Afdeling A – Kort vrae (25 Punte)
Afdeling B – Gevallestudies (25 Punte)
Afdeling C – Langvraag (20 Punte) (Kies en voltooi slegs 2 – 10 punte elke)
Bl 8 -15
1. SELFBEGRIP EN SELFMOTIVERING
1. Selfbeeld:
Jou vermoëns, voorkoms, persoonlikheid en hoe jy dink ander jou sien.
2. Selfbegrip:
Hoe jy jouself sien en oor jouself voel.
Kennis van wie jy werklik is, onafhanklik van ander se opinies.
Ken jou eiewaarde en waardeer jouself.
Bv. Jy kan glo jy is nie 'n goeie atleet nie, maar dit maak jou nie minderwaardig nie.
3. Motivering:
Moedig jou aan om dinge te doen.
Verskil tussen iets wil doen en jouself motiveer om dit te doen.
4. Selfmotivering:
Fokus wat jou aanspoor om iets besonders te bereik.
Interne stukrag wat help om aan te hou wanneer jy wil tou opgooi.
Belangrik om jou drome te verwesenlik en sukses te behaal.
Kan positief of negatief wees:
Positiewe Selfmotivering: Goeie rede of beloning om iets te doen of te bereik.
Negatiewe Selfmotivering: Vermyding van straf as jy iets nie doen of bereik nie.
2 FAKTORE WAT DIE VORMING VAN SELFBEGRIP EN SELFMOTIVERING BEÏNVLOED
1. Selfbegrip:
Vorm dwarsdeur jou lewe.
Beïnvloed deur talle eksterne faktore.
2. Belangrikste Faktore wat Selfbegrip Beïnvloed:
Media
Omgewing
Maats en Portuurgroep
Gesin
Kultuur
Religie
Gemeenskap
2.1 Media
1. Media omring jou op baie maniere:
Tydskrifte
Rolprente
Reklameborde
Televisie
Sosiale media
,2. Boodskappe in die media:
Werklike dinge:
Vorm menings oor belangrike sake.
Verskaf nuttige inligting.
Onrealistiese dinge:
Mense wat ryk, mooi en rietskraal is.
Kan selfwaarde beïnvloed negatief beïnvloed.
3. Selfmotivering en media:
Positiewe rol:
Inspirasie deur suksesvolle atlete of mense.
Gestremde atlete wat deelneem aan sport.
Motivering om harder te werk en meer te bereik.
Bevordering van sport en beter gebruik van ongestremde liggame.
2.2 Omgewing
1. Omgewing en invloede:
Jou omgewing sluit plekke in waar jy woon, werk, en speel.
Het 'n invloed op jou selfbegrip en selfmotivering.
2. Positiewe invloed:
Skoon en goedversorgde omgewing:
Bevorder selfmotivering om dit so te hou.
Verbeter selfbeeld.
Waarskynlik beter skoolpunte.
3. Negatiewe invloed:
Besoedelde en vervalle omgewing:
Kan swak selfbegrip veroorsaak.
Lei tot 'n gebrek aan selfmotivering.
2.3 Maats en portuurgroep
1. Invloed van maats in tienerjare:
Maats kan die belangrikste mense in jou lewe wees.
Jy voel soms dat net jou maats jou verstaan.
2. Rol van portuurgroep/tydgenote:
Help om jou identiteit en selfbegrip te vorm.
Kan maats wees of 'n groep waarin jy by die skool inpas.
3. Positiewe invloed van maats:
Ondersteunende maats laat jou in jouself glo.
Bevorder 'n positiewe selfbegrip en selfmotivering.
Geneig om soortgelyke waardes as jy te hê.
Positiewe maats kan jou help om beter punte te kry.
4. Negatiewe invloed:
Die teenoorgestelde is ook waar; negatiewe maats kan jou selfbegrip en motivering negatief beïnvloed.
2.4 Gesin
1. Positiewe gesinsinvloed:
Liefdevolle, sorgsame gesin bevorder 'n positiewe selfbegrip.
Tieners voel goed oor hulleself as hulle veilig en verstaan voel.
, Onafhanklikheid in die gesin verhoog selfmotivering en prestasie.
2. Negatiewe gesinsinvloed:
Geweld, mishandeling of middelmisbruik lei tot swak selfbegrip.
Gebrek aan veilige toekomsvisie veroorsaak lae selfmotivering.
Negatiewe gesinsomstandighede kan tot herhaling van die siklus lei.
3. Potensiële selfmotivering in negatiewe omstandighede:
Tieners kan selfgemotiveerd raak om aan negatiewe situasies te ontsnap.
Motivering om beter te presteer op skool om 'n beter lewe te skep.
2.5 Kultuur
1. Westerse kulture:
Klem op die individu.
Selfbegrip en selfmotivering van die individu is belangrik.
2. Oosterse kulture:
Beklemtoon gesinsverhoudings.
Fokus op die rol en posisie van die individu binne die gesin.
3. Seksistiese kulture:
Vroue behoort nie te studeer of hulleself te verbeter nie.
Mans is veronderstel om suksesvol te wees.
Swak selfbegrip en gebrek aan selfmotivering by meisies en vroue.
4. Indiese kulture:
Leer van kleins af om hulle bes te doen.
Positiewe selfbegrip en selfmotivering om te presteer.
5. Kulture met sterk rolbenadrukking:
Ontwikkel 'n sterk selfbegrip onder jongmense.
Berei tieners voor om waardevolle lede van die kultuur te word.
Jongmense voel gemotiveerd wanneer hulle waardeer word vir hul rol in die kultuur.
2.6 Religie
1. Vernaamste religieë in Suid-Afrika:
Christendom
Judaïsme
Islam
Hindoeïsme
Tradisionele Afrika-religieë
Boeddhisme
Bahaïsme
2. Waardes en riglyne:
Religie leer waardes en riglyne waarvolgens ons moet leef.
Bou 'n gevoel van samehorigheid en positiewe riglyne.
3. Selfbegrip:
Positiewe riglyne bou 'n mens se selfbegrip.
Groter kans om gemotiveerd te wees om te voldoen aan verwagtinge.
4. Aanvaarding:
Religieë leer om ander nie te oordeel nie.
Laat jou aanvaarbaar voel oor wie jy is, nie net oor jou optrede nie.
5. Selfmotivering: