Written by students who passed Immediately available after payment Read online or as PDF Wrong document? Swap it for free 4.6 TrustPilot
logo-home
Document preview thumbnail
Preview 4 out of 35 pages
Summary

Summary Ken & Verstaan Landbouwetenskappe Graad 10 Kwartaal 2

Document preview thumbnail
Preview 4 out of 35 pages

Opsommings wat die Graad 10 Landboukurrikulum dek uit die Ken & Verstaan handboek. Onderwerpe soos: Landbouhulpbronne, Waterbestuur, Landboubesoedeling word gedek.

Content preview

Monya Le Hanie

,KWARTAAL 2:

Module 3: Volhoubare benutting van natuurlike hulpbronne

Eenheid 1: Landbouhulpbronne

Sleutelwoorde:

Hernubare hulpbronne Hulpbronne wat binne ‘n kort tydperk nadat dit opgebruik is, op ‘n
natuurlike wyse vervang kan word.
Niehernubare Hulpbronne wat nie binne ‘n kort tydperk vervang kan word nie.
Fossielbrandstowwe Natuurlike brandstowwe in die geologiese verlede gevorm uit die reste van
lewende organismes.
Voedingstowwe Stowwe wat plante en diere voed.
Monokultuur Kweek van ‘n enkele gewas in ‘n spesifieke gebied.
Mariene Van die see.


1. Natuurlike hulpbronne
 Natuurlike hulpbronne kom in die natuurlike omgewing voor.
 Voorbeelde: grond, diere, plante, water, sonenergie en skoon lug
 Funksionerende, gesonde ekosisteme, bv. reënwoude, oseane, mere, riviere en vleilande, is ook
natuurlike hulpbronne, nes fossielbrandstowwe en minerale.

2. Landbouhulpbronne
 Ons gebruik hulpbronne in feitlik alles wat ons as mense doen.
 Tuinier → graaf, tuinvurk, kruiwa, saad en water → om groente te verbou
 Boere → tegnologie, chemiese stowwe, elektrisiteit en arbeid
 In landbou groepeer ons hulpbronne as:
o Primêre of sekondêre hulpbronne
o Hernubare en niehernubare hulpbronne

2.1. Die verskillende soorte landbouhulpbronne en die belangrikheid daarvan
 Primêre hulpbronne → Hulpbronne wat uit die natuur kom
 Sekondêre hulpbronne → Hulpbronne wat deur mense gemaak word (van primêre hulpbronne)
 Hernubare hulpbronne → hulpbronne wat maklik aangevul of gereproduseer word
o Hernubare hulpbronne kan uitgeput word of skade ly deur menslike gebruik en
aktiwiteite, maar kan weer aangevul word
 Niehernubare hulpbronne → neem duisende jare om te ontwikkel, bv. steenkool en grond

,  Primêre en sekondêre hulpbronne:

Lug  Natuurlike en hernubare hulpbron
 Dit bevat suurstof, wat noodsaaklik is vir die oorlewing van organismes
 Lug bevat ook koolstofdioksied, wat deur groen plante gebruik word
om te fotosinteer en voedsel te produseer
 Mensgemaakte besoedeling veroorsaak ‘n wanbalans in baie van
hierdie gasse, wat groot skade aan alle lewende organismes en
landbouproduksie kan veroorsaak

Water  Hernubare, primêre hulpbron
 Water word deurlopend herwin in die wêreldwye watersiklus
 Alle lewende organismes het water nodig om te groei en te ontwikkel
 Water is ‘n noodsaaklike bestanddeel vir alle biochemiese reaksies in
lewende organismes
 Dis ‘n noodsaaklike landbouhulpbron
 Varswaterhulpbronne oral in die wêreld word onder druk geplaas
a.g.v. menslike aktiwiteit

Grond  Niehernubare hulpbron en noodsaaklike element in landbou
 Grond verskaf belangrike voedingstowwe aan plante, stoor water en
lug en voorsien plante daarvan, en verskaf ook ‘n anker vir
plantwortels

Natuurlike  Niehernubare hulpbron
plantegroei/veld  Diere kry voedingstowwe en energie van plante
 Wanneer natuurlike plantegroei vernietig of beskadig word,is dit vir
altyd verlore
 Groot gebiede met natuurlike plantegroei en veld is skoongemaak om
plek te maak vir landerye, huise en nywerhede

