Graad 10
Eksaminator: Me N.Harmse
Datum: MAART 2024
Tyd: 1 uur 30 minute
Totaal: 75
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskillende opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.5)
op die FOLIOPAPER bv. 1.1.6 E.
1.1.1 ‘n Groep van verskillende populasies wat in ‘n spesifieke gebied saamleef.
A. Populasie.
B. Gemeenskap.
C. Habitat.
D. Ekosisteem.
1.1.2 Rigting waarin ‘n oppervlak wys.
A gradient.
B Aspek.
C Hoogte.
D Edafies.
1|Page www.summariessa.co.za Lewenswetenskappe
Graad 10 Maart Vraestel
, 1.1.3 Watter letter is nie grondkenmerke nie.
A. pH
B. Tekstuur.
C. Luginhoud.
D. Wind.
1.1.4 Deel van die biotiese faktore van 'n springbok sal wees:
A. die plek waar dit woon.
B. die gras wat dit eet.
C. die reproduksietempo's.
D. die hoeveelheid water wat hulle drink.
1.1.5 Atmosferiese gasse bestaan uit:
A. 75% stikstof, 25% suurstof en 0.04% CO₂.
B. 78% stikstof, 21% suurstof en 0.02% CO₂.
C. 79% stikstof, 20% suurstof en 0.01% CO₂.
D. Geen van die bogenoemde.
[5]
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer neer. (1.2.1 tot 1.2.5) op jou FOLIOPAPER.
1.2.1 Elke stap in ‘n voedselketting of voedselweb.
1.2.2 Totale hoeveelheid lewende weefsel in ‘n trofiese vlak.
1.2.3 Word benodig vir beweging, groei en voortplanting.
1.2.4 Reeks organismes wat elk op die vorige een as ‘n voedselbron staatmaak.
1.2.5 Verwydering van soliede afvalstowwe deur die anus.
[5 x 2 = 10]
2|Page www.summariessa.co.za Lewenswetenskappe
Graad 10 Maart Vraestel