Afrikaanse Grammatika
Leereenheid 4: Antwoorde
Aktiwiteit 4.1
1. Del ofr halqraai ena gmstr ne vurr libmord bla.* is brabbeltaal.
2. Eth pomasciron fo eth ests fo atad stgesgus ghesminot fenidfetr?* is bloot die
skommeling van die letters van die volgende sin: The comparison of the sets of data
suggests something different.
3. MPXBB AHKDM AZHCT QVAFP TGCKZ is die werklike gekodeerde teks van die
Duitse Enigma-masjien wat tydens die Tweede Wêreldoorlog gebruik is (wat Some
Potentially Useful Information beteken).
4. IchhabekeineAhnungwovonSiereden.* moet op sy korrekte Duits lui: Ich habe keine
Ahnung wovon Sie reden (Ek het geen benul waarvan jy [u] praat nie).
Aktiwiteit 4.2
4.1.1 (a) die: bepaalde lidwoord
(b) seun: selfstandige naamwoord; soortnaamwoord
(d) stap: onoorganklike hoofwerkwoord
(e) in: setsel
(f) ’n: onbepaalde lidwoord
(g) donker: adjektief
(i) woud: selfstandige naamwoord; soortnaamwoord
Aktiwiteit 4.3
(a) Hierdie is ’n grammatikale sin in Afrikaans.
(b) Hierdie sin is ongrammatikaal want byna is ’n graadwoord en ’n naamwoord soos
oggend kan nie met ’n graadwoord soos byna verbind nie.
(c) Die status van hierdie sin as grammatikale of ongrammtikale sin is nie duidelik nie
omdat die adjektief vars in die stuk twee vars glase lemoensap kan slaan op glas
of op lemoensap. Is daar iets soos vars glase? Sekerlik nie, tensy die woord vars
metafories gebruik word. Verander mens egter die woordorde van hierdie stuk na
twee glase vars lemoensap, dan is die sin grammtikaal.
Aktiwiteit 4.4
4.4.1 Die woorde in kolom A is almal selfstandige naamwoorde. Hulle benoem entiteite