 2022
Dit is baie belangrik dat jy die struktuur/bou van die spermsel kan teken met byskrifte
en funksies van die dele ken
Vroulike voortplantingstelsel:
Ken die dele en funksies van die volgende dele:
Jy moet die proses van oögenese kan beskryf soos volg
Oögenese: die vorming van vroulike gamete - ovum
• Diploïede selle in die ovarium ondergaan mitose
• om talle follikels te vorm.
• Sodra puberteit begin
• en onder die invloed van FSH
• vergroot een sel binne 'n follikel en ondergaan meiose.
• Van die vier selle wat gevorm word, oorleef slegs een om 'n volwasse,
haploïede ovum te vorm.
• Dit vind in 'n maandelikse siklus plaas
4