EKONOMIE
KWARTAAL 2 – FORMELE ASSESSERING
TOTAAL: 50 punte Tyd: 1 uur
Leerder se naam: ____________________________________ Gr. 8: __________.
Instuksies en inligting:
Hierdie vraestel bestaan uit vyf vrae, beantwoord al die vrae.
Geen Tip-Ex mag gebruik word.
Skryf in volsinne tensy ander instruksies gegee word
Sterkte!!
________________________________________________________________
Die volgende onderwerpe word in hierdie vraestel getoets.
Die regering
Die nasionale begroting
Lewensstandaard
Produksiefaktore
1|Page w w w.summariessa.co.za EBW
Graad 8 Junie Vraestel 1
, VRAAG 1
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte
antwoord en skryf die letter (A-D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) neer.
1.1.1 Wat word goedere of dienste genoem wat nodig is vir oorlewing en welstand?
A Noodsaaklike behoeftes
B Primêre goedere
C Basiese behoeftes
D Verpligte items
1.1.2 Daar bestaan TWEE soorte samelewings naamlik …
A ryk en arm
B koud en warm
C ontwikkel en nie-ontwikkel
D Stedelik en landelik
1.1.3 Wat is die term vir 'n ruilmiddel wat gebruik word om transaksies te fasiliteer?
A Geld
B Geldeenheid
C Ruilhandel
D Ruil items uit
1.1.4 Daar is ________ vlakke van regering in Suid-Afrika.
A Drie
B Agt
C Een
D Vyf
1.1.5 Die NEGE provinsies van Suid-Afrika word gelei deur:
A Burgemeesters
B Leiers
C Presidente
D Premiers (5)
2|Page w w w.summariessa.co.za EBW
Graad 8 Junie Vraestel 1