Written by students who passed Immediately available after payment Read online or as PDF Wrong document? Swap it for free 4.6 TrustPilot
logo-home
Exam (elaborations)

Test (elaborations) Afrikaans Huistaal

Rating
-
Sold
-
Pages
12
Grade
A
Uploaded on
16-01-2025
Written in
2024/2025

Assessments tasks for Afrikaans Huistaal, grade 8. Test for grondlynassessering (baseline assessment) Test and answer sheet and memorandum.

Institution
Course

Content preview

GRONDLYNASSESSERING GRAAD 8 JANUARIE 2025



AFRIKAANS HUISTAAL GRONDLYNASSESSERING
PUNTE: 50 TYD: 1 UUR


INSTRUKSIES
 Die toets bestaan uit VYF vrae:
 Lees al die vrae deeglik deur.
 Kies telkens die mees korrekte antwoord en maak ‘n kruis op die antwoordblad oor
die korrekte antwoord.
 Gee slegs EEN antwoord by elke vraag.
 Plaas die vraestel en antwoordblad langs mekaar op jou lessenaar en beantwoord
dan die vrae.

VRAAG 1 LEESBEGRIP
Lees die onderstaande leesstuk deeglik deur en beantwoord die vrae wat volg. ONTHOU
Jy moet die mees korrekte antwoord kies.


Maak dit jou beste skooljaar ooit!
Die nuwe skooljaar is hier! Hier is ‘n praktiese oorlewingsgids oor hoe om hoërskool
te oorleef en die beste van die jaar te maak.

Dis nie altyd maklik om in ‘n groot groep mense in te pas as elkeen sy eie sterk
persoonlikheid het. Maar onthou jy is uniek en moenie jouself probeer verander om in te pas
in ‘n groep nie. Groepsdruk is UIT. Wees jouself en floreer.

Dis juis op hoërskool wat jy jouself moet ontdek en as mens moet groei. Dink aan jou
toekoms en wie en wat jy eendag wil word. As jou maats jou wil druk om iets te doen wat nie
in jou toekomsplanne inpas nie, moet jy weet jy het die verkeerde maats en hulle pas
groepsdruk op jou toe.

Dit is ook baie belangrik om fiks en gesond te wees sodat jy uithouvermoë kan hê om aan
die uitdagings van die hoërskool te voldoen. Oefen gereeld en neem deel aan sport en eet
gesond.

Dit is BAIE belangrik om meer as agt ure slaap in ‘n nag te kry sodat jy altyd vars by die
skool kan wees. Daar is baie goed wat jou snags uit die slaap kan hou soos PlayStation,
Netflix en selfs Whatapps-groepies. As jy nie goed slaap nie, sal jy nie die volgende dag
vars in die klas voel en kan aandag gee en konsentreer nie.

As jou selfoon jou pla, sit dit in ‘n ander vertrek en probeer om elke aand op dieselfde tyd
bed toe te gaan. Doen jou huiswerk betyds sodat jy nie snags daarmee moet sukkel nie.


1

, GRONDLYNASSESSERING GRAAD 8 JANUARIE 2025
Nie net jou liggaam het rus nodig nie, jou verstand en gees het ook ontspanning nodig.
Praat met jou ouers of onderwysers as jy sukkel om te onstpan en aan die slaap te raak.

As daar iets is wat jou pla, praat met jou ouers of die skool se berader of iemand wat jy
vertrou oor jou probleme. Jy kan ook met ‘n goeie skoolmaat praat, maar soek hulp as die
situasie vir jou te moeilik raak.

Sukses met jou hoërskoolloopbaan en geniet elke oomblik daarvan. Dit gaan baie gou
verby.

Deur: Colin Hendricks en Jody Lynn Taylor.

[Aangepas uit Huisgenoot, 16 Januarie 2020]



1.1 Voltooi die volgende sin deur die korrekte antwoord te kies uit die moontlikhede wat
gegee word.

Die doel van hierdie oorlewingsgids is:
A hoe om baie sakgeld te maak met jou stokperdjie.
B hoe om die hoërskool te oorleef.
C hoe om jou te leer hoe om jou sussie of boetie met huiswerk te help.
D hoe om speletjies op jou selfoon te speel.

1.2 Wanneer ‘n persoon “uniek” is, beteken dit dat:
A die persoon sal swig voor groepsdruk.
B daar baie mense is wat net soos die persoon is.
C niemand anders soos daardie persoon is nie.
D die persoon almal na-aap.

1.3 Groepsdruk beteken om:
A geen vriende te hê nie.
B baie vriende te hê.
C te doen wat jy weet die beste vir jou toekoms is.
D altyd te doen wat jou maats sê jy moet doen.

1.4 Dit is belangrik om fiks en gesond te wees sodat:
A jy aan die uitdagings van die hoërskool kan voldoen.
B altyd laat kan gaan slaap.
C sodat jy krag het om by jou vriende te gaan kuier.
D sodat jy jou ouers met huis- en tuinwerk kan help.




2

Written for

Institution
Course
Schooljaar
200

Document information

Uploaded on
January 16, 2025
Number of pages
12
Written in
2024/2025
Type
Exam (elaborations)
Contains
Questions & answers

Subjects

$3.17
Get access to the full document:

Wrong document? Swap it for free Within 14 days of purchase and before downloading, you can choose a different document. You can simply spend the amount again.
Written by students who passed
Immediately available after payment
Read online or as PDF

Get to know the seller
Seller avatar
sanetgouws

Also available in package deal

Get to know the seller

Seller avatar
sanetgouws Homeschool
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
-
Member since
5 year
Number of followers
0
Documents
4
Last sold
-

0.0

0 reviews

5
0
4
0
3
0
2
0
1
0

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their tests and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can instantly pick a different document that better fits what you're looking for.

Pay as you like, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Working on your references?

Create accurate citations in APA, MLA and Harvard with our free citation generator.

Working on your references?

Frequently asked questions