GRAAD 9 – TEGNOLOGIE
WOORDELYS:
Eerstehoekse ortografiese tekening
‘n 2D-tekening wat 3 of 4 aansigte van dieselfde voorwerp wys
Kragte
Fisiese energie wat beweging moontlik maak
Statiese kragte
Nie-bewegende kragte
Dinamiese kragte
Bewegende kragte
Weerstaan
Bied weerstand sonder om te breek
Stapelbeddens
Twee beddens bo-op mekaar, wat ondersteun word deur ‘n raamwerk
Spanning
Afstand tussen 2 steunpunte; krag wat elektriese stroom laat vloei;
drukverskil
Flense
Rand aan ‘n wiel, buis of balk wat uitsteek om te lei
Massa
Hoeveelheid stof wat ‘n liggaam bevat
Digtheid
Mate waarin deeltjies naby aan mekaar is
Hardheid
Eienskap van materiaal om weerstand te bied
Styfheid
Toestand van styf wees, kan nie buig of wring nie
Smeerbaarheid
,Eienskap van metaal om van vorm te verander
Gravitasiekrag
Krag wat alle liggame in die heelal na mekaar toe trek
Fatsoenering
Behels die byvoeging of verwydering van materiaal
Duursaamheid
Wat lank goed bly en bestand is teen enige vorm van verwering
Treksterkte
Die vermoë om trekkragte te weerstaan
Termiese geleiding
Vermoë van materiaal om hitte te gelei
Korrosie
Verwering deur roes, water, wind, gasse
Oksideer
Met suurstof verbind
Pneumatiese stelsel
Stelsels wat met saamgeperste lug werk
Hidrouliese stelsel
Stelsels wat met saamgeperste vloeistowwe werk
Kragoordrag
Oordra van krag om beweging te veroorsaak
-Meesterspuit
Die insetspuit in die eksperiment om die oordrag van krag tussen twee
verskillende stelsels te ondersoek
Slaafspuit
Die uitsetspuit in die eksperiment om die oordrag van krag tussen twee
verskillende stelsels te ondersoek
Suier
, Plat of ronde stuk hout of yster wat dig in ‘n buis of hol silinder pas waarin
dit as deel van ‘n pomp heen en weer onder druk kan beweeg
Silinder
‘n Geometriese liggaam met 2 ewewydige sirkels en paralelle kante wat
verkry is deur ‘n reghoeg om die kante van die sirkels te draai
Verplasing
Oordrag van volume lig of vloeistof na ‘n ander plek
Stewig
-koppel- om iets behoorlik te Koppel sodat niks lek nie
Geslote houer
‘n houer wat dig toe is
Uitbreiding
Aanlas van deel om dit groter te maak
Hidrouliese pers
‘n Suier waarin die krag wat deur die pers op ‘n klein oppervlakte
toegepas word, deur die vloeistof oorgedra word na ‘n suier met ‘n groter
oppervlakte
Newton of (N)
Die eenheid waarin krag gemeet word
Hidrouliese domkrag
Soortgelyk aan ‘n hidrouliese pers. Dit bestaan uit 2 suiers van
verskillende grotes wat met ‘n pyp verbind is.
Vaste katrol
‘n Vasgemaakte wiel of skyf met ‘n groef op die omtrek sodat ‘n tou
daarom kan beweeg om ‘n vrag te lig
Bewegende katrol
‘n Bewegende wiel of skyf met ‘n groef op die omtrek, waar ‘n tou omheen
kan beweeg katrolstelsel