LETTERKUNDE
VRAESTEL 2
GRAAD 10
JUNIE 2023
PUNTE: 70 TYD: 2 UUR 30MIN
EKSAMINATOR: ______________
MODERATOR: ______________
DEPARTEMENTSHOOF: _______________
HIERDIE VRAESTEL BESTAAN UIT 10 BLADSYE.
,INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.
AFDELING A: GEDIGTE [35]
AFDELING B: KORTVERHALE [35]
2. Lees ALLE instruksies baie goed deur.
3. Beantwoord AL die vrae in hierdie vraestel.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Trek ʼn streep na elke afdeling.
6. Nommer die antwoorde PRESIES soos dit op die vraestel genommer is.
7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.
8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9. Beplan jou tyd so:
AFDELING A: 75 minute
AFDELING B: 75 minute
10. Skryf NETJIES en LEESBAAR.
11. Skryf slegs in BLOU of SWART ink.
2|Page w w w. s u m m a r i e s s a . c o . z a A f r i k a a n s E AT
Graad 10 Junie Vr a e s t e l 2
, AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: Halala Afrika – Johannes Kerkorrel
Lees die onderstaande gedig en beantwoord die vrae wat volg.
1 Toe die wêreld hier nog jonk was
2 en die horison wyd en oop
3 was dit groen hier in die halfrond
4 suid van die ewenaar
5 en in die skemer as die son sak
6 en die beeste huis toe loop
7 klink die roepstem van die vroue
8 oor die heuwels van die land
9 halala, halala
10 ewig is ons afrika
11 tula tula mtanami
12 tula tula sanaboni
13 tula tula mtanami
14 ubab uzobuya sihlale naye
15 ubab uzobuya sihlale sonke, hmmm-hmmm
16 toe kom die skepe uit die weste
17 wit seile oor die see
18 om te vra vir kos en water
19 en te bly vir soveel meer
20 en die land wat een tyd oop was
21 die land het ons verruil
22 vir die ghetto’s van die stede
23 is ons koperdraad gegee
24 halala, Afrika
25 sasiphila kamnandi
26 mayibuye afrika
27 Daar was rykdom in die maag
28 van ons moeder afrika
29 diamante, steenkool, goud, edel metaal
30 en die mense word die slawe hier
31 want die mense word betaal
32 om te tonnel in die aarde
33 elke greintjie uit te haal
34 en die groot en oop grasvlaktes
35 span dit toe met doringdraad
36 en van die olifant tot die gemsbok
37 al die diere moes kom buig
38 voor die mag van die grootwildjagter
39 voor die mag van sy groot geweer
40 totdat net die stilte oorbly
3|Page w w w. s u m m a r i e s s a . c o . z a A f r i k a a n s E AT
Graad 10 Junie Vr a e s t e l 2