NOVEMBER EKSAMEN VRAESTEL 1: FISIKA
AFDELING A
VRAAG 1
Verskeie opsies word verskaf as moontlike antwoorde tot die volgende vrae. Kies die korrekte
antwoord en skryf SLEGS die LETTER (A-D) langs die VRAAGNOMMER op jou antwoordblad
1.1 ‘n Voorbeeld van ‘n vektor hoeveelheid:
A snelheid
B verplasing
C spoed
D massa
1.2 ‘n Seun sit op ‘n stoel. Gravitasiekrag trek hom afwaarts, dei krag wat verhoed dat hy af
beweeg is:
A wrywing
B toegepaste krag
C gravitasie
D normal krag
1.3 Twee kragte F1 en F2 het ‘n netto krag van 120N as hulle in dieselfde rigting toegepas word
en is gebalanseerd as hulle in teenoorgestelde rigtings toegepas word. Die individuele krag
van F1 en F2 sal wees:
A 70N en 50N
B 120N en 0N
C 60N en 60N
D 80N en 40N
1|Page www.summariessa.co.za Fisiese Wetenskappe
Graad 11 November Vraestel 1 - Fisika
,Gebruik die stroombaandiagram hieronder om VRAE 1.4 en 1.5 te beantwoord.
1.4 Die potensiaalverskil oor die parallele resistors sal wees:
A 5V
B 7V
C 2V
D 3V
1.5 Die totale weerstand van die stroombaan as al die resistors identies is met ‘n weerstand
van 2Ω:
A 10Ω
B 4,67Ω
C 5Ω
D 6Ω
1.6 ‘n Boks word voorwaarts gestoot teen ‘n krag van 230N maar beweeg nie. ‘n Moontlike
rede hiervoor is dat:
A wrywingskrag is ook 230N.
B wrywingskrag is meer as 230N.
C wrywingskrag is minder as 230N.
D geen van die bogenoemde.
1.7 Die diagram hieronder wys ‘n spoel en ‘n magneet met paal P. ‘n Magneetveld word
geinduseer in die spoel deur die beweging van die magneet.
Watter EEN van die volgende kombinasies sal die geinduseerde magneetvel mey NOORD
POOL by punt X veroorsaak:
2|Page www.summariessa.co.za Fisiese Wetenskappe
Graad 11 November Vraestel 1 - Fisika
, RIGTING VAN BEWEGING VAN POLARITEIT VAN P
MAGNEET
A In die spoel Noord
B Op en af in die spoel Noord
C In die spoel Suid
D Op en af in die spoel Suid
1.8 ‘n Ruimtevaardiger het ‘n gewig van Fg op Aarde. Op watter afstand, in terme van die radius
van die Aarde (r), sal die ruimtevaardiger wees as sy gewig 1⁄4 van sy gewig (F g) op die
oppervlak van die Aarde is, wees?
A 2r
B r
C 1⁄2 r
D 1⁄4 r
1.9 Die diagram hieronder verteenwoordig VIER vektore.
Watter vektor verteenwoordig die resultant van die ander DRIE vektore?
A Q
B R
C S
D T
1.10 Die traagheid van ‘n voorwerp …
A is groter as die massa kleiner is.
B vermeerder soos die toegepaste krag op die voorwerp vermeerder.
C is die weerstand teen enige verandering in beweging.
D vermeerder soos die wrywingskrag op die voorwerp vermeerder.
[20]
3|Page www.summariessa.co.za Fisiese Wetenskappe
Graad 11 November Vraestel 1 - Fisika