1. KOÖRDINERINGSTELSELS
• Dit is stelsels wat kommunikasie tussen die reseptore en die effektors van die liggaam
moontlik maak sodat korrekte reaksie op enige verandering in die omgewing teruggebring
kan word.
• Mense het 2 koördinasie stelsels:
✓ Senuwee -koördinasiestelsel :
➢ Hierdie stelsel reageer die vinnigste en word veroorsaak deur impulse wat langs
senuwees beweeg.
✓ Endokriene koördinerende stelsel:
➢ Hierdie stelsel is stadiger en word veroorsaak deur hormone wat in die bloed gedra
word.
2. STIMULI
• Stimuli is fisiese of chemiese veranderinge in die omgewing (intern en ekstern) wat in staat
is om 'n reaksie in 'n organisme te veroorsaak.
3. SENUWEESTELSEL
• Die senuweestelsel is die liggaam se beheer- en kommunikasiesentrum.
• Hoe funksioneer die senuweestelsel?
✓ Sensoriese funksie:
➢ Sensoriese reseptore identifiseer die veranderinge in die eksterne omgewing en die
omgewing binne die organisme.
✓ Integrerende funksie:
➢ Die sentrale senuweestelsel ontvang hierdie inligting en besluit watter effektore moet
reageer op die stimulus.
✓ Motoriese funksie:
➢ Effektore (spiere en kliere) bring die gepaste response teweeg.
• Die noodsaaklikheid van 'n senuweestelsel by mense:
✓ Reaksie op stimuli (stimuli kan ekstern en intern wees)
✓ Koördinasie van die verskillende aktiwiteite van die liggaam.
Die reseptoor identifiseer die Die effektoor is 'n spier of klier wat
stimulus en verandeer dit na 'n reageer op 'n senuwee-impuls.
senuwee-impuls wat na die brein
gestuur word.
1
Kopiereg@Wilene Marais
, Senuweestelsel
Sentrale Perifere
senuweestelsel senuweestelsel
Brein Rugmurg Sensoriese Motoriese
senuwee senuwee
Somatiese Outonome
senuweestelsel senuweestelsel
Simpatiese Parisimpatiese
senuweestelsel senuweestelsel
2
Kopiereg@Wilene Marais
, 4. SENTRALE SENUWEESTELSEL (SSS)
• Bestaan uit 'n gekonsentreerde massa van onderling gekoppelde neurone, saamgegroepeer
om die:
✓ Brein
✓ Rugmurg
• Die brein en rugmurg word beskerm deur:
✓ Kranium:
➢ 'n Sterk, koepelvormige struktuur wat die brein teen meganiese beserings beskerm.
✓ Meninges:
➢ Drie bindweefselmembrane (Pia mater, Arachnoid mater, Dura mater)
✓ Serebro -spinale vloeistof:
➢ 'n Vloeistof wat uit bloedplasma in spesiale areas in die wande van die ventrikels
gevorm word.
➢ Dit dien as 'n kussing en beskerm die SSS teen skok en skade.
✓ Werwelkolom:
➢ Bestaan uit 33, onreëlmatig gevormde werwels. Dit omring die rugmurg en beskerm
dit teen meganiese besering.
3
Kopiereg@Wilene Marais
, 5. BREIN
Corpus Callosum
Serebrum
Hipotalamus
Pituitêre klier
Medulla
oblongata
Serebellum
Rugmurg
6. LIGGING EN FUNKSIES VAN VERSKEIE DELE VAN DIE BREIN:
Ligging Funksies
Serebrum (grootste deel)
✓ Verdeel in twee serebrale hemisfere deur 'n ✓ Beheer willekeurige bewegings.
longitudinale spleet. ✓ Ontvang en interpreteer impulse van die
✓ Die oppervlak bestaan uit groewe en voue sintuigorgane (hoor, proe, ruik, sig,
wat die oppervlak vergroot. aanraking)
✓ Ventrikels in die middel van die brein is gevul ✓ Hoër denkprosesse.
met serebro -spinale vloeistof.
Serebellum (Boom van die lewe)
✓ Lê agter en onder die Serebrum. ✓ Koördineer alle willekeurige bewegings.
✓ Bestaan uit twee hemisfere. ✓ Verantwoordelik vir die beheer van
✓ Bestaan uit wit en grys stof. spierspanning.
✓ Help om postuur en balans te handhaaf.
Corpus callosum
✓ Geleë in die witstof van die Serebrum. ✓ Verbind die linker- en regterhemisfere van
die brein, wat kommunikasie tussen beide
hemisfere moontlik maak.
Hipotalamus
✓ Lê net bokant die pituïtêre klier. ✓ Beheersentrum vir honger, dors, slaap,
liggaamstemperatuur en emosies.
Medulla oblongata
✓ Vorm die onderste deel van die breinstam. ✓ Dra senuwee-impulse tussen die rugmurg
en die brein oor.
✓ Dien as 'n reflekssentrum wat
onwillekeurige aksies soos asemhaling,
hartklop en bloeddruk beheer.
4
Kopiereg@Wilene Marais