100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached 4.2 TrustPilot
logo-home
Summary

Summary Ekonomie Graad 11 Kwartaal 1 Opsommings

Rating
-
Sold
4
Pages
28
Uploaded on
13-05-2024
Written in
2023/2024

'n Volledige stel opsommings van werk gedek in Graad 11 Ekonomie tydens kwartaal 1. Volgens die KABV-kurrikulum riglyne.

Institution
Course










Whoops! We can’t load your doc right now. Try again or contact support.

Written for

Institution
Course
Schooljaar
200

Document information

Uploaded on
May 13, 2024
Number of pages
28
Written in
2023/2024
Type
Summary

Subjects

Content preview

EKONOMIE GRAAD 11
KWARTAAL 1
OPSOMMINGS


ONDERWERP 1: BASIESE BEGRIPPE, BEVOLKING EN ARBEIDSMAG
Ontleding van die produksiefaktore en die vergoeding wat dit ontvang
a. GROND (NATUURLIKE HULPBRONNE)
Grond sluit al die vrye uitgawes van die natuur in soos grond, water, plante, vis, wild, minerale, die weer en
atmosfeer.
Die mens kan grond (Natuurlike hulpbronne) ontgin, maar kan dit nie hernu as dit uitgeput is nie.
EIENSKAPPE

1. Hul aanbod is vas
- As ons al ons grond gebruik, gasse ontgin en minerale uitgehaal het, kan dit nie hernu word nie.
- As woude, vis, water en wild uitgeput is, kan ons dit nie herstel nie.
- Maar dis moontlik om wetenskaplike tegnologie te gebruik om die produktiwiteit van sommige hulpbronne
te verbeter bv. boere kan bemisting gebruik om produksie op grond te verhoog.
- Dis duur om tegnologie aan te wend.
- Die aanbod van hulpbronne is vas of beperk.

2. Dit is gawes van die natuur
- Minerale, gas, hout, vis, wild, vars water en skoon lug is deel van die aarde, en die see en atmosfeer word
gratis deur natuur verskaf.
- As produsente dit as insette in produksieproses wil gebruik, moet hul kapitaal (masjinerie) en arbeid
aanwend om dit te ontgin, bewerk, laat groei en te oes.

3. Dit moet verder verwerk word
- Meeste natuurlike hulpbronne kan nie op hul eie en in hul natuurlike staat mense se behoeftes bevredig nie.
- Moet verder verwerk word.
- Produsente moet dit tot grondstowwe of ander bruikbare goedere verwerk voordat dit behoeftes kan
bevredig.
4. Dit raak uitgeput en kan vernietig word
- Minerale bronne en fossielbrandstowwe word opgebruik wanneer dit ontgin word (nie-hernubaar).
- As boere nie kunsmis gebruik nie, sal landbougrond onvrugbaar wees en vermoë om gewasse te produseer
sal afneem.
- Kommersiële visserye, afkap van bome en jag van wild sal ons vis-, woud-, en wildbronne uitput as
ontginning en oes nie beheer word nie.
- Hierdie hulpbronne staan as hernubare hulpbronne bekend.



BELANGRIKHEID

, 1. Natuurlike hulpbronne maak ekonomiese aktiwiteite volhoubaar
- Ons grond en water verskaf grondstowwe vir produksie van ekonomiese goedere.
- Bodem en hemelruim verskaf minerale en ruimte vir geboue en plante.
- Atmosfeer voorsien ‘n snelweg vir Vervoer en kommunikasie.
- Natuurlike hulpbronne maak aktiwiteite van primêre nywerhede volhoubaar.
- Gedeelte van produksie van primêre nywerhede wat nie verbruik word nie, word as grondstowwe deur
sekondêre nywerhede gebruik (intermediêre goedere).
- Eindprodukte word in die dienstenywerheid gebruik om te stoor, vervoer, te handel, finansier en te gebruik.
- Alle menslike aktiwiteite sluit een of ander element van natuurlike hulpbronne in.


