EKSAMEN VOORBEREIDING
DEEL 4: MIDDERNAGFEES
Vraag 1
Hierdie vraag sluit aan by Vraag 1 in die werkopdrag. Bestudeer weer aandagtig wat
struktuurelemente behels. (Sien Studiegids, bl. 233.) (8)
1.1 Identifiseer die twee hoofgroepe van tipes verhale waarin kinder- en jeugliteratuur verdeel
kan word
Fantasieverhale
Probleemverhale
1.2 Hoe beskryf Steenberg (1979) struktuurelemente?
Steenberg (1979) beskryf struktuurelemente as die verskillende komponente waaruit literatuur (‘n
storie) bestaan.
1.3 Watter twee belangrike afleidings kan uit die artikels van Steenberg (1986) en Wiehann
(1991) gemaak word?
Al kan kinder – en jeugliteratuur tot verskillende lesers spreek, is dit vir ‘n spesifieke leser
geskryf wat ‘n kind of n tiener is
Daar is ‘n verskil tussen kinder – en jeugliteratuur vir volwassenes
1.4 Die onderskeid tussen kinder- en jeugliteratuur word hoofsaaklik op die ouderdom van die
bedoelde leser gegrond. Hoe kan ons kinderliteratuur van jeugliteratuur onderskei?
Kinderliteratuur is gewoonlik vir kinders tussen die ouderdom van 7 tot 12 jaar, en jeugliteratuur vir die
ouderdomme van 12 tot 18 jaar oud.