Reading in the Fountadion
Phase Afrikaans
1|P age
, VRAAG 1
1.1.
Die skool speel ‘n baie groot rol in lees en leesvaardigheide. Dit is baie belangrik dat
leerders soveel as moontlik die geleentheid kry om te lees. ‘n Skool verskaf baie
boeke vir die kinders om te lees veral in die grondslagfase begin die kinders lees
met ‘n “vlooi” boek en dan sodra hulle klaar is beweeg hulle aan na die volgende wat
ons noem “die klein boekies” dit sal wees vanaf vlak 2 lees.
Dus is daar wel baie skole wat nie boeke kan bekostig nie, dan maak hulle gebruik
van ‘n gemeenskaplike biblioteek wat in die omgewing beskikbaar is. Lees is ‘n baie
belangrike vaardigheid wat enige kind van kleintyd af moet leer. By ons skool hou
ons gereeld dae waar die leerders kan aantrek soos n boek karakter en dan kry hulle
die kans om ‘n kort stukkie van daardie storie te lees. By die jonger kinders sal ons
‘n prefek of ‘n ander onderwyser kry om vir die kinders ‘n storie te kan lees. Ek glo
dat onderwysers moet soveel as moontlik lees tydens skool motifeer.
1.2.
Ons skool het glad nie die finansies om baie plakkate aantekoop nie. Toe ek die
eerste keer in my klaskamer instap was daar niks plakkate nie. Ek het dit my missie
gemaak om my mure te versier en om dit vol plakkate te maak vir toevallige lees en
om dit te verryk. Ek het naweke aan een gesit om my eie plakkate te maak om my
mure en aasteekborde te versier. Dit is kleurvol en her baie van die leerders se
aandag getrek. Ek werk by ‘n dubbel medium skool en daaeom het ek al die plakkate
in Engels en in Afrikaans gemaak, sodat toevallige lees suksesvol sal wees. Ek het
ook ‘n baie wiskunde plakkate gemaak sodat ek dit kan gebruik wanneer ons leer
oor vorms, nommer en optel en aftrek. Ek glo my klas het ‘n baie positiewe
atmosfeer geskep vir die leerders.
1.3.
Die eerste ding wat ek sal doen is om vir hulle die storie so 2 keer oor te lees sodat
hulled arm weet waaroor die storie gaan en verstaan in waste volgorde hulle die
prentjies moet wees. (Sien voorbeeld van die aktiwiteit hieronder)
2|P age