Organiese bemesting  Bestaan uit ontbinde plant- en diermateriaal en verskaf
voedingstowwe aan plante
 Organiese boerdery is ‘n boerderymetode waar al die bemesting wat
gebruik word, organies is.
 Hernubare hulpbron

Woude  Natuurlike primêre hulpbron
 Verskaf medisinale plante, aantal landbouplante en hout vir
heinings/krale, sowel as energie
 Inheemse woude bind die grond, verhoed oorstromings en erosie en
hou wateropvangsgebiede gesond
 Inheemse woude us niehernubare hulpbron

, Saad en  Noodsaaklike hulpbronne vir saaiboere
plantmateriaal  Saad vorm die basis van alle gewasse en word spesiaal geselekteer om
groter en beter of meer geharde plante te kweek
 Hoër saadproduksie maak dit moontlik om in die groeiende vraag na
voedsel te voorsien

Diere  Diere en aanteelvee is baie is baie belangrik vir landbouproduksie
 In die meeste gevalle word hulle geteel om groter te wees as die
inheemse rasse waaruit hulle oorspronklik kom om seker te maak dat
die beste uitset in terme van vleis, melk of eiers gelewer word
 Hernubare hulpbron

Sonenergie  Natuurlike primêre hulpbron en is noodsaaklik vir alle lewe op aarde
 Die biochemiese proses van fotosintese absorbeer sonligenergie
 Sonlig help om water te laat verdamp om wolke en reën in die
watersiklus te vorm.
 Sonenergie is ‘n noodsaaklike landbouhulpbron

Steenkool en  Word gebruik om krag te verskaf vir masjiene op plase
oliegebaseerde  Dit word ook gebruik om geboue te verhit of af te koel en om alle
brandstowwe elektriese toerusting wat gebruik word, aan te dryf
 Landbouvoertuie soos stropers en trekkers het almal brandstof nodig
 Melkmasjiene en besproeiingstelsels het ook elektrisiteit nodig om te
werk

Kunsmatige bemesting  Word gebruik by gewasse wat op groot skaal verbou word
 Boere gebruik kunsmatige bemesting om produksie te verhoog

Plaagdoders en  Word gebruik om diere en plante teen siektes te beskerm en met
antibiotika mediese prodbleme te help
 Sekondêre, hernubare hulpbronne
 Moet versigtiger gebruik word
 Baie van ons probleme met landboubesoedeling is gevolg van die
oormatige gebruik van hierdie chemiese stowwe

Mense/arbeid  Hulpbron wat baie in landbou benodig word, aangesien boerdery in
baie gevalle ‘n arbeidsintensiewe aktiwiteit is
 Arbeiders is nodig vir fisiese arbeid en om op gemeganiseerde plase
met masjiene te werk
 Plaasbestuurders beplan, koördineer en stel doelwitte vir ‘n plaas
 Plase kan ‘n hoogs geskoolde arbeidsmag hê of arbeiders wat met die
hand werk, of albei
 Die aard van die arbeidsmag hang af van die skaal en die tipe
boerdery, die grootte van die plaas, die gewasse wat verbou word en
die diere wat aangehou word

Connected book
 image
Altus Strydom, Henricho Ferreira, Karoline Hanks Landbouwetenskappe, Graad 10
Publisher: 2012 ISBN: 9781107694392 Edition: Unknown

Document information

Schooljaar
200
Summarized whole book?
Yes
Uploaded on
August 14, 2025
Number of pages
35
Written in
2024/2025
Type
Summary
$10.14

Wrong document? Swap it for free Within 14 days of purchase and before downloading, you can choose a different document. You can simply spend the amount again.
Written by students who passed
Immediately available after payment
Read online or as PDF

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
monyalehanie
4.8
(6)
Sold
13
Followers
6
Items
12
Last sold
2 months ago



Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their tests and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can instantly pick a different document that better fits what you're looking for.

Pay as you like, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Working on your references?

Create accurate citations in APA, MLA and Harvard with our free citation generator.

Working on your references?

Frequently asked questions