Tyd / Time: 1 uur
Punte / Marks: 50
Graad / 7
Grade:
Vak / Subject: Tegnologie
Vraestel / 1
Paper:
Naam en Van / Name and
Surname:
Algemene instruksies vir die skryf van toetse
1. Gaan vinnig deur jou hele vraestel.
2. Lees ‘n vraag 2x deur voor jy daarmee begin.
3. Maak seker jy antwoord alle vrae.
4. Skryf netjies en leesbaar.
5 As jy te veel sukkel met ‘n vraag, beweeg aan na die volgende vraag en kom
terug nadat alle ander vrae beantwoord is.
6. Vir langer vrae, maak seker jy beplan jou antwoord voordat jy begin skryf.
7. Vir enige antwoord langer as 1-2 woorde, skryf altyd in volsinne.
8. Maak seker elke punt verwys terug na die sentrale vraag.
9. Gebruik die korrekte grammatika, spelling en leestekens na die beste van jou
vermoë.
10. As jy ‘n fout maak, trek dit duidelik dood met ‘n enkel, netjiese lyn en skryf
die korrekte antwoord neer.
11. Nommer die antwoorde korrek volgens die numering stelsel in hierdie
vraestel.
12. Stel jou antwoorde korrek voor volgens die instruksies van elke vraag.
Baie sterkte met jou eksamen!
Onderwerpe wat in hierdie vraestel gedek word:
Magnete
Herwinning
Elektriese stroombane en elektromagnete
Krukke en katrolle
Bl / Pg 1/8 www.summariessa.co.za Opsteller / DAN SMI
Author:
Graad / 7 Vak / Tegnologie Datum / Date: Sept 2024
Grade: Subject:
, VRAAG 1
Kies die regte antwoord. Skryf net die letter van jou antwoord in die
blokkie langs die vraag neer.
1.1 Watter van die volgende voorwerpe is nie 'n magneet nie?
A. 'n Ysterspyker
B. 'n Houtblok
C. 'n Paperclip
D. 'n Skroef
1.2 Wat word 'n magneet genoem wat altyd 'n konstante magnetiese
krag uitoefen?
A. Tydelike magneet
B. Permanente magneet
C. Elektromagneet
D. Solenoïde
1.3 Hoe beweeg magnete wanneer hul teenoorgestelde pole na mekaar
toe gedraai word?
A. Hulle trek mekaar aan
B. Hulle stoot mekaar af
C. Hulle draai weg van mekaar
D. Hulle verander nie
1.4 Watter komponent is nie deel van 'n eenvoudige elektriese
stroombaan nie?
A. Sel
B. Skakelaar
C. Gloeilamp
D. Skroewedraaier
Bl / Pg 2/8 www.summariessa.co.za Opsteller / DAN SMI
Author:
Graad / 7 Vak / Tegnologie Datum / Date: Sept 2024
Grade: Subject:
, 1.5 Wat gebeur met die magnetiese krag van 'n elektromagneet
wanneer die elektriese stroom afgeskakel word?
A. Dit word sterker
B. Dit bly dieselfde
C. Dit verdwyn
D. Dit wissel
(5 x 1)(5)
[5]
VRAAG 2
Kies die korrekte woord uit die blokkie hieronder en vul die ontbrekende
woord in die sinne.
Permanente, kwaliteit; magneet, omgewing; bewegende, krag
2.1 'n ___________________ kan ander magnetiese voorwerpe aantrek.
2.2 Die _____________________ tussen twee magnete kan hulle na mekaar
aantrek of wegstoot.
2.3 'n ______________________ magneet oefen te alle tye 'n konstante
magnetiese krag uit.
2.4 Die _____________________ krag van 'n magneet kan 'n ander magneet
laat beweeg sonder om daar aan te raak.
2.5 Papier wat elke keer herwin word verloor 'n deel van sy
___________________________.
Bl / Pg 3/8 www.summariessa.co.za Opsteller / DAN SMI
Author:
Graad / 7 Vak / Tegnologie Datum / Date: Sept 2024
Grade: Subject: