Written by students who passed Immediately available after payment Read online or as PDF Wrong document? Swap it for free 4.6 TrustPilot
logo-home
Document preview thumbnail
Preview 4 out of 72 pages
Summary

Summary Ken & Verstaan Landbouwetenskappe Graad 10 Kwartaal 1

Document preview thumbnail
Preview 4 out of 72 pages

Volledige opsommings wat die KABV/CAPS dek uit die Ken & Verstaan handboek. Onderwerpe van al 4 kwartale word gedek, soos Lansbou-ekologie, Weidingsekologie, Biome

Content preview

Monya Le Hanie

,KWARTAAL 1:

Module 1: Agro-ekologie

Eenheid 1: Ekologie en agro-ekologie

Sleutelwoorde:

Ekologie Studie van lewende dinge in verhouding tot mekaar en tot hul omgewing.
Biosfeer Dele van die Aarde se oppervlak en die atmosfeer waar lewende organisms
voorkom.
Biome Groot gemeenskappe plante en diere wat in ‘n spesifieke gebied bestaan.
Ekosisteme Groepe plante en diere wat met mekaar en hul fisiese omgewing in
wisselwerking is.
Volhoubare Wat deurlopend onderhou kan word.
Monokultuur Kweek van ‘n enkele gewas in ‘n spesifieke gebied.
Biotiese Te doen met lewe of lewende dinge.
Abiotiese Nielewende dinge van ‘n ekosisteem.
Aanpassing Verandering in struktuur en funksie wat ‘n plant of dier in staat stel om te
oorleef.
Breedteligging Afstand van die ewenaar, in grade gemeet.
Hoogteligging Hoogte van ‘n voorwerp bo seespieël.
Fotosintese Proses waardeur plante sonlig gebruik om koolstofdioksied en water in
koolhidrate en suurstof om te sit.
Fotoperiodisme Uitwerking van daglengte op die groei van ‘n plant.
Fototropisme Reaksie van plante op ligstimuli.
Sessiel Op een plek geanker.
Homotermiese Hou liggaamstemperatuur konstant deur metaboliese aktiwiteit.
Poikilotermiese Koudbloedige.
Hidrofiliese Organismes wat permanent in water leef.
Higrofiliese Organismes wat in omgewings leef waar die lug gevul is met vog.
Mesofiliese Organismes wat leef in omgewings met wisselende nat en droë seisoene.
Xerofiliese Organismes wat aangepas het om droë toestande met geen of min water te
oorleef.

,1. Wat is ekologie?
 Ekologie is die wetenskaplike studie van die verskillende verhoudings of wisselwerking tussen
verskillende organismes in ‘n stelsel en hulle verhouding met die nielewende deel van hul
omgewing.
 Ekologie probeer om kwessies soos die volgende te verduidelik:
o Aanpassing en lewensprosesse
o Verpreiding van organismes
o Beweging van energie deur gemeenskappe
o Ontwikkeling van ekosisteme
 Boere bestuur of reageer elke dag op verskillende aspekte van ekologiese stelsels om gewasse
te verbou, vee aan te hou en voedsel te produseer
 Verskillende vlakke van ekologiese organisasie



Biosfeer → Bioom → Ekosisteem → Gemeenskap → Bevolking→ Individu


1.1. Vlakke van ekologie
 Die grootste skaal van ekologiese organisasie word die biosfeer genoem.
 Dit is die somtotaal van ekosisteme op die planeet.
 Dit sluit die gedeelte van die aarde se oppervlakte wat lewe onderhou in, sowel as grond, die
atmosfeer en die water in riviere, mere, vleilande, waterklippe en die oseaan.
 Bioom is ‘n groot eenheid van organisasie wat verskillende streke van die aarde se ekosisteme
insluit, hoofsaaklik volgens die samestelling en struktuur van die plantegroei.
 Bioom is ‘n natuurlike ekologiese gebied met ‘n stel unieke eienskappe, bv. ten opsigte van
klimaat, grond en landvorm.
 Hierdie faktore bepaal die soort flora- en fauna-gemeenskappe wat in daardie spesifieke streek
voorkom.
 Daar is 8 hoofbiome in die wêreld, naamlik:
o Tropiese reënwoude
o Gematigde breëblaarwoude
o Gematigde gemengde woude
o Gematigde bladwisselende woude
o Taiga
o Toendra
o Warm woestyne
o Poolwoestyne
 Plant- en dierorganismes kom in verskillende omgewings oral in die wêreld voor.
 Alle organismes leef in ‘n ekosisteem.
 Ekosisteme is eenhede wat gevorm word deur die wisselwerking van lewende organismes met
hul omgewing.
 Ekosisteem is ‘n afgebakende en selfonderhoudende gebied wat bestaan uit al die verskillende
lewende organismes wat in wisselwerking met mekaar en met hul abiotiese komponente is.

