Studentenommer: 67730981
Selfoon: 083 290 3081
AFK2604
Werkopdrag 2
832769
Sluitingsdatum: 22 Junie 2021
1
, Inhoud
Leereenheid 1
Vraag 1 ____________________________________________ bl 3
Vraag 2 ____________________________________________ bl 3
Vraag 3 ____________________________________________ bl 4
Vraag 4 ____________________________________________ bl 5
Leereenheid 2
Vraag 5 ____________________________________________ bl 7
Vraag 6 ____________________________________________ bl 8
Vraag 7 ____________________________________________ bl 8
Vraag 8 ____________________________________________ bl 9
Vraag 9 ____________________________________________ bl 11
Plagiaatverklaaring ___________________________________ bl 14
Bronnelys __________________________________________ bl 15
2
, Leereenheid 1
Vraag 1
Lees die motto van Carlos Fuentes voor in die studiegids en verduidelik in ‘n paar
paragrawe hoe hy die konsep van genre/s beskryf. (5)
Fuentes beklemtoon die verwantskap tussen literêre tekste en beskou ook selfs
letterkunde as vorms van familie/s. Fuentes glo ook sterk dat tekste nie in isolasie
ontstaan het nie maar dat hulle eerder afstammelinge van sekere voorgangertekste
is wat deel vorm van geskiedenis en daarom verwys hy na konsepte soos
“Fatherless” en “orphan” as hy die konsep beskryf.
Literêre tekste, volgens Fuentes, word altyd voorafgegaan deur literêre tradisies met
voorgangertekste wat min of meer die selfde familietrekke sal vertoon soos in ‘n
fisiese familie.
Soos in enige familie, lyk familielede nie almal identies nie, dus het ons genres wat
ook soos familie tradisies ontwikkel en uitbrei op voorafgaande tekste, “a greening of
the perennial tale” soos Fuentes dit so beskryf.
Vraag 2
Fowler, soos Fuentes, glo in die dinamiese aard van genre. Som die genreteorie van
Fowler op. Hoe dink hy oor genre? (10)
Fowler glo dat as gevolg van die herkenning van sekere familietrekke of eienskappe
wat voorkom kan ons dus tot die gevolg kom dat tekste deel van sekere genres
geklassifiseer kan word. Ons moet ook ingedagte hou dat tekste ook konvensionele
genregrense kan oorskry of self aan meer as een genre behoort. Die hibriede aard
van narratiewe poësie is ‘n voorbeeld van die vervaging tussen sulke grense van die
prosagenre as ook die poësiegenre, ook bekend as die multigeneriese van tekste
soos Fowler so noem.
Soos wat die konteks waarin tekste gepubliseer word verander, so verander en
ontwikkel die genres van die tekste ook met tyd. Soos ons kan sien in Suid Afrika,
3