REKENINGKUNDE
KWARTAAL 1
TOETS
PUNTE: 50
TYD: 1 UUR
www.summariessa.co.za
, AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord
en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Die enigste rede waarom ’n persoon ’n onderneming begin is om ’n wins te maak. Hierdie
verwys na die ...
A. harde werk
B. winsmotief
C. ondernemingsentiteit
D. transaksies
1.1.2 Watter een van die volgende definisies beskryf debiteure
A. Persone of ondernemings vir wie ons geld skuld
B. Die geld wat die onderneming in die bank het.
C. Persone of ondernemings wat ons onderneming geld skuld.
D. Besittings van die onderneming
1.1.3 Watter een van die volgende items sal beskou word as ’n finansiële bate vir die
onderneming?
A vaste deposito
B lening
C eienaarsbelang
D wisselgeld
1.1.4 “Oortrokke bank” kan beskryf word as ...
A geld wat die onderneming in hulle rekening gespaar het
B die onderneming kan meer geld onttrek as wat beskikbaar is in hulle rekening.
C geld wat aan die bank betaal word vir die gebruik van die rekening
D ’n rekening waar baie verskillende transaksies gebeur.
1.1.5 Watter een van die volgende vergelykings verteenwoordig die rekeningkundige vergelyking.
A Bates = Inkomste + Uitgawes
B Bates = Eienaarsbelang + Laste
C Eienaarsbelang = Bates + Inkomste
D Laste = Eienaarbelang – Inkomste x Uitgawes (5 x 2) (10)
2|Page www.summariessa.co.za Rekeningkunde
Graad 8 Maart Vraestel