BESIGHEIDSTUDIES
KWARTAAL 3
TOETS
PUNTE: 100
, TYD: 1½ URE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek VYF hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTE
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en let op wat vereis word.
Let daarop dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vrae in
AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde noukeurig volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word. Geen punte sal toegeken word vir verkeerd genommerde antwoorde nie.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne geskryf word.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir nasien en tydtoedeling wanneer elke vraag
beantwoord word.
AFDELING A VRAAG PUNTE TYD
A: KORTVRAE - VERPLIGTE 1 20 15
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 20 30
KEUSE: Beantwoord enige TWEE 3
C: TWEE opsteltipe vrae 4 40 45
KEUSE: Beantwoord enige EEN. 5 40
TOTAAL 100 90 MIN
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
2|Page www.summariessa.co.za Besigheidstudies
Graad10 September Vraestel
, AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord
en skryf slegs die letter (A-D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Watter een van die volgende sal nie ’n element wees van die SCAMPER-tegniek nie?
A. Vervang (Substitute)
B. Kobineer (Combine)
C. Pas aan (Adapt)
D. Verander (Alter)
1.1.2 Wanneer die beste opsie gekies en geïmplementeer word, staan dit bekend as …
A. probleemoplossing
B. besluitneming
C. kreatiewe denke
D. nuwe idees
1.1.3 Watter een van die onderstaande stellings verwys na die betroubaarheid van ’n
navorsingsintrument?
A Dit meet wat dit veronderstel is om te meet.
B Dit lewer konsekwente resultate oor tyd
C Dit word maklik deur deelnemers verstaan
D Dit is vinnig en eenvoudig om uit te deel
1.1.4 ... is ’n voorbeeld van interne marknavorsing.
A Mededingersanalise
B Marktendens-opnames
C Kliënte-terugvoeropnames
D Openbare Demografiese Data
3|Page www.summariessa.co.za Besigheidstudies
Graad10 September Vraestel