Tyd: 1 uur
Punte: 55
Graad: 10
Vak: Wisk Geletterdheid
Vraestel: Kwartaaltoets 1
Naam en Van:
Instruksies en Inligting
• Beantwoord al die vrae.
• Skryf netjies en leesbaar.
• Gebruik jou sakrekenaar waar nodig.
• Toon alle bewerkings en skryf volledige antwoorde neer.
• Rond af soos aangedui.
• ’n Nie-programmeerbare sakrekenaar is toegelaat.
• Tydsduur: 1 uur, Totaal: 50 punte.
Hooftemas van die Toets
• Persoonlike Finansies
• BTW en Krediettransaksies
• Oppervlakte, Volume en Meetkunde
• Verf- en Watervolume-berekenings
Bl 1/6 www.summariessa.co.za Opsteller: CHR SMI
Graad: 10 Vak: Wisk Gelet Datum: SEPT 2025
, Vraag 1: Persoonlike Finansies
Lees die scenario noukeurig deur en beantwoord die vrae:
Die Botha-gesin stel hul maandelikse uitgawes op vir Julie 2025:
• Huur: R9 000
• Elektrisiteit en Water: R1 800
• Skoolgeld (2 kinders): R7 200 per jaar per kind (betaal oor 12 maande)
• Klere: R600
• Versekering: R12 000 per jaar
• Geskenke: R2 000 eenmalig
• Kos: R6 800
• Vervoer: R3 500
• Selfoondiens: R1 800
• Internet: R600
1.1.1 Verduidelik in jou eie woorde die verskil tussen vaste en veranderlike
uitgawes. Gee ‘n voorbeeld van elk. (3)
1.1.2 Noem een ongereelde uitgawe en verduidelik waarom dit ongereeld is. (3)
1.1.3 Bereken die maandlikse kostes vir skoolgeld vir beide kinders. (2)
1.1.4 Bereken die totale maandelikse uitgawes van die Botha-gesin. (4)
1.1.5 Indien hul netto inkomste R30 000 is, bereken die bedrag wat hulle
spaar of
oorbestee het. Stel een manier voor om hul uitgawes te verminder. (5)
[17]
Bl 2/6 www.summariessa.co.za Opsteller: CHR SMI
Graad: 10 Vak: Wisk Gelet Datum: SEPT 2025