BESIGHEIDSTUDIES
JUNIE 2024
VRAESTEL 1
PUNTE: 100
TYD: 1½
www.summariessa.co.za
,INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek VYF hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTE
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie
afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en let op wat vereis word.
Let daarop dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vrae
in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde noukeurig volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word. Geen punte sal toegeken word vir verkeerd genommerde
antwoorde nie.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne geskryf
word.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir nasien en tydtoedeling wanneer elke
vraag beantwoord word.
AFDELING A VRAAG PUNTE TYD
A: KORTVRAE
1 20 15
VERPLIGTE
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 20 30
KEUSE: Beantwoord enige TWEE 3
C: TWEE opsteltipe vrae 4 40 45
KEUSE: Beantwoord enige EEN. 5 40
TOTAAL 100 90 MIN
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
2|Page www.summariessa.co.za Besigheidstudies
Graad 10 Junie Vraestel 1
, AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord
en skryf slegs die letter (A-D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Watter entiteit verseker dat ingevoerde goedere aan Suid-Afrikaanse kwaliteitstandaarde
voldoen?
A. SABS
B. SAL
C. SAUK
D. SAQS
1.1.2 … deel vorm van die eksterne besigheidsomgewing?
A. werknemers
B. wetgewing
C. bestuurders
D. missiestelling
1.1.3 A … sal in die tersiêre sektor van die ekonomie geklassifiseer word.
A plaas
B fabriek
C haarkapper
D houtkapper
1.1.4 Watter funksie binne 'n besigheid is primêr verantwoordelik om tred te hou met die inkomste
en uitgawes van die besigheid.
A Administrasie funksie
B Finansiële funksie
C Bemarking
D Algemene bestuur
3|Page www.summariessa.co.za Besigheidstudies
Graad 10 Junie Vraestel 1