VERBRUIKERSTUDIES
GRAAD 10
Termyn 3
2025
Vorige eksamenvraestelle is gebruik om hierdie notas saam te stel: @IMPAQ SACAI NOV
2020 – 2022. DBE HERSIENINGSBOEKIE 2023 KWARTAAL 3 Graad 10. @IMPAQ TOETS
T3_2021. WKOD HERSIENINGSBOEKIE 2024 KWARTAAL 3
Sommige inligting word herhaal; ek wil jou die verskillende maniere wys waarop dieselfde
inligting gevra word. Ek moedig jou aan om die berekenings-/illustrasievrae te beantwoord.
Vir meer Juffrou Ansie produkte,
Juffrou Ansie
Sterkte.
INHOUD
Klerekeuse 3
Aangepaste klere vir mense met gestremdhede 10
Optiese illusies in klere 12
Tekstiele 13
Entrepreneurskap en beplanning vir kleinskaalse produksie 19
KOSTEBEREKENING 26 -29
@Juffrou_Ansie
, 2
Polipropileen 'n Vesel met die laagste statiese opbou van alle sintetiese
vesels.
Asetaat 'n Geregenereerde sellulosevesel met 'n ryk syagtige voorkoms,
wat swak en nie-absorberend is.
Sy Die koningin van alle vesels wat spesiale aandag met sorg
benodig omdat dit geneig is om watermerke te maak.
Wol 'n Natuurlike proteïenvesel met uitstekende isolerende
eienskappe wat dit warm en gemaklik maak om in die winter te
dra
Katoen 'n Natuurlike sellulosevesel met goeie termiese
geleidingsvermoë wat gewild is vir somersklere.
Sportdrag Die tipe klere wat spesiaal ontwerp is vir die spesifieke doel om
sterk en liggewig te wees en dus gemaklike beweging toe te
laat.
Toebehore Items soos skoene, handsakke en juweliersware wat uitrustings
komplementeer.
Eko-mode Klereproduksie wat bedag is op die omgewings- en sosiale
impak daarvan.
Klassiek Die persoonlikheidstipe wat eenvoudige, elegante en tydlose
style verkies.
Geregenereerde sellulosevesels
Leer
Natuurlike proteïenvesels
Natuurlike sellulosevesels
Sintetiese vesels
Ekonomiese Dit is 'n besigheid of idee wat suksesvol of werkbaar genoeg is
lewensvatbaarheid om wins te maak.
Handelsmerk Naam of simbool wat die kledingstuk identifiseer as anders as
dieselfde produk wat deur 'n ander vervaardiger vervaardig is
@Juffrou_Ansie
, 3
Sari Tradisionele kledingstuk wat deur Indiese meisies en vroue
gedra word; 'n baie lang strook helderkleurige lap wat om die
liggaam gedraai is
Hulpbronne Alles beskikbaar vir individue om hulle te help om hul doelwitte
te bereik.
Kwadriplegie 'n Gestremde persoon wat niks vir hom- of haarself kan doen nie
en afhanklik is van 'n rolstoel.
Termiese eienskap Die eienskap wat bepaal hoe koel | warm 'n materiaal is om te
| hittegeleiding dra.
Akriel 'n Sintetiese vesel wat gemaak is om al die goeie eienskappe
van wol te hê.
Pleër 'n Naam wat vir sintetiese leer gebruik word
Modegier 'n Styl wat met groot entoesiasme onder 'n (groot) groep mense
aanslaan en dan baie vinnig verdwyn.
Iets wat hoë aanvraag het, maar vir 'n baie kort tydjie hou/ 'n
baie kort lewensduur het/ een seisoen.
Moenie stryk nie Was in koel
Tuimeldroog (teen Moenie bleik nie
water/was teen
lae temperatuur).
40°C
Tuimeldroog (teen Tuimeldroog (teen
Delikate was
medium hoë temperatuur).
Moenie
temperatuur).
tuimeldroog nie
Klerekeuse
Bestudeer die scenario's hieronder (A – D)@IMPAQ NOV 2020
@Juffrou_Ansie