Tyd: 1 UUR (60 MIN.)
Punte: 50 PUNTE
Graad: 8
Vak: EBW FINANSIËLE GELETTERDHEID (REKENINGKUNDE)
Vraestel: 1
Naam en Van:
Instuksies en Inligting:
1. Lees eers deur jou hele vraestel.
2. Lees die vraag twee keer voordat jy begin.
3. Maak seker dat jy ALLE vrae beantwoord.
4. Skryf netjies en leesbaar.
5 As jy te veel met 'n vraag sukkel, gaan aan na die volgende een en keer terug
sodra jy al die ander vrae beantwoord het.
6. As die vraag 'n langer antwoord vereis, beplan voor jy begin skryf.
7. Vir enige antwoord langer as 1-2 woorde, skryf altyd in volsinne.
8. Maak seker dat jou antwoord die vraag beantwoord.
9. Gebruik korrekte grammatika, spelling en leestekens na die beste van jou vermoë.
10. As jy 'n fout maak, trek dit duidelik dood met 'n enkele, netjiese reël en skryf
eerder die korrekte antwoord neer.
11. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
12. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies vir elke vraag.
Sterkte met jou eksamen!
Onderwerpe in hierdie toets:
Finansiële Geletterdheid
Basiese Rekeningkunde Konsepte
Finansiële Terme
Finansiële State en Konsepte
Klassifikasie van Transaksies
Brondokumente
Besigheidstransaksies en Berekeninge
Bl 1 www.summariessa.co.za Opsteller: DAN SMI
EBW MAART
Graad: 8 Vak: Datum:
(REKENINGKUNDE) 2025
, VRAAG 1
Verskeie opsies word verskaf om die volgende vraag te beantwoord. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die korrekte letter langs die
vraagnommer neer.
1.1 (1)
Waarvoor staan die afkorting EFO?
A. Elektroniese fondstransaksie
B. Elektroniese Finansiële Oorplasing
C. Elektroniese Finansiële Transaksie
D. Elektroniese Fondsoorplasing
1.2 (1)
Vir watter van die volgende transaksies sal 'n
kasregisterstrokie gebruik word?
A. Aanlyn aankope
B. Elektroniese oorplasing
C. Kruideniersware inkopies by 'n Checkers
D. Kontantonttrekking by die OTM
1.3 (1)
Nico het besluit om ’n bankstaat af te laai wat 3 maande se
inligting bevat. Watter van die volgende datums
verteenwoordig drie maande?
A. 31 Augustus 2024 – 2 November 2024
B. 1 Januarie 2024 – 31 Maart 2025
C. 30 November 2024 – 1 Februarie 2024
D. 1 Junie 2024 – 31 Augustus 2024
1.4 Watter inligting word tipies in 'n bankstaat ingesluit? (1)
A. Lys van toekomstige beplande uitgawes
B. Opsomming van kredietkaartbeloningspunte
C. Gedetailleerde lys van persoonlike lenings
D. Opsomming van alle transaksies oor 'n spesifieke
tydperk
1.5 Watter van die volgende is 'n voordeel van die gebruik van
'n banktoepassing (banking app)?
Bl 2 www.summariessa.co.za Opsteller: DAN SMI
EBW MAART
Graad: 8 Vak: Datum:
(REKENINGKUNDE) 2025
, A. Beperkte toegang tot rekeninginligting
B. Hoër transaksiefooie
C. Gerieflike toegang tot bankdienste enige tyd
D. Langer verwerkingstye vir transaksies
[5]
ANTWOORDE
1.1
1.2
1.3
1.4
1.5
Bl 3 www.summariessa.co.za Opsteller: DAN SMI
EBW MAART
Graad: 8 Vak: Datum:
(REKENINGKUNDE) 2025