,  Kusgebied, woud, bosgebied, poeletjie of stroom is almal voorbeelde van ekosisteme.
 Gemeenskap is al die verskillende plante en diere wat ‘n spesifieke gebied bewoon.
 Bevolking is ‘n groep organismes of individue (plante of diere) van dieselfde spesie wat op
dieselfde plek bly en voortplant.
 Om ‘n bevolking te wees, moet individue van dieselfde soort of spesie in ‘n bepaalde gebied by
mekaar bly.
 Individuele organismes van dieselfde soort word ‘n spesie genoem.
 Lede van ‘n spesifieke spesie kan met mekaar teel, maar lede van verskillende spesies kan nie
met mekaar teel nie.
 Voorbeelde: Leeus en luiperds is albei groot katsoorte.
 Leeu is spesie Panthea leo en luiperds is spesie Panthea pardus
 Leeus teel met ander leeus en kry leeuwelpies
 Leeu en luiperd kan nie met mekaar teel nie, aangesien hulle nie van dieselfde spesie is nie.

1.2. Komponente van ‘n ekosisteem
 ‘n Ekosisteem bestaan uit biotiese (lewende) sowel as abiotiese (nielewende) komponente
 Ekosisteem kan nie sonder sy abiotiese en biotiese komponente funksioneer nie

1.2.1. Biotiese komponente
 Die biotiese komponente van ‘n ekosisteem is die plant- en dierorganismes.
 Groen plante wat hulle eie voedsel produseer, is die produsente in die stelsel.
 Organismes wat direk of indirek van produsente afhanklik is vir hul voedingstowwe, word
verbruikers genoem.
 Herbivore, karnivore, omnivore en ontbinders is verbruikers.
 Produsente, verbruikers en ontbinders het almal voedsel nodig vir oorlewing.
 Sonlig wat deur plante vasgevang word, is die hoofbron van energie vir alle lewende organismes
 Plante word ook outotrofiese organismes genoem
 Outotrofe (groen plante) produseer voedsel deur die proses van fotosintese, ‘n chemiese proses
waarby die energie van die son betrokke is.
 Fotosintese gebruik ook koolstofdioksied uit die lug en water uit die grond.
 Verbruikers is organismes wat van ander organismes afhanklik is vir hulle voorraad
voedingstowwe
 Primêre verbruikers voed uitsluitlik op plantmateriaal om hulself te onderhou
 Sekondêre verbruikers voed op primêre verbruikers.
 Dit beteken dat hulle karnivore is en vleis eet.
 Omnivore eet plante en diere.
 Ontbinders is ‘n noodsaaklike komponent van enige ekosisteem.
 Dit is die mikro-organismes – die fungi en bakterieë wat op verrottende materiaal leef
 Hulle maak seker dat party van die kernelemente, bv. koolstof en stikstof, in die grond
teruggesit word nadat ‘n plant en dier gevrek het.
 Die ontbinders versnel die ontbindingsproses wat mineraalsoute weer in die voedselketting
vrystel sodat plante dit as voedingstowwe kan absorbeer

Connected book
 image
Altus Strydom, Henricho Ferreira, Karoline Hanks Landbouwetenskappe, Graad 10
Publisher: 2012 ISBN: 9781107694392 Edition: Unknown

Document information

Schooljaar
200
Summarized whole book?
Yes
Uploaded on
August 14, 2025
Number of pages
72
Written in
2024/2025
Type
Summary
$10.14

Wrong document? Swap it for free Within 14 days of purchase and before downloading, you can choose a different document. You can simply spend the amount again.
Written by students who passed
Immediately available after payment
Read online or as PDF

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
monyalehanie
4.8
(6)
Sold
13
Followers
6
Items
12
Last sold
2 months ago



Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their tests and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can instantly pick a different document that better fits what you're looking for.

Pay as you like, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Working on your references?

Create accurate citations in APA, MLA and Harvard with our free citation generator.

Working on your references?

Frequently asked questions