Written by students who passed Immediately available after payment Read online or as PDF Wrong document? Swap it for free 4.6 TrustPilot
logo-home
Essay

Ontwerp Gr11 Opsommings

Rating
-
Sold
3
Pages
21
Grade
Grade 10 -11
Uploaded on
21-10-2020
Written in
2020/2021

Ontwerp Graad 11 Eindjaar eksamen voorbereiding Ontwerp geskiedenis opstelle: Industriele Revolusie, Kuns-en Kunsvlyt, Art Nouveau, Art Deco, Bauhaus, De Stijl, Modernisme, Skandinawies Omegwings en sosiale kwessies opstelle: Carol Boyes, Heath Nash, Zenzulu, Haldane Martin, Julie Bargmann, Blue Marmelade Ontwerpgeletterdheid: Universele ontwerp, Letter word 'n geintegreerde ontwerpelement, Oorloe, Revolusies en propoganda in RSA, Populere kultuur, Subkultuur VS Populere kultuur, Herlweing en retrotendense, Populere kultuur uit die verlede

Show more Read less
Institution
Course

Content preview

Industriele revolusie 1730 - 1840

Die uitvinding van masjiene vir massaproduksie het op 'n tyd gekom toe ryk handelaars en bankiers
wetlike en politieke regte verky het oor die adel wat grond besit het. Dit het gelei tot 'n nuwe
besigheidsklas.

Otwerp was van 'n baie lae standaard en geen geld is uitgegee om voorwerpe te vervraai nie. Die bedryf
het geen nut gesien om ontwerpers in diens te neem nie omdat wins belangriker was as goeie ontwerp.

Die Industrïele Revolusie het gelei tot oorvol stede en dorpe, swak sanitasie, siektes, groot skaalse
besoedeling, kinderarbeid en die ontstaan van middelklas. Die werksure was lank en die lone was min.
werkers het geen regte gehad nie, maar die meeste mense kon egter werk kry.

Die uitwerking van die Industrïele Revolusie was vinniger produksie deur masjiene, industrialisering,
bewustheid van menseregte, veiligheid in die werkplek, besoedeling, 'n tekort aan behuising in stede en
het mense laat besef dat handgemaakte produkte waardevol isen vir meer mense werk kan skep.

,Arts en Crafts 1850 - 1900

Die beweging is deur John Ruskin ingewy, 'n kunskritikus en skrywer. Die beweging was 'n reaksie op die
Industrïele Revolusie en die swak smaak en gehalte van massagerpoduseerde goedere, sieldodende
fabrieksomgewing wat fokus op produksie en nie gehalte nie en die afskeep van vakmanne se
vaardighede.

Hulle wou 'n alternatief vir die lelikheid van die laat 19de eeu se industrïele ontwerp bied. Daar was
klem gelê op natuurlike materiale soos hout, klip en leer met die gedagte om die mooiheid daarvan uit
te bring. Hulle wou goeie gehalte handgemaakte produkte produseer. Met die hoop om die werklike
werksproses te verbeter en sodoende die moraal van vakmanne te verbeter deur 'n nadere
werksverhouding tussen werker en ontwerper.

Die beweging is beïnvloed deur verskillende elemente. Baie het geglo dat morele standaarde afgeneem
het en het dus teruggekeer na die Gotiese styl se orde en stabiliteit. Elemente van die Engelse
kothuisstyl was gebruik soos onbehandelde vloerplanke, huismure van steen en onbedekte dakbalke.
Verder is plant-, voël- en diervorme in muurpapier en tekstiel ontwerp gebruik.

Eienskappe van die styl was onversierde, plaaslike, suiwer materiale, minimale ornamentasie. Ontwerpe
was van plante, diere en voëls. Handgemaakte voorwerpe het fabriekproduksie waar moontlik vervang.
Daar was klem op eenheid tussen vorm, funksie en versiering geplaas. Duidelike treffende kleure soos
blou, rooi, geel en enutrale kleure was gebruik. Terwyl sagte, golfagtige lyne en kronkelende patrone vir
grafika gebruik is.

'n Goeie voorbeeld van die beweging is William Morris wat Morris & Co gestig het, 'n leier van ontwerp
idees. Hy het ook die Kelmscott press drukkery gestig. Die Red House was vir Morris ontwerp deur Phillip
Webb. Dit het die beginsels van die beweging vertoon. Dit het later beïvloed wat Morris deur sy frima
bemark en was invloedryk in die verandering van mense se smake.

Die beweging wou die lewe van ontwerpers verbeter en produkte van gehalte en estetiese waarde
produseer.

, Art Nouveau 1880- 1905

Dit het uit die Arts en Crafts-beweging ontstaan as 'n eletiese styl. Dié styl was grootendeels van
oppervlakontwerp wat begin was deur Arthur Mackmurdo. Frankryk het die middelpunt van die beweging
geword.

Art Nouveau wou geskoolde vakmanskap aanspoor en die band tussen vakmanne en kunstenaars
bewerkstellig.

Dié styl is beïvloed deur die Japannese eenvoudige, vloeiende, dekoratiewe lyn en dowwe kleurareas.
Keltiese ontwerp en kunsvorms het liggaamsornamente en steensnywerk geïnspireer. Verder het
vikinglegendes romantiese idees en kwistige ornamentasie geïnspireer. Simbolisme was 'n kontemporêre
kunsbeweging wat óók dié styl beïnvloed het.

Art Nouveau kan gekenmerk word deur onderwerpe van voëls, diere en plante, die sweepslag lyn/
slangagtige lyne, vloeiende kurwes en vorms in meubels en voorwerpe. Verder word mother-of-pearl,
Lapis-lazuli, horing, ivoor en wisselkleurige glas in keramiek, glasware en juwele gebruik. Kleur was subtiel
en onderdruk. Laastens was samestellings altyd assimetries gebalanseer.

'n Goeie voorbeeld van die styl is die naaldekokerborsspeld deur René Lalique, 'n glasmaker van Parys. Die
ontwerp is 'n vroulike figuur in die vorm van 'n naaldekoker, met helderkleurige emalje en maanstene bo
en rondom die bolyf.

Die styl het pragtige handgemaakte voorwerpe geskep, maar het nie saam die tye beweeg nie en was dus
te duur en kon nie massa produksie gebruik nie.

Written for

Institution
Course

Document information

Uploaded on
October 21, 2020
Number of pages
21
Written in
2020/2021
Type
ESSAY
Professor(s)
Unknown
Grade
Grade 10 -11

Subjects

$11.82
Get access to the full document:

Wrong document? Swap it for free Within 14 days of purchase and before downloading, you can choose a different document. You can simply spend the amount again.
Written by students who passed
Immediately available after payment
Read online or as PDF

Get to know the seller

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
StudyG33k
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
172
Member since
5 year
Number of followers
150
Documents
0
Last sold
3 months ago
StudyGeek

Satisfying your studying needs Instagram: @studyg33k

4.4

21 reviews

5
12
4
6
3
3
2
0
1
0

Trending documents

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their tests and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can instantly pick a different document that better fits what you're looking for.

Pay as you like, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions