LEARNDAISY
Lewenswetenskap
Lewensprossese in plante en diere
01 Fotosintese p.01
02 Selrespirasie p.15
04 Dierevoeding p.24
, Fotosintese
Proses van fotosintese
Fotosintese vind in twee fases plaas:
(chloroplast)
die ligafhanklike fase, wat slegs in die teenwoordigheid van lig plaasvind
die ligonafhanklike fase, wat in die teenwoordigheid of afwesigheid van lig plaasvind.
Wat is nodig vir fotosintese?
Koolstofdioksied vanuit die atmosfeer.
Water vanuit die grond.
Stralingsenergie vanaf die son.
Chlorofil in die chloroplaste van groen plante.
Ensieme.
Watse produkte vorm tydens fotosintese?
Glukose wat as stysel in die plant geberg word
Suurstof wat in die atmosfeer vrygestel word.
Waar vind fotosintese plaas?
Fotosintese vind in die chloroplaste van plantselle plaas.
Die proses van fotosintese
-Bestaan uit die ligfase en donkerfase
-Ligfase:
> Stralingsenergie word deur die chlorofil molekules geabsorbeer en omgeskakel na die
chemiese potensiële energie. Ligfase vind in die grana van die chloroplaste plaas.
> Die energie word op twee maniere gebruik nl.
Word gebruik om die energiedraer ATP te vorm, water word deur die wortels geabsorbeer
deurdie wortels na die blare vervoer.
Die energie word ook gebruik om watermolekules op te split om hoë energieryke
waterstofatome en suurstof vry te stel
Suurstof word die atmosfeer as 'n newe produk vrygestel ( verlaat blare deur stomata )
Energieryke waterstofatome en kombineer met ko-elemente wat gedra word na die
donkerfase.
(Ligfase)
,-Donkerfase (Calvin-siklus):
> Onafhanklik van lig
> Vind plaas in die stroma
> Koolstofdioksied diffundeer deur die stomata na die chloroplaste van die selle.
> CO 2voorsien koolstof en suurstof wat met hoë-energieryke waterstofatome van die ligfase
verbind om energieryke koolhidrate soos glukose en stysel te vorm
> Die hoe-energieryke waterstofatome en die ATP van die ligfase voorsien energie wat vir
die proses benodig word
> Al die reaksie in die donkerfase word deur ensieme beheer
(Donkerfase)
Calvinsiklus
Hoekom is fotosintese belangrik?
-Vrystelling van suurstof benodig vir respirasie in bykans alle organismes
-Opname van CO2 uit die atmosfeer - Dit gebruik groot hoeveelhede koolstofdioksied
geproduseer deur plant en dier respirasie, brand van brandstof en ontbinding
-Voedselproduksie (vaslegging van energie) - Voorsien die primêre bron van voedsel vir
alle lewende organismes
-Alle organismes is afhanklik direk of indirek van plante vir hul energie
-Heterotrowe organismes - vette en proteïene word ook opgebou uit die glukose en stysel
wat tydens fotosintese vervaardig word
-Fossielbrandstof soos steenkool en olie kom van plante. Die energie gestoor in hierdie
brandstowwe is oorspronklik vasgelê van die son gedurende fotosintese
-Fotosintese stel chemiese energie beskikbaar vir selfunksionering aangesien
stralingsenergie tydens fotosintese vasgevang word en in chemiese energie omgeskakel
word sodat dit tydens selrespirasie vrygestel kan word
Ligfase Donkerfase
Vind plaas in die grana Vind plaas in die stroma
Lig afhanklik (word benodig) Lig onafhanklik (benodig nie lig nie)
Ligenergie word geabsorbeer en verander na Koolstofdioksied word uit die atmosfeert
chemiese potensiele energie geabsorbeer
Fotolise vind plaas: waterstof word vrygestel en Waterstof en koolstofdioksied verbind deur
suurstof keer terug na die atmosfeer gebruik te maak van ATP om glukose te vorm.
Fosforilasie vind plaas: ATP word geproduseer Oortollige glukose word as stysel gestoor
, Aanpassings van die blaar vir fotosintese
Epidermis: deurskynend, enkel laag om lig deur te laat
Kutikula: deurskynend, waterdig
Stoma: Meestal abaksiaal/onderkant om koolsuurgas deur te laat
Pallisade parenchiem: langwerpig om lig deur te laat
Baie chloroplaste
Floeem: Vervoer organiese stowwe weg
Xileem: Vervoer water na weefsel
Sponsmesofil: Besit chlorofil
Groot intersellulere lugruimtes vir gaswisseling
Ligfase
Donkerfase