Rekeningkunde
Formele toets – Kwartaal 2
Totaal:50 punte Tyd:1 uur
Leerder se naam: _________________________________ Gr. 9: __________.
Instruksies en inligting:
Hierdie vraestel bestaan uit twee vrae, beantwoord albei vrae.
Die gebruik van 'n sakrekenaar word nie toegelaat nie.
Geen Tip – Ex mag gebruik word nie.
Toon al die stappe wat nodig was om by die antwoord uit te kom.
Sterkte!!
Inhoud wat in hierdie vraestel behandel word
Rekeningkundige konsepte
Klassifikasie van rekeninge
Berekening van kosprys, verkoopprys en wins
Krediettransaksies en teorie van kontanttransaksies
Kontantbetalingsjoernaal
Kontantontvangstejoernaal
, AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Noem of die volgende stelling waar of onwaar is:
1.1.1 In 'n proefbalans sal kapitaal aan die debietkant ingeskryf word.
1.1.2 'n Lening word as 'n bate geklassifiseer.
1.1.3 Wanneer handelsvoorraad gekoop word, sal bank vermeerder en handelsvoorraad
sal verminder
1.1.4 Die nasionale kredietwet word gebruik om billike en verantwoordelike uitleenpraktyke
te verseker.
1.1.5 Verkope sal eienaarsbelang verhoog.
(5 x 1)(5)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die korrekte woord tussen hakies te onderstreep.
1.2.1 Die debietkant moet altyd (meer as; gelyk aan) die kredietkant in 'n sproefbalans
wees.
1.2.2 Ontrekkings is 'n eienaarsbelang, maar ons hanteer dit soos 'n (uitgawe; inkomste).
1.2.3 In die algemene grootboek sal inkomste en uitgawes begin met (totale ; saldo's)
1.2.4 Grond en geboue sal as 'n bate geklassifiseer word, wat beteken dat in die algemene
grootboek hierdie rekening aan die debietkant sal (vermeeder/verminder).
1.2.5 Die formule vir die berekening van wins is:
(kosprys + verkoopprys / verkoopprys – kosprys)
(5 x 1)(5)
TOTAAL AFDELING A: 10 PUNTE
2|Page www.summariessa.co.za EBW – Rekeningkunde
Graad 9 Junie Vraestel 2