NOVEMBER 2021
EKSAMEN
AFK2604
, Vraag 1:
Leereenheid 1: Genrefiksie
1.1 Genre
Die term genre verwys na ‘n sekere literêre soort. Daar is verskillende vorms,
klas en tipes genres. Daar is dus net drie hoofgenres en dit is prosa, poësie, en
drama. Daar het met tyd ‘n vierde genre ook bygekom en dit is literêre niefiksie.
Literêre niefiksie gaan oor tekste van ander mense se lewens.Feuntes en Fowler
het elkeen ook ‘n opinie oor genres. Feuntes beskryf die tekste asof hulle mense
is, hy sê daar is ooreenkomste tussen hulle en dit maak al die soort genres ‘n
familie. Fowler gaan bietjie meer in diepte met sy verduideliking. Fowler sê daar
is ‘n genetiese ontwikkeling en dat alle genres ‘n afstammeling is van een soort.
Met tyd word genres aangepas.
Daar sal altyd ‘n verwantskap wees tussen die literêre tekste. Genres deel almal
kenmerke daarom noem Feuntes dit familietrekke. Feuntes gebruik woorde soos,
“descendant, offshoot of the great genealogical tree, en fartherless” om genres te
verduidelik en duidelik te maak dat almal deel vorm van ‘n tradisie.
1.2 Drie kenmerke van genrefiksie:
- Kommersiële waarde: Dit is die “massaverbruik” van popfiksie. Genrefiksie is
die boeke wat die meeste geld maak. Almal wil dit lees en dit is aanloklik vir
baie mense. Literêre fiksie doen nie so goed oor die algemeen nie. Daar is
net ‘n handjie vol mense wat daarvan hou.
- Ontspanning en/ of ontsnapping: Oor die algemeen lees mense genrefiksie
om te kan ontspan of net om te ontsnap vanaf die realiteit. Mense wat graag
populêre fiksie lees identifiseer hulself met ‘n karakter in die boek, hulle plaas
hulself in daardie persoon se skoene en vir ‘n oomblik dink hulle soos daardie
karakter. In populêre fiksie is daar ook gewoonlik ‘n sterk spanningslyn, dit
hou mense op die punt van hul stoele en hulle kan nie wag om verder te lees
nie. Die tonele in populêre fiksie hou dinge interessant vir die leser. Daar
moet ook ‘n goeie einde wees, die slegte persoon moet van kant gemaak
word, en die held moet herenig word met sy gesin. Liefde moet altyd seëvier
en die “plot” moet baie aksie in hê.
- Konvensionele verhaalstrukture: Mense wat daarvan hou om populêre fiksie
te lees gaan altyd soek vir boeke wat soortgelyk is. Hulle wil die einde kan
voorspel en moet in beheer voel. Lesers van populêre fiksie wil nie
teleurgestel word nie en kry meer plesier daaruit om ‘n boek te lees wat hulle
aandag trek en hou.
1