Tyd: 1 ½ URE
Punte: 100
Graad: 10
Vak: BESIGHEIDSTUDIES
Vraestel: 1
Naam en Van:
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek VYF hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie
afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en let op wat vereis word.
Let daarop dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vrae
in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde noukeurig volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word. Geen punte sal toegeken word vir verkeerd genommerde
antwoorde nie.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne geskryf
word.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir nasien en tydtoedeling wanneer elke
vraag beantwoord word.
Bl 1/8 www.summariessa.co.za Opsteller: DAN SMI
Graad: 10 Vak: Besigheidstudies Datum: SEPT 2025
, AFDELING A VRAAG PUNTE TYD
A: KORTVRAE - VERPLIGTEND 1 20 15
2 20
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae
3 20 2 x 20
KEUSE: Beantwoord enige TWEE
4 20
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40
45
KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 100 90 MIN
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar
Hoofonderwerpe in hierdie vraestel
• Kreatiewe denke en probleemoplossing / Creative thinking and problem solving
• Besigheidsgeleethede en verwante aktiwiteite / Business opportunities and related
activities
• Besigheidsligging / Business location
• Kontrakte / Contracts
• Aanbieding van besigheidsinliging / Presentation and data response
• Besigheidsplanne / Business Plan
Bl 2/8 www.summariessa.co.za Opsteller: DAN SMI
Graad: 10 Vak: Besigheidstudies Datum: SEPT 2025
, AFDELING A (VERPLIGTEND )
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in
die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Johan her die voordele en nadele daarvan oorweeg om die produksiestelsel te
verander. Johan het die ... probleemoplossingstegniek gebruik.
A. kragveld-analise
B. delphi
C. vinnige
D. opsies
1.1.2 Watter van die volgende is nie ’n protokol vir etiese navording nie?
A. Respek vir deelnemers
B. Beskerming van sensitiewe data
C. Plagiaat
D. Toestemming van deelnemers vir die gebruik van inligting
1.1.3 Watter een van die volgende is ’n vereiste vir ’n geldige besigheidskontrak?
A ’n Vriendelike handdruk tussen partye
B Mondelinge toestemming sonder bewyse
C ’n Goeie verstandhouding
D Handtekening van alle betrokke partye
1.1.4 ’n Sirkelgrafiek sal geskik wees om die volgende inligting te vertoon:
A Die afstand tussen twee stede
B Die persentasie van verskillende produkkategorieë wat verkoop is
C Die name van ondernemings se bestuurders
D Die stappe van ’n produksieproses
Bl 3/8 www.summariessa.co.za Opsteller: DAN SMI
Graad: 10 Vak: Besigheidstudies Datum: SEPT 2025