Written by students who passed Immediately available after payment Read online or as PDF Wrong document? Swap it for free 4.6 TrustPilot
logo-home
Document preview thumbnail
Preview 3 out of 24 pages
Summary

Summary Geskiedenis Graad 12 Opstelvrae Vir Vraestel 1

Document preview thumbnail
Preview 3 out of 24 pages

Opstel vrae vir vraestel 1 Graad 12 Geskiedenis

Content preview

Monya Le Hanie

,VRAESTEL 1:

AFDELING B: OPSTELVRAE

1. DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG
Vraagfokus: Die tydperke in die oorlog
1.1. 1957 – 1965: Stryd in Viëtnam tussen die Suid-Viëtnamese weermag en die kommunisties-
opgeleide rebelle (ook bekend as Viëtkong)




 Inleiding
- Diem se regering in Suid-Viëtnam was spoedig ongewild en bekend vir onderdrukking.
- Hulle het geen noemenswaardige hervormings tot stand gebring ten gunste van die mense
nie, byvoorbeeld die herverdeling van grond.
- Teenstand teen die regering van die Suide het al hoe sterker geword.
- In 1960 is die Nasionale Bevrydingsfront, wat bestaan het uit baie anti-regerings-
organisasies, in die Suide gestig.
- Dit het spoedig ’n Trojaanse perd geword en ’n guerrilla-weermag gevorm, wat later die
“Viëtkong” (Viëtnamese Kommuniste) genoem is deur die regering van die suide.
- Die Viëtkong is in die noorde deur die Vietminh opgelei en na die suide teruggestuur om
teen die Suid-Viëtnamese weermag, en later teen die Amerikaners, te veg.
- Die Viëtkong (VK) se kenmerkende taktiek was guerrilla-oorlogvoering.
- Hierdie taktiek het gewerk vir die Chinese in hul burgeroorlog en die Viëtkong het dit
aangeneem.
- Die enigste manier waarop die VK suksesvol kon funksioneer was met die ondersteuning van
die plaaslike kleinboere.
- Hulle het dus probeer om hierdie mense goed te behandel en beloof om hulle grond te gee
sodra die vyand verslaan is.
- Op hulle beurt het die kleinboere vir die guerrillas kos, skuiling en wegkruipplek gegee.
- Terwyl hulle die kleinboerdorpies gebruik het as hul basis, het die guerrillas uitbeweeg en
eenhede van die Suid-Viëtnamese Weermag en Amerikaanse patrollies aangeval.

, - Hulle het dan in die oerwoud verdwyn, waar hulle by kleinboere geskuil het of in
ondergrondse tonnels wat spesiaal vir hulle gebou is.
- Wanneer die Amerikaners hulle aanvallers na ’n sekere plek agtervolg het, het hulle dikwels
gevind dat daar net geen teken van hulle was nie.
- Hierdie VK-oorlogstegniek was vir die Amerikaners baie frustrerend: selfs wanneer hulle die
tonnels gevind het waarin die guerrillas geskuil het, was hulle te groot om in die tonnels te
pas om hul vyande te agtervolg.
- Die Viëtkong het manskappe, wapens en toerusting ontvang, hoofsaaklik via die Ho Chi
Minh-roete, ’n voorraadroete uit die noorde tot aan die buitewyke van Laos en later
Kambodja.
- Dit was ’n komplekse netwerk van roetes eerder as ’n enkele roete.
- Teen die einde van 1964 was die Viëtkong ongeveer 300 000 manskappe sterk.
- Aanvanklik was hulle baie swak bewapen, maar hulle het later Sowjet-wapens, Russiese
aanvalsgewere en ander wapens gekry.
- Die Ho Chi Minh-roete is opgegradeer om baie nuttige dinge in te sluit: paaie en brûe, ’n
stelsel van teen-vliegtuig wapens, barakke (waar die soldate gewoon het), werkswinkels,
hospitale, pakstore en brandstof-depots, baie daarvan ondergronds.
- Dit het beteken dat teen die tyd dat die VSA besluit het om grondtroepe in Maart 1965 na
die oorlog te stuur, die kommunistiese meer as gereed was vir hulle.
- Die Ho Chi Minh-roete was van kritieke belang vir die voortbestaan van die VK se
oorlogspoging.
- Die Amerikaners het die roete probeer bombardeer, maar hulle kon dit nie goed sien vanuit
vliegtuie nie.
- Hulle het ook probeer om myne te stel en het doringdraad gespan oor die roete, maar dit
het hulle sigbaar gemaak vir aanvalle deur die VK-soldate.
- In 1962 het die Suid-Viëtnamese regering, met die ondersteuning van die Amerikaners, ’n
“strategiese dorpe- program” ingestel.
- Die idee was om plattelandse kleinboere in spesiale beskermde dorpies te plaas waar hulle
beskerm sou wees teen die Viëtkong- troepe en hul invloed.
- Die kleinboere sou ook wapens ontvang en opgelei word hoe om hulle te gebruik.
- Die strategiese dorpe moes ook ekonomies, polities, sosiaal en kultureel ontwikkel word.
- Ten spyte van baie Amerikaanse finansiële ondersteuning, is die program so vinnig ingestel
dat die dorpies dikwels nie behoorlik beskerm is nie.
- Die beleid was ook baie ongewild onder die kleinboere omdat dit dikwels behels het dat
mense met geweld van hul eie dorpies verwyder is om elders geplaas te word.
- Om hulle grond so agter te laat was vir die meeste Viëtnamese ’n ernstige probleem omdat
hulle voorvaderaanbidders was en hulle het diep ongelukkig gevoel om hulle voorvaders se
oorskot so agter te laat.
- Die Viëtkong het baie van die strategiese dorpe beset en beslag gelê op die kleinboere se
wapens.
- Teen die einde van 1963 was dit duidelik dat die beleid ’n totale mislukking was.

Document information

Schooljaar
200
Uploaded on
September 4, 2024
Number of pages
24
Written in
2023/2024
Type
Summary
$7.61

Wrong document? Swap it for free Within 14 days of purchase and before downloading, you can choose a different document. You can simply spend the amount again.
Written by students who passed
Immediately available after payment
Read online or as PDF

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
monyalehanie
4.8
(6)
Sold
13
Followers
6
Items
12
Last sold
2 months ago


Reviews from verified buyers



Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their tests and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can instantly pick a different document that better fits what you're looking for.

Pay as you like, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Working on your references?

Create accurate citations in APA, MLA and Harvard with our free citation generator.

Working on your references?

Frequently asked questions