Tyd: 1 uur
Punte: 52
Graad: 10
Vak: Wiskundige Geletterdheid
Vraestel: Kwartaaltoets 2
Naam en Van:
Instruksies en inligting
• Beantwoord alle vrae.
• Skryf netjies en leesbaar.
• Gebruik jou sakrekenaar waar nodig.
• Wys alle berekeninge en skryf volledige antwoorde.
• Rond af waar aangedui.
• 'n Nie-programmeerbare sakrekenaar word toegelaat.
• Duur: 1 uur, Totaal: 52 punte.
Hoofonderwerpe van die toets
• Belasting en BTW (Belasting op Toegevoegde Waarde)
• Inkomste en uitgawes
• Begroting en spaardoelwitte
• Verhoudings en persentasieberekeninge
• Skale en verhoudings op planne
• Omtrek en oppervlakte van vorms (vierhoek, driehoek)
• Meetkunde en kosteberamings
• Enkelvoudige rente en kredietbetalings
Bl. 1/ 6 www.summariessa.co.za Opsteller: CHR SMI
Graad: 10 Vak: Wiskunde G P2 Datum: SEPTEMBER 2025
, VRAAG 1
1.1 Kies die korrekte opsie vir elk van die volgende meervoudigekeusevrae. Slegs
een opsie is korrek.
1.1.1 Waarvoor staan BTW?
A. Betaling ter waarde
B. Belasting terug waarde
C. Belasting op Toegevoegde Waarde
D. Bybetaling ter waarde
1.1.2 Wat is die huidige BTW-persentasie in Suid-Afrika?
A. 12%
B. 14%
C. 15%
D. 17%
1.1.3 Watter van die volgende is 'n voorbeeld van 'n toevallige inkomste?
A. Maandelikse salaris
B. Huurinkomste
C. Erfgeld
D. Elektrisiteitsrekening
1.1.4.Wat beteken 'n skaal van 1:250?
A. 1 cm op die plan verteenwoordig 250 mm in die werklike lewe
B. 1 cm op die plan verteenwoordig 250 cm in die werklike lewe
C. 250 cm op die plan verteenwoordig 1 cm in die werklike lewe
D. 1 m op die plan verteenwoordig 250 m in die werklike lewe
1.1.5 Watter term beskryf die beste geld wat gereeld aan elektrisiteit en huur
bestee word?
A. Vaste uitgawes
B. Veranderlike uitgawes
C. Onreëlmatige inkomste
D. Kapitaalwins
(5 x 1)(5)
Bl. 2/ 6 www.summariessa.co.za Opsteller: CHR SMI
Graad: 10 Vak: Wiskunde G P2 Datum: SEPTEMBER 2025