EKSAMEN VOORBEREIDING
DEEL 1
Vraag 1 (beantwoord in Afrikaans OF Engels)
Hierdie vraag stem ooreen met werkopdragvraag 1. Dit word in sowel Afrikaans as Engels gestel en
jy mag dit in Afrikaans of Engels beantwoord. Met hierdie vraag sal daar van jou verwag word om te
kan verduidelik hoe die term “kaleidoskoop” op die letterkunde toegepas kan word. Jy moet ook
voorberei om die hoofgenres (en sub-genres) van Afrikaanse
[10]
1.1 Waarom word die letterkunde vergelyk met ‘n kaleidoskoop?
Deur die woord “kaleidoskoop” op te breek en te kyk na die betekenisse van die woord (kalos –
pragtig ; eidos – vorm ; skopeõ- om te kyk) kan dit afgelei word dat die woord “kaleidoskoop”
‘waarnemer van pragtige’ vorms beteken.
Om letterkunde met ‘n kaleidoskoop te vergelyk,is heel gepas aangesien letterkunde ook mooi en
betowerend is, net die prente wat in ‘n kaleidoskoop gesien word. Die letterkunde verander ook
voortdurend en neem gereeld ander vorms aan, net prente in ‘n kaleidoskoop.
1.2 Wat is die hoofgenres in die Afrikaanse literatuur?
• Poësie (gedigte)
• Verhalende tekste (prosa)
• Drama
Subgenres:
• Kort-kortverhaal
• Kortverhaal
• Roman
• Novelle