Written by students who passed Immediately available after payment Read online or as PDF Wrong document? Swap it for free 4.6 TrustPilot
logo-home
Summary

Summary Gr 12 LO eindjaar-eksamen LO opsommings

Rating
4.2
(5)
Sold
59
Pages
42
Uploaded on
03-09-2021
Written in
2021/2022

Hierdie is 'n PDF dokument. Die hele handboek is opgesom.

Institution
Course

Content preview

Hoofstuk 1: Eenheid 1 - Sesfakte

Identifiseer Stresfaktore

Stress is 'n reaksie wat deur voortgesette, toenemende of nuwe druk en eise veroorsaak word.

Wanneer die druk groter is as jou vermoë om dit die hoof te bied, kan jy oorweldig voel deur:
 Voortuderende senuweespanning of angs
 Te veel om te doen
 Te veel probleme om op te los
 Te veel dinge wat gebeur waarooor jy voel jy geen beheer het nie


Liggaamlike stresfaktore

Liggaamlike faktore veroorsaak stres wat jou liggaam raak. Bv.
 Gebrek aan oefening
 Seksuele mishandeling
 Siekte
 Beserings

Dit sluit ook ongesonde lewenstylkeuses in soos:
 Swak voeding
 Gebrek aan slaap
 Middelmisbruik
 Verslawing


Emosionele stresfaktore

Emosionele stresfaktore sluit in:
 Gevoelens: kommer en senuweeagtigheid, angstigheid, jaloesie, woede
 Reaksie op lewenskrisisse: onbeplande swangerskappe, die dood van familie, egskeiding van ouers,
druip van 'n graad
 Verandering: te trek, nuwe werk, te trou, oorgang van skool na volwasse lewe
 Persoonlikheid: gedagtes, gevoelens, houdings en gedrag. Hierdie kan alles bydra tot stres afhangend
van jou persoonlikheid


Sosiale stresfaktore

Sosiale stresfaktore verwys na aspekte van jou verhoudings met ander, van jou familie en vriende tot die
gemeenskap oor die algemeen.

Familie en die gemeenskap
 Egskeiding of dood in familie
 Familieverantwoordelikhede
 Familiedruk om te presteer
 Argumente met familielede
 Skuld
 Stigma




Vriende en portuurgroep:

,  Portuurdruk
 Eensaamheid
 Ongewildheid
 Onsekerheid van self in vriende kring
 Ongewildheid

Omgewingstresfaktore

Die omgewing is alles rondom jou. Dit is waar jy woon en sluit al die fisiese faktore in wat jou kan raak.

Omgewingsfaktore:
 Natuurlike rampe: vuur, vloede, droogte
 Gevaarlike omgewings waar geweld 'n deel van die lewe is
 Skadelike lewensomstandighede met 'n gebrek aan basiese geriewe soos water, elektrisiteit en
behoorlike skuiling
 'n Gebrek aan privaat ruimte by die huis
 Geraasbesoedeling soos selfone wat lui, bouwerk, harde musiek
 Fisiese faktore soos 'n gebrek aan vars lug, sonlig en privaatheid


Stresfaktor Stresfaktor Voorbeeld Uitwerking op lewensgehalte

Ligaamlik Mishandeling 'n Familielid slaan jou Liggaamlike en emosionele pyn, verlies aan vertroue,
vrees, kan nie op studies fokus, littekens, afwesig van
skool en raak agter

Emosioneel Lewenskrisis 'n Sterfte van 'n Hartseer, rou, eensaamheid, depressie, verlies aan
familielid inkomste

Persoonlikheid Angstige Kommer, angstigheid, slapeloosheid, ongesonde
persoonlikheid lewenstylkeuses

Sosiaal Beroep Onseker watter Kommer, verlies aan motivering, slapeloosheid
beroep om te kies

Sosiale Druk Portuurdruk Jy kan in die tronk beland of vir jouself 'n slegte naam
maak

Armoede Tekort aan geld om Jy is dikwels bekommerd, onseker, verloor motivering
vir skool te betaal

Omgewing Geraas Leef in 'n area waar Gespanne gevoel, hoofpyne, geïrriteerd raak en verloor
daar baie geraas fokus
weens swaar verkeer
is


Die tekens en simptome van stres

Die tekens van stres is liggaamlik en kan gesien of gemeet word. Die simptome van stres is probleme wat jy opmerk
of voel.
 Hoofpyn
 Maagpyn
 Gespanne gevoel
 Slapeloosheid
 Onrustigheid


Positiewe en negatiewe stres

,Stress kan jou motiveer en jou gereed maak vir aksie mdat die adrenalien in die bloedstroom vrystel om jou energie
te gee om tot aksie oor te gaan.

Positiewe stres is goed vir jou omdat dit jou kan motiveer, aanmoedig en druk op jouself kan laat toepas.

As stres egter te veel raak om te hanteer, word dit ongesond, onplesierig, en kan dit gevaarlik wees. As jy te lank en
te dikwels in stresvolle situasies is, stel jy dikwels te veel adrenalien vry, wat skadelik kan wees.

Stresvlakke

Lae stresvlak beteken jy is instaat om die stres in jou lewe te hanteer.

Gemiddelde stresvlak beteken dat jy nog jou stres kan hanteer, maar dat dit aandag benodig voor dit onbestuurbaar
word.

Hoë stresvlak beteken jy moet dringend stresbestuurmetodes toepas om jou stres te verlaag of van die oorsake
daarvan ontslae te raak



Hanteringsmeganismes

Metode 1: Identifiseer stresfaktore en assesseer stresvlakke
Die eerste stap om stres te hanteer, is om te weet wat die oorsake daarvan is hoe gestres jy is.

Metode 2: Volg 'n gebalanseerde lewenstyl
'n Gebalanseerde lewenstyl beteken jy maak tyd vir jou skoolwerk, vriende en familie, doen oefening, het
stokperdjies, kry genoeg slaap en eet gebalanseerde maaltye.

Metode 3: Maak tyd vir liggaamlike oefening, rekreasie en vermaak
Liggaamlike aktiwiteit is een van die beste maniere om van stres ontslae te raak. As jy lang tydperke sit sonder om te
oefen, kan spanning in jou liggaam opbou.

Metode 4: Gebalanseerde voeding
Volg 'n gebalanseerde dieet en eet gesonde kos en neem gereelde maaltye. Onthou om genoeg water te drink

Metode 5: Hanteer jou emosies
Vind 'n uitlaatklep vir jou emosies. As jy baie emosioneel voel, gee uiting aan jou gevoelens.

Metode 6: Visualiseer en omskep skadelike emosies na genesende emosies
Visualisering help baie om jou te laat ontspan en is baie nuttig om skadelike emosies na genesende emosies te
omskep. Om iets te visualiseer beteken jy sien prentjies in jou kop, of verbeel jou dit.

Metode 7: Lag
Lag is een van die beste maniere om stres te verlig

Metode 8: Tydbestuur
Identifiseer jou tydverkwisters en pak hulle aan. Vermy om dinge uit te stel. Probeer om dit wat gedoen moet word,
onmiddellik te doen.

Metode 9: Goeie verhoudings
Wees goed vir jou vriende, ondersteun hulle en kry steun van hulle.

Metode 10: Omarm die uitdagings van Graad 12
Glo in jouself. Wees gaaf met jouself. Motiveer jouself deur aan jouself te sê jy kan hierdie jaar baie bereik

Metode 11: Pas eksamenstres-verligters toe

, Voor jy 'n toets of eksamen skryf, of as jy te veel druk in jou eksamen ervaar, maak jou gemoed stil deur hierdie
oefening te doen.

Kalmeringsoefening:
 Sit regop in jou stoel. Laat jou hande in jou skoot lê en maak jou oë toe.
 Luister na die die mees verafgeleë geluide wat jy kan hoor.
 Konsentreer nou op klanke al nader aan jou totdat jy die naaste geluide aan jou kan hoor.
 Luister weer na die verste geluide.
 Maak jou oë oop en keer terug na jou vraestel

Eksamen-asemhalingsoefeing:
 Haal diep asem, uit jou maag
 Laat dan jou asmen baie stadig uit
 Herhaal



Verandering - om te transformeer of anders te word
Lewensgehalte - jou vlak van persoonlike welsyn en tevredenheid met jou lewe en die toestande van jou lewe
Stres - druk, senuweespanning en angs, voortdurende kommer, spanning
Angs - kommer, senuweeagtigheid of onrus
Stresfaktor - iets wat stres of druk veroorsaak
Persoonlikheid - eienskappe, optrede, gedrag en houding wat 'n mens uniek maak
Tekens van stres - 'n meetbare aanduiding van stres
Simptome van stres - 'n gevoel wat op stres dui
Adrenalien - 'n chemiese boodskapper bekend as 'n hormoon wat in die bloedstroom vrygestel word in reaksie op
stres; dit laat die hartklop en bloeddruk toeneem
Positiewe stres - goeie en nodige stres
Negatiewe stres - skadelike, slegte stres
Hanteringsmeganisme - maniere om stres te hanteer of dit aan te pak
Bestuurstegnieke - maniere om stres te hanteer, bestuur en voorkom

Connected book

Written for

Institution
Course
Schooljaar
200

Document information

Summarized whole book?
Yes
Uploaded on
September 3, 2021
Number of pages
42
Written in
2021/2022
Type
SUMMARY

Subjects

$15.00
Get access to the full document:
Purchased by 59 students

Wrong document? Swap it for free Within 14 days of purchase and before downloading, you can choose a different document. You can simply spend the amount again.
Written by students who passed
Immediately available after payment
Read online or as PDF

Reviews from verified buyers

Showing all 5 reviews
1 year ago

2 year ago

3 year ago

3 year ago

3 year ago

4.2

5 reviews

5
2
4
2
3
1
2
0
1
0
Trustworthy reviews on Stuvia

All reviews are made by real Stuvia users after verified purchases.

Get to know the seller

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
StudyG33k
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
172
Member since
5 year
Number of followers
150
Documents
0
Last sold
3 months ago
StudyGeek

Satisfying your studying needs Instagram: @studyg33k

4.4

21 reviews

5
12
4
6
3
3
2
0
1
0

Trending documents

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their tests and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can instantly pick a different document that better fits what you're looking for.

Pay as you like, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions