Written by students who passed Immediately available after payment Read online or as PDF Wrong document? Swap it for free 4,6 TrustPilot
logo-home
Document preview thumbnail
Preview 4 out of 87 pages
Summary

Summary Graad 12 Gedigte Afrikaans opsommings

Document preview thumbnail
Preview 4 out of 87 pages

Alle gedigte graad 12

Content preview

Graad 12
gedigte



Opgesom deur maak leer
maklik

Downloaded by: annusckeespach |
Distribution of this document is ille

, OPGOPGESOM DEUR MAAK LEER MAKLIK COPYRIGHT



Vincent van gog – Dj Opperman

GEBOORTEDATUM EN -PLEK → D. J. Opperman is op 29 September 1914 in Dundee gebore.
1. Jy het as ’n miskende
2. heilige vergeefs geveg teen die ellende
3. en die onreg in die krotte van die myn,
4. in agterbuurtes en op landerye; slegs die pyn
5. en skriklike stryd van God
6. leer ken, wat mens en boom verknot
7. in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
8. in aanbidding van die son kon verwe,
9. boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
10. die kantelende landskap in die snelle ligte
11. geel en groen en blou – alles met koorsige gevlek
12. tot branding van die skone kon verwek,
13. toe is Sy hartstog eers in jou volbring 14. soos groen sipresse tot ’n vlam verwring.



Opsomming
→ Die gedig word in drie dele verdeel.
→ Opperman het Vincent van Gogh se lewe in die gedig saamgevat.
→ Vincent van Gogh is een van die grootste Nederlandse skilders.
→ Deel 1 (Reël 1-4) : sy stryd as prediker (wanhoop).
→ Deel 2 (Reël 4-7) : sy pyn gekoppel aan God se lyding.
→ Deel 3 (Reël 7-14) : Van Gogh ervaar liefde en vreugde van God (aanvaarding).



Digvorm
→ Die gedig bestaan uit 14 versreëls en alhoewel dit nie ’n sonnet is nie, toon dit sekere kenmerke van ’n
Engelse sonnet.
→ Daar is drie kwatryne asook ’n rymende eindkoeplet wat afwyk van die normale kruisrym in die
kwatryne.
→ Reël 13 en 14 is die hoogtepunt, ’n samevatting van Van Gogh se kuns.
→ Kwatryn 1 } Paarrym : a a b b
→ Kwatryn 2 } Paarrym : c c d d
→ Kwatryn 3 } Paarrym : e e f f →
Koeplet } Koeplet : g g
→ Die gedig bestaan uit ’n deurlopende gedagte, naamlik Vincent van Gogh se lewe en stryd, wat ’n
hoogtepunt in die slotkoeplet bereik waar sy taak op aarde volbring is (bestaan uit een sin).




Mag nie versprei word nie

, OPGOPGESOM DEUR MAAK LEER MAKLIK COPYRIGHT




Jy het as miskende
→ Jy : Vincent van Gogh toe hy nog ’n lekeprediker was.
→ Miskende : hy het as prediker nie erkenning vir sy werk onder die arm mense gekry nie.
→ Hy was nie suksesvol in sy roeping nie.
→ ’n : die onbepaalde lidwoord.
→ Funksie : suggereer hoe onbelangrik Van Gogh as prediker/evangelis was.



heilige vergeefs geveg teen die ellende
→ Heilige : evangelis of prediker.
→ Vergeefs geveg : hy veg teen die ellende van en die onreg wat gepleeg is teen die armes, die boere en
mynwerkers.
→ Sy pogings was egter onsuksesvol.
→ Miskende heilige : dit is hom nie gegun om die toestande te verander nie, daarom word daar na hom as
’n miskende heilige verwys.
→ Die twee woorde word deur uiteenplasing en die enjambement sterk uitgehef.
→ Ellende : swaarkry.
→ Reël 1-2 : Van Gogh se stryd is ’n persoonlike stryd teen die realiteit van die armoedige lewens van die
mense rondom hom, maar al sy pogings om dit te verbeter was tevergeefs.



en die onreg in die krotte van die myn,
→ Onreg : iets wat onregverdig is - mense is arm en kry swaar.
→ Krotte : armoedige klein, vuil huisies waarin hulle moet woon (minderwaardig).
→ Myn word uitgehef deur :
• Die komma na die woord wat ’n ruspose veroorsaak.
• Omdat dit in die eindrymposisie (agterplasing) staan.



in agterbuurtes en op landerye; slegs die pyn
→ Die verwysing na krotte, agterbuurtes en landerye indie meervoud dui aan dat die sosiale en
maatskaplike misbruik van die werkers algemeen voorgekom het.
→ Die fokus van die spreker verander in hierdie versreël na die kommapunt.
→ Slegs die pyn : die spreker fokus hier op die fisiese en geestelike pyn wat Van Gogh in hierdie tyd, saam
met die mense, ervaar het.
→ Die pyn en lyding van ander was sy inspirasie om te skilder.



Mag nie versprei word nie

, OPGOPGESOM DEUR MAAK LEER MAKLIK COPYRIGHT


en skriklike stryd van God
→ Skriklike stryd : die innerlike stryd by Van Gogh oor die doel wat God vir sy lewe gehad het.
→ Hy kon die arm mense en die mynwerkers nie uit hulle omstandighede help nie.
→ Dra by tot die meetrim (ritme) van die gedig.
→ Die fokusverandering word gesuggereer in die woordkeuses wat na pyn en lyding verwys, soos skriklike
(versreël 5), verknot (versreël 6) en kramptrekke (versreël 7).
→ Die digter gebruik skriklike in plaas van verskriklike om die s-alliterasie te gebruik om die armes se stryd
(sosiale verdrukking/leitmotief) met hulle swaarkry te beklemtoon.
→ God self ken pyn.
→ Lyding koppel aan Jesus se kruisdood en depressie aan ander mense se lyding.


leer ken, wat mens en boom verknot
→ Verknot : om `n boom se top af te sny en so sy groei te belemmer/te verswak.
→ Dit is die mens en boom wat verknot word, dus dui dit hier op ’n suiweringsproses van die mens.
→ Dit gaan oor die stryd van die mens binne die groter Raadsplan.
→ Deur lyding (afsny van die top) word die mens gesuiwer en lei tot volbringing in die slot van die gedig.



in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
→ Sy : hoofletter, want dit verwys na God
→ Kramptrekke : spiersametrekkings wat pyn veroorsaak, simbolies van fisiese pyn.
→ Die gedig word by die kommapunt in twee gedeel.
→ Na die kommapunt kom daar ’n wending in die gedig.
→ Dit gee ook ’n langer ruspose.
→ Die tempo verstadig dus en daar tree ’n rustigheid in.
→ Die wending word deur die teenstellende voegwoord maar ingelei.
→ Die woord maar dui dus daarop dat `n kontras gaan volg.
→ Die jy wat volg, verwys na Van Gogh wat as kunstenaar sy roeping gevind het, met ander woorde Van
Gogh word nou aangespreek.
→ Hier word nou wegbeweeg van die strydgedagte en die tragiese negatiewe (abstrakte) wat in die eerste
7 versreëls prominent was deur die gebruik van woorde soos miskende, vergeefs, geveg, krotte,
agterbuurtes, pyn, skriklike stryd, verknot en kramptrekke na die skep van kunswerke (konkrete)
waarin Van Gogh uiteindelik sy roeping vind.



in aanbidding van die son kon verwe
→ Die hele gedeelte staan in die teken van lig en aanbidding en beweging.
→ Koringgerwe buig na die son.
→ Dit lyk asof dit die son aanbid. aanbidding impliseer dus die verhouding tussen die son en die
koringgerwe.



Mag nie versprei word nie

Document information

Schooljaar
201
Uploaded on
May 21, 2024
Number of pages
87
Written in
2023/2024
Type
Summary
$22.41

Wrong document? Swap it for free Within 14 days of purchase and before downloading, you can choose a different document. You can simply spend the amount again.
Written by students who passed
Immediately available after payment
Read online or as PDF

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
Maakleermaklik
4.6
(13)
Sold
54
Followers
41
Items
22
Last sold
5 months ago


Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their exams and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can immediately select a different document that better matches what you need.

Pay how you prefer, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card or EFT and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Working on your references?

Create accurate citations in APA, MLA and Harvard with our free citation generator.

Working on your references?

Frequently asked questions