Graad 11
Eksaminator: Me N.Harmse
Datum: MAART 2024 Tyd: 1 uur 30 minute
Totaal: 75
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskillende opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.5)
op die FOLIOPAPER neer, bv. 1.1.6 E.
1.1.1 ‘n Organisme wat uit slegs een sel bestaan.
A. Meersellig.
B. Eensellig.
C. Outotrofies.
D. Heterotrofies.
1.1.2 ‘n Organisme wat ‘n parasiet huisves.
A Patogenies.
B Nukleoïed.
C Asellulêr.
D Gasheer.
1|Page www.summariessa.co.za Lewenswetenskappe
Graad 11 Maart Vraestel
, 1.1.3 Virusse kan bakterieë, protiste, plante en diere besmet. Virusse wat bakterieë besmet staan
bekend as:
A. Bakteriofage.
B. Patogenies.
C. Parasiete.
D. Mikroskopies.
1.1.4 Plante of swamme wat op dooie of verrotte weefsels van ander organismes voed
A. Heterotrofies.
B. Eukarioties.
C. Prokarioties.
D. Saprofities.
1.1.5 ‘n Klein, sirkelvormige, dubbelstring DNA-molekule wat onderskei kan word van ‘n sel se
normale chromosale DNA
A. Tweedeling.
B. Endospoor.
C. Plasmied.
D. Fagellum.
[5 x 2 = 10]
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer neer. (1.2.1 tot 1.2.5) op jou FOLIO
VRAESTEL.
1.2.1 Baie klein plante (alge) wat op/of naby die oppervlak van water dryf.
1.2.2 Organismes wat hul eie voedsel kan vervaardig, bv. groen plante, alge en sommige
bakterieë.
1.2.3 Enige enkel organisme of meersellige groep organismes wat ‘n membraangebonde kern
het wat die genetiese materiaal omsluit.
1.2.4 ‘n Netwerk van meersellige, draadagtige filamente wat die miselium van ‘n fungus vorm.
1.2.5 Draadagtige strukture wat laer plante en fungi aan ‘n oppervlakte vasheg (anker).
[5]
2|Page www.summariessa.co.za Lewenswetenskappe
Graad 11 Maart Vraestel