Tyd: 2 URE
Punte: 150
Graad: 12
Vak: BESIGHEIDSTUDIES
Vraestel: 1
Naam en Van:
Besigheidsomgewings
• Wetgewing (Hoofstuk 1)
• SWOT-ontleding
• Makro-omgewing
• Strategiese bestuursproses
• Porter se Vyf Kragte-model
• Tipes besigheidstrategieë (verdedigend, integrasie, groei)
• PESTLE-ontleding (Ekonomiese en Tegnologiese faktore)
• Uitdagings in die besigheidsomgewing
• Verbruikersregte en -beskerming
• Rol van SETA's in vaardigheidsontwikkeling
Besigheidsbedrywighede
• Menslikehulpbronpraktyke (plasing, induksie, werwing)
• Posbeskrywing en pospesifikasie
• Metodes van salarisbepaling
• Werkskontrakte (wetlike vereistes)
• Gehalteversekering vs. gehaltebeheer
• Gehalte-aanwysers (HR en produksie)
• Impak van swak gehalte
• Totale Gehaltebestuur (TGB)
• Voordele van 'n gehaltebestuurstelsel
• Opleiding en vaardigheidsontwikkeling
Bl. 1/ 10 www.summariessa.co.za Opsteller: DAN SMI
Graad: 12 Vak: Besigheidstudies Datum: JUNIE 2025
, INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat u die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
(Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie
afdeling.)
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag noukeurig deur en let op wat vereis word.
Let daarop dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die
EERSTE vrae in AFDELING C gemerk sal word.
3. Nommer die antwoorde noukeurig volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik word. Geen punte sal toegeken word vir verkeerd
genommerde antwoorde nie.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
geskryf word.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir nasien en tydstoekenning
wanneer elke vraag beantwoord word.
AFDELING A VRAAG PUNTE TYD
A: KORTVRAE - VERPLIGTEND 1 30 20 min
2 40
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 x 30
3 40
KEUSE: Beantwoord enige TWEE min
4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40
40 min
KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 150 2 ure
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 –
nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar
Bl. 2/ 10 www.summariessa.co.za Opsteller: DAN SMI
Graad: 12 Vak: Besigheidstudies Datum: JUNIE 2025
, AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Kies die korrekte antwoord uit die gegewe opsies. Skryf slegs die letter (A–D)
langs die vraagnommer neer.
1.1.1 Volgens hierdie wet het werknemers die reg om aan die vakbond van hulle
keuse te behoort:
A. Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) (Nr. 66 van 1995)
B. Die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) (Nr. 55 van 1998
C. Die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes
D. (WVBBS/COIDA) (Nr. 61 van 1997)
1.1.2 Die onderneming waar Johan werk bied medies en pensioen aan, hierdie
is ’n voorbeel van ...
A. ekstra inkomste
B. byvoordele
C. salaris
D. addisionele betalings
1.1.3 Werknemers wat gereeld afwesig is as gevolg van HIV/VIGS verwante
siektes is ’n uitdaging in die ... omgewing
A. mikro
B. mark
C. makro
D. eksterne
1.1.4 Nkosi Handelaars verseker dat alle afdelings saamwerk na dieselfde
gehaltestandaarde, dit verwys na ...
A. gehalteprestasie
B. gehaltebestuur
C. gehalteversekering
D. gehaltebeheer
Bl. 3/ 10 www.summariessa.co.za Opsteller: DAN SMI
Graad: 12 Vak: Besigheidstudies Datum: JUNIE 2025
, 1.1.5 Invoerbelasting het in 2025 met 30% verhoog. Hierdie is ’n ... volgende die
SSGB-ontleding
A. sterkpunt
B. geleentheid
C. bedreiging
D. swakpunt
(5 x 2) (10)
1.2 Voltooi die stellings deur gepaste woorde uit die lys hieronder te gebruik.
bemarking; defensiewe; Interne; Vyf; integrasie; sekondêre; produksie; een en
twintig, eksterne;
1.2.1 Roofwerwing is ’n voorbeeld van ... werwing.
1.2.2 Werknemers is geregtig op ... dae jaarlikse verlof
1.2.3 Johan Handelaars het al hulle bates verkoop om krediteure te betaal,
hierdie is ’n voorbeeld van ’n ... strategie.
1.2.4 Die ... –funskie is verantwoordelik vir die versekering van hoë gehalte
produkte en dienste.
1.2.5 Mericke Klewewinkel vervaardig denims, die onderneming dryf handel in
die ... sektor.
(5 x 2) (10)
Bl. 4/ 10 www.summariessa.co.za Opsteller: DAN SMI
Graad: 12 Vak: Besigheidstudies Datum: JUNIE 2025