VOORSPEL
Opsomming
• ’n Manlike persoon kyk glimlaggend na video’s uit ’n boks, maar veral graag na hierdie spesifieke een. Hy
drink koffie en lê agteroor in die stoel.
• Dis ’n klanklose amateurvideo van ’n swembadtoneel met ’n opgewonde haasbekdogtertjie wat swem. ’n
Swart krulkopseuntjie hardloop saam met twee hondjies, ’n swarte en ’n witte, rond.
• ’n Donker krulkopman braai vleis en beduie laggend met die braaitang.
• Die persoon wat die video neem het pienk plakkies met geel rosies aan.
Summary
• An unidentified male watches old home movies. He drinks coffee and lies back in his chair.
• It is a silent amateur video of two children; an excited gap-toothed little girl and a dark-haired boy, playing in
and around a swimming pool. Two puppies – one white and the other black – run alongside the boy.
• A smiling man with dark curly hair waves braai tongs at the video/camera operator.
• The camera operator wears pink flip flops decorated with little yellow roses.
Vrae
1. Wat weet die leser van die persoon wat die video’s kyk? (3)
2. Die mense in die video tree op asof hulle (familie/’n gesin/vriende) is. Motiveer. (2)
3. Mense kyk graag na ou tuis video’s van hulleself omdat dit (goeie herinneringe oproep/’n vroeëre tyd
oproep/albei). (1)
4. Hoe voel die kyker oor wat hy sien? Motiveer. (2)
Woordverklarings
ongeduldig impatient
haasbek gap-toothed
bakstene (so twee bakstene hoog) knee-high to a grasshopper
piepie wee-wees/urinate
braaivleistang braai tongs
kantel tilt
plakkies flip flops
HOOFSTUK 1: GEEL EN GELUKKIG
Opsomming
• Lien luister na haar ma se bekende wynskinkgeluide uit die kombuis.
• Haar broer, Braam, hoor dit skynbaar nie en sit net die televisie harder.
• Hulle eet roereier en halfverbrande roosterbrood wat hul ma gemaak het.
• Hulle ma staar “geel en gelukkig” deur die venster na die liggies.
• ’n Vioolkonsert blêr oor die CD-speler.
• Die wynboks is die fokuspunt tussen die karige kosvoorraad in die yskas.
• Braam reageer vies op sy giggelende, wankelende ma.
• Hulle ma eet weer nie en gaan slaap in haar klere.
• Lien maak maar self Braam se grys skoolbroek met die vasgekramde soom met blou gare reg. Met Norah
Jones oor haar oorfone, spreek sy haar haat vir “hom” in die spieël uit.
1