2. Natuurlike hulpbronne verryk ons lewens
- Grond verskaf aan ons ruimte om te kan stap, vakansie te hou en die mooi omgewing te geniet.
- Water verskaf ‘n bron van vermaak.
- Atmosfeer verskaf vars lug en ‘n skoon oop hemelruim.
- Wanneer ons natuurlike hulpbronne vir ekonomiese doeleindes gebruik, vernietig ons dinge wat ons lewens
verryk.
VERGOEDING

 Huur- minimum bedrag geld wat ‘n eienaar van grond, arbeid of kapitaal moet ontvang vir die gebruik van
die hulpbron.
 Ekonomiese huur- die ekstra bedrag verdien deur ‘n hulpbron (bv. grond, kapitaal of arbeid) uit hoofde van
huidige gebruik.
 Tantieme- ‘n betaling aan ‘n eienaar vir die voortgesette gebruik van hul bates of eiendom, soos patente,
kopiereg werke, franchises of natuurlike hulpbronne.

Faktore wat huur beinvloed= vraag en aanbod, klimaat, ligging, kwaliteit, tegnologie.


b. ARBEID
Niks kan vervaardig word sonder die insette van mense nie. Arbeid sluit in al die werk wat mense doen (vaardig of
ongeskoold/ liggaamlik of geestelik).
Werklose mense word ook beskou as deel van die arbeidsmag as hul gewillig en in staat is om te werk.
EIENSKAPPE
1. Arbeid kan nie van die werker geskei word nie
- Arbeid word deur mense verskaf en is deel van sy eienaar (kan nie van hom geskei word nie).
- Werksbevrediging dra by tot die kwaliteit en kwantiteit van die werk wat gelewer word.

2. Arbeid kan nie gestoor of opgeberg word nie
- Jy kan nie jou arbeid wegstoor as jy jonk en gesond is en dit verkoop as jy ouer is nie.
- Arbeidsvermoë verdwyn met tyd.
- Arbeid wat jy nie inspan nie is vir altyd verlore.

3. Arbeid wissel in kwaliteit
- Kwaliteit werk wat mense met dieselfde opleiding lewer, verskil.
- Hoe meer gekompliseerd die taak is, hoe meer sal die kwaliteit van werk wat gelewer word verskil.

, - Spesialisasie van arbeid is belangrik.
BELANGRIKHEID
1. Hoeveelheid
- Die werksmag in Suid-Afrika neem elke jaar toe.
- Werkloosheidsyfer is hoog.
- Die arbeidsmag moet die regte hoeveelheid geskoolde en half-geskoolde arbeid beskikbaar hê.
- Tekort aan tegnies geskoolde arbeid is ‘n groot probleem in Suid-Afrika.
- Hoofrede vir styging in werkloosheid is die verbetering in doeltreffendheid van Suid-Afrikaanse
sakeondernemings.

2. Kwaliteit
- Gehalte van werksmag hang van 3 faktore af: 1 Skoolonderwys 2 Werksverwante opleiding 3 Gesondheid
VERGOEDING

- Bestaan uit salarisse (per maand) en lone (per week).
- Ekonomie onderskei tussen nominale en reële lone.
- Nominale lone is die bedrae wat die werker elke week ontvang.
- Reële lone is die hoeveelheid goedere en dienste wat iemand met ‘n nominale loon kan koop.

c. KAPITAAL
Dit is die geld wat belê word in masjinerie en toerusting wat in die produksieproses gebruik word om die vorm van
materiaal in nuttige goedere en dienste te verander.
Dit is ook welvaart in die vorm van geld of ander bates wat deur ‘n persoon of organisasie besit word of beskikbaar
is vir ‘n doel soos om ‘n maatskappy te begin of te belê.
EIENSKAPPE
1. Kapitaal word besit
- Bv. deur sakeondernemings, verbruikers of die staat.
- Kapitaalgoedere word deur mense vervaardig.

2. Kapitaal word verbruik
- Gebeur tydens produksieproses
- Meeste kapitaal word deur sakeondernemings verbruik.

3. Kapitaalvorming vereis ‘n opoffering
- Produksie van kapitaalgoedere staan as kapitaalvorming bekend.
- Kapitaalgoedere (Masjinerie) maak spesialisasie moontlik.
- Doeltreffendheid is die toestand waar produksie teen die laagste moontlike koste geskied, en vermorsing tot
minimum beperk is.


BELANGRIKHEID
Belangrikheid van kapitaal lê opgesluit in die verhouding tot ekonomiese groei.

Get to know the seller

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
esteterblanche i-to-i TEFL
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
46
Member since
2 year
Number of followers
22
Documents
12
Last sold
2 months ago
TEFL assignments

4.4

7 reviews

5
5
4
0
3
2
2
0
1
0

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their tests and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can instantly pick a different document that better fits what you're looking for.

Pay as you like, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions