© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.
, 2
Inleiding
Hierdie Wolk Opstelvrae-boekie is saamgestel om leerders te help om met meer
selfvertroue literêre opstelle en kontekstuele vrae oor Hannes Barnard se roman Wolk te
beantwoord. Die boekie fokus daarop om leerders te wys hoe om vrae deeglik te lees, ’n
duidelike standpunt te formuleer en antwoorde op ’n gestruktureerde, eksamengerigte
manier aan te bied.
In hierdie boekie word belangrike opsteltemas soos die titel van die roman, die
verskillende “wolke”, Rufus se emigrasie, Jeremy Furter as antagonis, ruimte, Rufus en
Xandr se verhouding, karakterontwikkeling, hoofkarakters, konflik en Flip as simbool
van hoop en kameraadskap behandel. Elke afdeling is ontwerp om leerders te help
verstaan hoe gebeure, karakters, temas en literêre elemente saamwerk om betekenis in die
roman te skep.
Die modelantwoorde is in ’n duidelike inleiding-, liggaam- en slotstruktuur aangebied
sodat leerders kan sien hoe ’n volledige opstel opgebou word. Die boekie help ook met
beplanning, kernargumente, voorbeeldformulerings en die gebruik van gepaste literêre
taal. Die doel is nie dat leerders antwoorde bloot memoriseer nie, maar dat hulle leer hoe
om hulle eie antwoorde met insig, bewyse en goeie argumentasie te formuleer.
Hierdie dokument vorm deel van die volledige Wolk-literatuurpakket en werk saam met
die Analise- en Opsommingsboekie en die PowerPoint-aanbieding. Die drie hulpbronne
vul mekaar aan: die Analise- en Opsommingsboekie bou begrip, die Opstelvrae-boekie
ontwikkel eksamengerigte skryfvaardighede en die PowerPoint-aanbieding bied visuele
ondersteuning vir hersiening en klasgebruik.
Beplan doelgerig.
Skryf met insig.
Beantwoord met vertroue.
Kort jy nog een van die dokumente?
Kontak Juffrou Ansie
084 301 8774
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.
, 3
INHOUD
Wenke vir literêre opstelle .......................................................................................... 3
OPSTELVRAE ................................................................................................................ 6
Die titel Wolk ............................................................................................................. 6
Die wolke van “Wolk”. ................................................................................................ 8
Rufus se emigrasie as katalisator vir die gebeure in Wolk ............................................ 10
Jeremy Furter as antagonis ....................................................................................... 12
Ruimte in Wolk ........................................................................................................ 15
Rufus en Xandr se verhouding .................................................................................. 17
Rufus en Xandr se karakterontwikkeling deur oorlewing en vertroue ............................ 19
Rufus en Xandr as hoofkarakters............................................................................... 20
Konflik in Wolk ......................................................................................................... 22
Flip as simbool van hoop en kameraadskap............................................................... 24
Wenke vir literêre opstelle
1. Lees die vraag baie deeglik
Onderstreep die sleutelwoorde in die vraag. Let veral op woorde soos bespreek,
verduidelik, motiveer, evalueer of tot watter mate. Hierdie woorde wys vir jou wat die
opstel van jou verwag. Moenie net die storie oorvertel nie; antwoord presies wat gevra
word.
2. Begin met ’n duidelike standpunt
Jou inleiding moet nie te lank wees nie. Sê dadelik waaroor die opstel gaan en gee ’n
duidelike antwoord op die vraag. ’n Goeie inleiding noem gewoonlik die titel, die fokus van
die vraag en jou hoofargument.
Voorbeeld:
In Wolk speel konflik ’n belangrike rol omdat dit die spanning verhoog en Rufus en Xandr se
karakterontwikkeling beïnvloed.
3. Gebruik die PEV-metode in elke paragraaf
Elke paragraaf in die liggaam moet ’n duidelike punt hê.
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie.