Gedigte -
QUESTIONS AND ANSWERS
Naam: ____________
1
, Inhoud
Bladsy
1. rondom my...........................................3 - 9
2. palimpses.............................................10 - 17
3. tien haikoes vir die
vredefortkoepel........................18 - 31
4. huiskat................................................32 - 40
5. ek het ‘n huisie by die see..41 - 47
6. boekmerk...........................................48 – 62
7. pryslied...............................................63 - 75
8. die boodskapper............................76 - 83
9. die nuwe kind...................................84 - 92
10. by die robot in eerstelaan.93 - 111
literêre begrippe...........................112 - 113
2
,1 Rondom my – Dawie de Jager
With me
1 Ek wil my tyd vat hierdie keer
I want to take my time this time
2 ek moet my tyd vat hierdie keer
I must take my time this time
3 want die haastigheid in my
because the haste in me
4 het my al veels te veel keer
has already far too many times
5 ondergekry
got me down
6 my ondergekry.
got me down.
7 Ek wil my tyd vat hierdie keer
I want to take my time this time
8 ek moet my tyd vat hierdie keer.
I must take my time this time
9 Ek sien die blou in jou deur die bietjie in jou oë.
I see the blues in you through the little in your eyes.
10 Ek weet daar is dinge wat jou ook nog pla
I know there are things that still bother you
11 dinge wat jou terughou.
things that hold you back.
12 Kom wys my wie jy is en wie jy graag wil wees.
Come show me who you are and who you’d like to be.
13 Kom wees net jy, kom wees net jy.
Come and be just you, come be just you.
14 As jy wil tyd vat hierdie keer
If you want to take time this time
15 kom vat ’n rukkie hier by my
come take a moment here by me
16 As jy tyd wil vat
if you want to take time
17 kom wees hier rondom my
come and be with me
18 kom wees hier rondom my
come and be with me
19 net as jy wil ...
only if you want to ...
20 net as jy wil.
only if you want to
3
, VRAE
1. Verduidelik die woorde van die titel in jou eie woorde. (1)
Naby my / saam met my
2. Wat is die naam van die musiekgroep waarvan Dawie de Jager lid is? (1)
Klopjag
3. Kies die KORREKTE woord om die sin te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en
letter neer, bv. 3 E
Die gedig is ʼn ...
A roman.
B liriek.
C storie.
D verhaal. (1)
4. Noem DRIE kenmerke wat ʼn liriek het. (3)
Dit druk sterk persoonlike gevoel uit.
Daar is ‘n refrain met herhaling
Emosies word gedeel.
5. Wat is die funksie van die herhaling in die gedig? (1)
Beklemtoning
6. Kies die KORREKTE woord om die sin te voltooi. Skryf slegs die vraagnommer en
antwoord neer.
Die gedig is ʼn (bieggedig/liefdesgedig). (1)
7. Wat is die funksie van die voornaamwoorde? (1)
Dit maak die gedig meer persoonlik.
8.1 Watter soort spreker het ons in die gedig? (1)
ek-verteller / eerstepersoonverteller
8.2 Wat is die funksie van die spreker in VRAAG 8.1? (1)
Dit vertel ons hoe die spreker voel en dinge ervaar
9. Stem jy saam dat die gedig ʼn universele tema het? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
Almal raak op een of ander stadium verlief en wil die geliefde naby hê.
10. Wat word die rympatroon genoem in die refrein? (1)
paarrym
11. Die spreker is haastig om sy liefde te verklaar.
Haal ʼn versreël aan om die stelling verkeerd te bewys. (1)
ek wil my tyd vat hierdie keer
12 Waaruit kan jy aflei dat dat die spreker homself nie ʼn keuse gun as om die
verhouding rustig te vat nie? Gee slegs EEN WOORD uit strofe 1.
moet
4